Minister eis verskoning van Gautrein oor uitrusting-verbod

Thando Mahlangu in sy tradisionele drag waarmee hy op die Gautrein wou ry.

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het die Gautrein-bestuursagentskap (GMA) versoek om Thando Mahlangu om verskoning te vra nadat wagte hom verbied het om op ʼn trein te klim op grond van sy kleredrag.

Die 34-jarige Mahlangu, ʼn Ndebele-aktivis en skrywer, het gesê hy is onlangs verhoed om op ʼn Gautrein te klim aangesien sy tradisionele uitrusting as onvanpas beskou is. Volgens Mahlangu het die onaangename ervaring hom nie net ʼn moontlike sakegeleentheid gekos nie, maar ook verneder.

Volgens Mthethwa is daar nog nie ʼn verskoning aan Mahlangu gerig nie. “Dit is my verwagting dat die GMA hom persoonlik om verskoning vra en dit aan hom oordra dat wat gebeur het nooit moes gebeur het nie.”

Die Gautrein se bestuur het aanvanklik die wagte by Parkstasie vir die voorval blameer, maar dit het intussen aan die lig gekom dat die wagte die saak na amptenare van die treindiens verwys het wat met hulle saamgestem het dat Mahlangu “onvanpas geklee” is en nie en op die trein toegelaat mag word nie.

Mthethwa het gesê die Gautrein se bestuur moet ook verklaar dat hulle die vryheid van passasiers ten volle ondersteun en “voortaan sal poog om die Grondwet aktief te bevorder in die ondersteuning en beskerming van mense se erfenis en kultuur”.

Mthethwa het gesê Mahlangu se ervaring is “skandelik en betreurenswaardig” en dat daar geen verskoning daarvoor is nie.

Volgens Mthethwa sal hy met Blade Nzimande, minister van vervoer, beraadslaag om te verseker dat GMA verantwoordbaar gehou word vir die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Ag regtig ·

Absurd. As hy met daardie uitrusting langs my moes sit in die trein, sou ek liewer gestaan het, soveel kaal man met beklemtoonde ‘tools’ is definitief vir kleiner gehoor as die pendelaars.

Moeksie ·

Ek stem saam – so ek kan dan met my biki ook op die trein klim. Absoluut belaglik. Moet nie net aan jou self dink nie – neem darem jou mede passasiers ook in ag. Genade :(:( bizaar

WH van der Merwe ·

Dan kan n mens mos maar naak ook op die gautrein ry want daar is ook mense wat graag naak loop.Bowendien het hy ook n wapen by hom gehad,kan ander mense nou ook met asegaie en lang messe daadop ry?

Elke ·

Gaan kyk maar in graskop mp, daar is n man wat rondlooo met net n handdoek om sy middel. Sies dis gros hy het nie eers skoene nie. Hoe kan die gemeenskap dit toelaat?

Le Roux ·

En die volgende wat nou kan gebeur is dat die vrouens ook in hulle tradisionele drag wil ry.

Jannie ·

Enigiets om konfrontasie te skep en daarna simpatie uit te lok!!! Siestog!!

lee ·

Ag my aarde – kon hy maar nie taxi gery het nie?
Moet die gautrein wat nog redelike ordentelikheid handhaaf, nou ook ontaard in sirkus/rommelstatus ??
Jy mag nie eers ‘n flippen chappie kou nie, dan word jy “uitgehaal en gedreig” met R700 boete !
Moet ek nie dan ook verneder voel voor ander passasiers nie ?? – I REST MY CASE

Jakes ·

Tradisionele wapen omhoog sy linkerhand wys hy is aanvalsgereed. Konsekwensie gelisensieerde / tradisionele / en handgemaakte wapens? Die onwettigges seker deurgelaat.

christa ·

kan die man hom nie ordentlik klee as hy in die openbaar verskyn nie. Dis ‘n beskaafte land veronderstel om te wees. As ek op die trein was het ek gevra om op ander plek te sit

Jakes ·

Siende Maroela kommentaar nie plaas. Jul berig noem 2 ministers, gee ons info hul asb! Jul wil sedewaker speel, maar selektief kommen kommen taar plaas? Kommen en taar. Tog so politiek korrek.

Vraagteken ·

Jakes, ek stem 100% saam met jou. Dos sommer nonsense dat kommentaar selektief gepubliseer word.

Maljan ·

So waar. Een lot se rassistiese kommentaar word geplaas maar moet jy nou nie die waarheid sonder rassisme of kru taal probeer nie. Maar kommentaar leweraars wie ander kommentaar leweraars aanval word wel geplaas.

Stormjaers ·

Al gehoor van n sak. Trek skaftlik aan as jy op die trein ry. By jou besteming kan jy mos aantrek soos jy wil. Die res van ons het ook regte.

