Minister en sy vrou toets positief vir Covid-19

Gwede Mantashe, minister van mineralebronne en energie, (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, en sy vrou, Nolwandle, het positief vir Covid-19 getoets.

Die egpaar het gister hul uitslae ontvang, het Phumla Williams, woordvoerder van die kabinet, gesê. “Dit was die minister se derde stel toetse sedert die uitbreking van die virus.”

Die egpaar is tans in isolasie en die minister sal voortgaan om van die huis af te werk. Mantashe het opdrag gegee dat al die lede van sy private kantoor ook getoets word.

“Ons die wens die minister en sy vrou ʼn vinnige herstel toe, asook die duisende Suid-Afrikaners en hul gesinne wat ook die stryd teen Covid-19 voer.”

Die ANC het Mantashe ook ʼn spoedige herstel toegewens. Mantashe is die voorsitter van die regerende party.

Pule Mabe, nasionale woordvoerder van die ANC, het namens die party ook sy beste wense oorgedra aan die drie premiers wat positief vir Covid-19 getoets het. Premier David Makhura van Gauteng, Job Mokgoro van Noordwes en Alan Winde van die Wes-Kaap het almal positief vir Covid-19 getoets.

“Ons vra alle Suid-Afrikaners om medelye en solidariteit te betoon met diegene wat besmet is en om ondersteuning te bied aan alle gesinne wat geliefdes verloor het as gevolg van Covid-19. Kom ons almal voldoen aan die regering se regulasies wat ten doel het om lewens te red.”

Die ANC het gesê die regering se vinnige aksie rakende die verbod op die verkoop en verspreiding van alkohol is nog ʼn duidelike demonstrasie om die lewens van alle Suid-Afrikaners te beskerm.

“Soos die president gesê het, dit is in ons hande.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Maritha ·

Dit IS NIE in ons hande nie! Dit is in God se hande. Hoe vinniger almal dit besef hoe beter

Cornrit ·

Ek stem saam met Maritha. Dit is in Die Here se hande. Wat ek wel wil sê, is dat jy ook moet ” practice, what you preech”. Die regering , by monde van Pres Promises Rhamaphosa en tannie Kopdoek, mag dalk goeie bedoelinge hê, maar hoekom is so baie van die politieke mense besmet met korona. Miskien dink van hulle dat die virus nie vir hulle kan tref nie, en daarom is hulle miskien n bietjie meer roekeloos. Jy weet; miskien te belangrik om getref te word.

Asgat ·

Maar ons kan ons kinders blootstel in skole …. en hulle lewens spaar???

Prikkie ·

Ek dink wat CR eintlik bedoel het is dat “the ball is now in your court”, bedoelende dat die burgers nou moet saamstaan en voldoen aan die wereldwye aanvaarde protokol: handewas, handewas en nog handewas en dan natuurlik sosiale distansiëring en die ander maatreëls wat daarmee saamgaan.

Dit sluit natuurlik belaglikhede soos jy mag nie strand toe gaan nie en jy mag nie vir jou familie gaan kuier nie en jy mag nie gaan kamp of ons nasionale parke besoek en daar oorslaap nie. Dit is onsinnighede. Punt!

JohanR ·

Luister jy nog na Cyril ou Gwede, want ‘n President is hy nie!

Eerlik ·

Sou ideaal wees as die man en sy vrou ook by een van hierdie haglike kwarantyn fasiliteite moes in boek, maar sommige is mos benewe die reels wat vir normale burgers opgestel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.