Minister erken kommerwekkende toestand by militêre basis

Die weermagkollege in Thaba Tshwane. (Foto: Wikipedia)

Die minister van verdediging, Nosoiviwe Mapisa-Nqakula, het in die parlement erken die toestand van fasiliteite by die Thaba Tshwane-weermagbasis (voorheen Voortrekkerhoogte) in Centurion is kommerwekkend swak en dat geen behoorlike instandhoudingswerk die afgelope 20 jaar gedoen is nie.

Die minister het geantwoord op ʼn skriftelike parlementêre vraag deur die DA-LP Cilliers Brink, wat haar gevra het of sy bewus is van die basis se swak toestand, spesifiek wat infrastruktuur betref, en watter planne daar is om dit reg te ruk.

In haar antwoord het Mapisa-Nqakula gesê sy is terdeë bewus van die probleme en dat dit haar bekommer.

Sy het uitgewys dat Thaba Tshwane op dolomiet gebou is. Mapisa-Nqakula het erken die gebrek aan instandhouding was veral weens ʼn gebrek aan geld en die groot agterstand in herstelwerkprojekte wat omvattende strukturele eise stel aan die departement van verdediging én die departement van openbare werke en infrastruktuur.

Die geboue en grond by Thaba Tshwane word deur die departement van openbare werke en infrastruktuur in stand gehou, maar Mapisa-Nqakula sê die departement van verdediging is ook skuldig omdat geen inisiatief geneem is om fasiliteite self in stand te hou toe agtergekom is die departement van openbare werke misluk daarmee nie.

Die minister het belowe herstelwerk en opgradering van spesifiek rioolstelsels, stormwaterpype, paaie en sinkgate is op die punt om gedoen te word. ʼn Strategiese fasiliteitsplan met Thaba Tshwane as een van die aanvanklike prioriteite is opgestel en die verdediging-werkespan word toegerus om instandhouding en herstelwerk te verrig, het Mapisa-Nqakula aangevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

JV ·

“op die punt om gedoen te word” beteken oor 10 jaar of nooit.

Hans ·

……… die lys van sukses stories word elke dag net langer en langer

Cheryl ·

As die infrastruktuur so lyk ,,,,,,, wat vd res? Skrikwekkend!

PJ ·

Kan nie verstaan wat die dolomiet met die saak te doen het was mos nog altyd daar ?

Andrea ·

Maar natuurlik is dit die dom mense wat oorspronklik die geboue daar gebou het se skuld. Onthou dit was eers Roberts Height en toe Voortrekkerhoogte….
Die ANC erf al hierdie strukture deur dom voorgangers gebou. Te veel paaie vir hulle om te onderhou, damme wat te diep gemaak is sodat dit nooit behoorlik vol word nie. En nou strukture op dolomiet gebou.

Lalie ·

Wat nou nog, ANC? Meer en meer verskonings vir ongeletterdheid of sommer net plain weg stupidgeit. Ha.

Edward Shawe ·

Ek was in Mei 2019 n pasient in 1Mil hospitaal. Dit was tydens die inhuldiging van ene Cyril Ramaphosa. Was ek as pensioenaris teleurgesteld oor die toestand van die hospitaal. Daar het ek geleer dat daar 2xCT scanners op grondvloer staan wat gekoop was vir die hospitaal maar nie in gebruik is nie ( splinternuut). Weermag lede word na ander hospitale in Pretoria geneem om CT scanning te laat doen.Dit was met my die geval. Duisende Rande word gebruik uit Weermag fondse om die privaat sektor ryk te maak terwyl daar weermag lede is wat daarna smag om opgelei te word as operateurs op hierdie CT scanners. Wanneer die weermag lede vir die Generaal van 1Mil hospitaal uitvra oor die uitrusting dan word hulle stilgemaak en net gesê dat dit niks met hulle te doen het nie. Ek meen die SANW se Hospitale was van die beste in die land. Maar daar word vandag net niks deur die leiers gedoen om dit weer op standaard te kry nie.

Johan Wes-Kaap ·

Nog ‘n verdomde plan. Kan die klomp nie net ophou met planne maak en iets daadwerklik doen nie. Ek was in 1972 in daardie basis en toe was daar geen fout nie.

Quintus ·

Ek was in 1993 daar en toe was die infrastrutuur puik !
Die troepe het met korfee take van die werk self gedoen !
Se baie van daai tyd se opleiding !
Ons het baie gesweet en nie net aan oppies nie !