Disselboom ·

Onbeskaafd en ontoepaslik bly wat dit is, hoe dit dan ook al as tradisioneel of wat ook al aangebied word. Maar aan die ander kant, ons het mos almal gestem vir menseregte en ons dring almal op ons regte aan, dan moet hierdie man seker ook maar sy regte gegee word?

Elke ·

Is dit nie my mensereg ook om nie teen n halfnaak mens vas te kyk nie? Sy traditiinele velle moet tot traditionele geleenthede beperk word, dis nie geskik vir publieke vervoer nie. Die res het ook regte. Dan kan n prostituut mos maar met haar gewaad ook in die gautrein klim.

bgj van der westhuizen ·

sy gedrag was on van pas en klaar as hy by n volks fees was dan was dit van pas maar nie op n trien wat almal behoorlik klere aan het nie ek dink die minister moet eers gaan leer wat is reg en wat is on van pas

Neels ·

Dit is absoluut absurd. Wat is volgende, vroue wat bostukloos loop want dit is mos hulle kultuur en dan nog seker in winkelsentrums. Waar gaan ons eindig. Dit is om die minste te se, onwelvoeglik! As jy in die openbaar verskyn trek ordentlik en skaflik aan

Essa ·

Gautrein wagte het hulle werk gedoen – goed en reg. Niemand wil op ‘n volgepakte trein langs ‘n half-naak mens sit nie. Dis wragtag belaglik. Mnr Mahlangu, hierdie kleredrag is tog vir spesiale geleenthede en seremonies; nie om in die publiek mee aandag te trek en reaksies uit te lok nie?

Skerpioen ·

As hy dan so graag sy tradisionele klere wil aantrek na n sake-ooreenkom…. hoekom nou nie maar ook tradisionele vervoer gebruik na die afspraak toe nie.

Andrea ·

Skerp! Waarom nou v Westerse konsep gebruik maak om te reis?

Tokkolos ·

Dalk was hy oppad sars toe
Hul trek mos almal kaal uit
OMW spaar my dit
Sies ga poe?????????

Hans ·

Ek het al baie tradisionele drag gesien, maar dit wat die persoon aan het is na my oordeel nie tradisionele drag nie

Sus ·

Julle kommentare is skandalig. Thats al. Eks te moeg om te verduidelik. Blanke Afrikaners maak my siek.

Maljan ·

Sus en sam julle openlike gatkruip kan n siekword epidemie ontketen..

Johanna Botha ·

Wel ek sal ook verder voel om saam met die kaal man te sit …wat van die reuke ?

Johann ·

Whahahhahaaaaa… die minister is duidelik nie besig nie! Volgende is GIGABA ook in sy Free Willie pakkie ippi stasie…..

Marius ·

Nou toe nou. Solank die half naakte “tradisionalis” nie my reg verontagsaam nie. Ek wil nie ń half naakte langs my hê nie.

Jan ·

Nee wat ek dink. Ie dis so erg nie.dis dalk onvanpas uit ons oogpunt maar ek ondersteun ten colle sy reg om so te dress.solank hy geen wet oortree nie en niemand direk benadeel nie.kleresmaak is ten volle elkeen se reg selfs sonder klere soos almal vir duisende jare geloop het.

Landi ·

Dis public indecency man! Het die minister nie common sence nie?

Alida ·

Hy soek aandag en kry dit. Dit is onvanpas. Enige instansie het die reg om aan te dring op aanvaarbare kleredrag veral as dit kom by openbare vervoer. Die minister moet hom nie eers antwoord nie. Reels is reels. Hy kan die vervoer gebruik wat in die bos beskikbaar is nie in n beskaafde stad nie.

Alida ·

Mens beoefen jou erfnis en kultuur by plekke waar dit hoort. Die minister hoort van beter te weet. Mooi Gautrain trots op julle. Mens mag nie eers kougom eet op die trein nie wat wonderlik is en nou wil hulle hierdie kaal man met sy vieslike natgeswete lyf met stokke en wat nog toelaat om ander passasiers te ontstel. Wys jou net afrika mentaliteit.

Cherokee ·

Dìt liewe Alida, is waarvoor die DA hulself al die jare beywer. Dit is uit die jare toe die DA nog Helen Suzman se Progresiewe Party was. Face Facts!

Cherokee ·

Een dag later en geen terugvoering van jou af, Alida? Ek is altyd bereid om dìt waarvoor ek instaan, te verdedig.

Andre ·

Jou “geboortepak” is dan mos ook tradisioneel soos jy in die wereld kom. Loop hy elke dag in sy “Tradisionele” gewaad rond ? Hy het net aandag en reaksie gesoek. Waar gaan die twak eendag stop om aandagsoekers te bevoordeel. Tradisionele kleredrag word by byeenkomste gedra en nie in die openbaar om ander mense ongemaklik te laat voel nie. Wat dan van kakieklere n hoed en n voorlaaier. Verskoning vra ?

DS ·

Nee sies man regtig dis niks minder as ‘n glorified onderbroek met drillende vet lyf in genoeg om enige persoon op die rit naar te maak! As dit nou Ryk Neetling in sy werksklere (speedo) was was dit nou ‘n heel ander saak :)

Cora Simpson ·

Hulle praat van die verlies van n sake geleentheid!

Nee regtig hoe sal n mens met sake kan begin en nie kyk nie?

Jan ·

Nee oupas en oumas julle is verkeerd.kleresmaak verskil van land tot land en niemand mag benadeel word agv te min of te veel klere nie.dis sy reg om te dres soos hy wil en ek ondersteun sy reg ten volle al dink ek dis swak smaak.

Adam ·

Ek sou graag wil hoor watter tipe besigheid hy in daardie gewaad wou doen. Terloops dit is nogal ‘n grot holster vir ‘n klein pistooltjie.

Uiltjie ·

My liewe leesgenote, waarom is alles wat nie westers is verkeerd in sommige Suid – Afrikaners se oë? Veral die van Europese afkoms? As ons net n bietjie moeite wil doen om op te lees oor ander kulture en bietjie meng met anderskleuriges, sal ons nie sulke lelike uitlatings maak nie. Onthou, die westerse kultuur is ook maar in die mense se kele AF forseer! Of hoe?

Skerpioen ·

Ek is glad nie teen enige persoon se tradisie nie. As jy jou volle tradisionele kleredrag (al bedek dit hoe min of selfs niks) na n sake geleendheid wil aantrek moet jy maar oor van traditionele vervoer (perd of voet) gebruik maak. Sodra jy jou kultuur of tradisie wil afdwing en openbare gevoer wil gebruik moet jy nie moan as daar klagtes is nie. Dis my punt. As die man ten volle traditioneel was of selfs vir die ander passesiers eers hul toestemming gevra het, het ek hom n Bells gegee as sy kultuur dit toelaat.

Gert van Wierdapark ·

Wonder nogal waar was die sake geleentheid? Miskien moes eerder ge-uber het. Moenie verbaas wees as die Gautrein benadeelde “genooi word om sy storie in die Pa(a)r-lement gaan spin nie. Kry dalk nog as bonus ‘n tender by Kuns en Kul-tuur. Die soort drag hoort nie op die trein nie – “Finish en Klaar”

Amptelik Gautvol ·

Enige instansie, restaurant, openbare plek, wat deur die publiek gebruik word het ‘n reg om ‘n kleredragkode voor te skryf, juis om almal se regte te respekteer. So ook die Gautrein. Sekerlik kan hulle aandring op respekvolle kleredrag deur passasiers, dit is nie blanke Afrikaners en hulle kommentaar wat die probleem is soos wat party hier insinueer nie, dit is bloot tekort aan opvoeding en respek vir ander mense wat geriewe met jou moet deel. Gaan dit ook aanvaar word dat vrouens bostukloos op die Gautrein ry? Sowaar, mense moet hulle koppe regkry en ophou om blanke Afrikaners by te kom wanneer sulke absurditeite in mense se kele afgedruk word.

Skerpioen ·

Goed gestel, my punt ook. Dalk as die man die passesiers se toestemming gevra het sou dit alklaar beter gewees het.

Alida ·

Die Gautrein is die beste en skoonste publieke vervoermiddel in SA nou wil hulle dit ook bemors en op…….

Ben Brand ·

Hoekom slag hy nie sommer ñ boks terwyl hy op die trein is nie. Dit is mos ook tradisie.

Hanna Hoekom ·

So, nou kan die nudiste ook maar hulle beginsels begin uitleef op openbare plekke en vervoer?!

willo ·

en as die trein skielik stop sit daar ‘n briek merk op die bankie….

Maljan ·

Goed so gautrein. Hy is nie aangetrek om in die openbaar gesien te word nie. Nes die laeveld man daar in graskop wat winter en somer rondloop met net n handoek om sy lende. As hulle nie klere het om hulle liggame te bedek nie moet hulle tuisbly. Mag n prostituut ook met haar uniform rondloop. Die feit dat die man in traditionele undress is, maak die nie aanvaarbaar vir die bree publiek nie.

Elke ·

Is dit nie my mensereg ook om nie teen n halfnaak mens vas te kyk nie? Sy traditiinele velle moet tot traditionele geleenthede beperk word, dis nie geskik vir publieke vervoer nie. Die res het ook regte. Dan kan n prostituut mos maar met haar gewaad ook in die gautrein klim.

Dienkie ·

Jammer, maar ek stem saam met die bestuur van die Gautrein. Hy is onvanpas geklee om van openbare vervoer gebruik te maak.

Gert ·

Die ministers gaan seker nou van Gautrein verwag om hom te vergoed vir die miljoene wat hy verloor het met sy sakeooreenkoms wat hy verpas het .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.