K ·

Ek was ook 93 daar en Q is reg, als was puik, ek sas so 8 jaar gelede daar om te gaan loer en wat n gemors, geen dissipline geen instandhouding gras so hoog soos my huis se dak. Die … wag laat ek stil bly, ons immigreer Desember, ek is klaar met die plek.

jaco ·

Gebrek aan geld? waar het die geld vandaan gekom voor ’94, gebrek aan bestuur van geld

Elvira ·

Presies. Weermagkampe was voorheen baie netjies versorg. My pa was die RSM van die Seinskool. Ek dink hy draai in sy graf om as hy sien hoe lyk dit nou.

Hendrik ·

Ek ry elke sag daar deur, jou hart breek elke keer as jy na die geboue en die terrain kyk. Nee ek weet nie of dit ooit weer sal reg kom nie.

Hb ·

Dis nie net daar nie. Gaan kyk maar na die meeste van die basisse. Dit lyk baie sleg

Stephan ·

Mapisa- Nqakula beïndruk niemand nie.
Van die eens sterkste weermag in Afrika het die ANC dit nou al afgeskaal na een van die swakstes in Afrika.
Het julle geen trots nie?!
Wat ‘n klomp patete…maar ons ry Porsche Panamera’s (soos bv. Ex-minister Siphiwe Nyanda), en vele ander.

A. Oosthuizenb ·

Openbare Werke val nou onder Patricia de Lill. Laat ons haar begin aanspreek oor geboue se instandhouding.

mini ·

ek was by tempe so tien jar terug gaan kuier , en niemand vra enige iets vir ons nie…. dieselfde in Durban so vyfjaar terug moet meds gaan optel vir iemand anders, weereens vra niemand wat ek daar soek nie…. tipies afika als verval

Werner ·

Ook maar goed hulle het sy naam verander nou pas die krot by die naam soos alles wat se name verander het het verval om by die name te pas geen vooruitgang sedert 1994 net een groot gemors

Tiaan ·

Hartseer. Gister tragies bevind dat ‘n fantastiese vliegtuig, die Vlossie, die C130, wat menige landings met swaar vrag op die korste aanloopbaan in die wereld kan land, amper oor die hele DRK gly om sy brieke te kry. Wonder net wat is oor van die ander militere strukture wat gedien om een van die magtigste weermagte in Afrika op te lei en te huisves. Ek sukkel om hierdie kopskuif te maak Rerig.

Chris dupreez ·

En daai is die enigste C130 (flossie) wat nog kon vlieg van almal. Dis tragies hoe hulle alles opneuk.

Estie ·

Dis hartseer dat die Weermag die laagste prioriteit vir die huidige regering is; dis nou in werklikheid die ou MK en kan nie meer die SANW genoem word nie want dis nie naastenby op die SAW vlak wat dit eens was nie. Het kursus gedoen en ingewoon by PD Skool in 2007. Moes stort in ‘n bungalow met 20 ander lede met net een toilet, stort en wasbak. Wanneer toilet gespoel word stop die stort se water en spoel die riool enkeldiepte in die stort op en water boonop koud. Moes by vriende gaan stort en het skelmpies MSD’s se toilette gebruik want ander lede mag nie hulle fasiliteite wat vyfster was, gebruik het nie. MSD’S (troepe) word beter behandel as permanente en ouer lede. Het daagliks by senior bestuur gekla oor stink walglike toestand in ‘n 2 x1m ablusie hokkie maar niks was ooit daaraan gedoen nie.

Swartwolf ·

Was in ’89 daar vir laaste 6 maande van 2 jaar diensplig. Nog trots on deel van daai tyd se 12 de beste weermag in die wereld wat Kubaanse, Russiese, en Angolese oormagte by Quito (Tumpo 1,2,3) pap geskiet het, moet nie eers praat van die teeninsurgensie slagting van Swapo in Sektor 1.0, te gewees het. SANDF vandag ‘n siekte geteisterde, ongedissiplineerde grap vir ‘n weermag wat skaars ‘n aanval van ‘n laerskool bende sal kan afweer. Meer oorgewig kolonelle en generaals as troepe. Sal weier om in die sirkus te dien. Dis nie nou meer ‘n trots nie dis ‘n skande.

Bril ·

Ek ken van, het al in Valhalla gewoon. Grensdiens tydens die hoogtepunt van die nie-konvensionele guerilla-oorlog fase plus kampe gedoen, in die jaar waar die hoogste ongevallesyfers was. Was ook eers vies oor die agteruitgang van die eens puikste weermag in Afrika, maar toe besef ek skielik: wees dankbaar alles gaan agteruit, want dit kan dalk eendag teen jou gebruik word! Argument die land verdedig? Daar in Bangui – dis nie Suid-Afrika se geveg nie. Dis geldmors en vreemde belange dien. Laat dit insink – ons is nou die vyand! Nie die Russe, Namibie/SWA, Angola of Zimbabwe of omliggende lande meer nie (hulle is almal comrades-in-arms).

Dubbelloop ·

Ja Johan, ek was ook in 1972 daar vir my basiese opleiding en as ek terug dink hoe netjies alles was, kan ek net dink in wat se toestand dit geraak het na ’94. Alles val uitmekaar uit. Patetiese regering en hulle onderdane.

SjN ·

Besef die ANC regering nie dat hul nie opgewasse is vir die taak nie en ook nie oor die vermoë beskik nie!!

Jacques du Toit ·

Wie gaan ons keer indien ons net eensydig ‘n grondgebied vat en onafhanklikheid verklaar?
Die polisie?
Die weermag?
Ja ja, ek weet daar is nie eenstemmigheid oor waar dit moet wees nie, maar julle kry die strekking van my vraag.

Frik ·

100% Jacques!!! Die dag gaan kom dat niemand omgee wie doen wat nie. Minderhede wat glo in afstigting kan gerus begin werk maak. Maar dit sal beteken dat opbou van vooraf moet begin.

Pitty ·

Dit beteken om self te werk en nie weer ander mense te gebruik nie. En hoekom dan wag. Begin nou al in die omgewing waar jy nou is. Maak jou eie tuin. Maak jou eie wasgoed. Maak jou eie skottelgoed. Raak onafhanklik.

pieter ·

Kyk ma na al die basisse hoe het dit verval wonder wat doen party mense daar

jakes ·

Dit is skandalig om die minste te se. Ek het verlede jaar meer as een basis besoek en almal van hulle is in n haglike toestand. Ek besef egter dat ek niks beter verwag van die huidige regering of die minister van verdediging nie. Waar het jy al ooit van n eerste wereldland gehoor van n vrou wat die minister van n land se weermag is? Nerens nie maar dan onthou ek dat SA n derde wereldland is.

Ada ·

Ek het in Voortrekkerhoogte groot geword en dolomiet was nooit n probleem nie.
Alles was netjies.Die geboue en tuine was pragtig.
Ons skool .Voortrekkerhoogte H Skool.was pragtig en skoon en netjies.
Ons was trots op ons skool.
Dit is ook daarmee heen.
Die regime in beheer kan niks in stand hou nie.
Hulle is gemaklik met verval.

Bella ·

en so gaan alles in die land bietjie bietjie tot niet. Geld……. in diep sakke behalwe waar dit moet wees. Wil amper se niks nuut nie

Boet Vermeulen ·

Wat is dan fout met die klomp dikgat troepe? Hulle moet mos die plek skoon hou en regmaak as daar fout is? Ek wens hierdie klomp slapgatte kan net vir 1 maand die disipline wat in ons tyd geheers het, beleef. Ek glo na n week het almal ge awol!

Stephan ·

Die ironie is dat geen instandhouding oor jare deur die ANC gedoen word nie.
Kyk gerus hoe vrot dit werklik in elke sektor gaan. Die ANC betaal net salarisse aan hul alma mater, en het vrede met dienslewering.
Die woorde “Me, myself and I” definieer hul kader-beleid baie mooi.

Estie ·

Die einste C130 (en enigste een wat daar nou was) is die vliegtuig wat die soldate wat op ‘n gereelde grondslag moet aflos en omruil in Afrika, moet vervoer tussen Pretoria en Afrika, word eerstens geprioritiseer om Kubane heen en weer te vervoer na Kuba en tweedens sekere selektiewe kursusgroepe te vervoer vir besoeke. Moraal onder soldate in Afrika baie negatief omdat hulle nie op geskeduleerde tye kan terugkeer huis toe nie agv gebrek aan vliegtuie wat nie beskikbaar is nie weens swak prioriteite en diensbaarheid. Nou is die laaste diensbare C130 ook pad af.

Johan ·

Altyd daar deur na SAWI gery om sport drag te koop.Jy sou nie n stompie sien rond le nie.Gras kante het gelyk of dit met n papier sker gesny is.Was in die polisie maar my bors het geswel as ek daar uit ry….eks nou die dag na 15 jaar daarverby.Moes stop omdat my voet te veel gebewe het om die clutch in te trap van skok.Mindblowing,daars nie meer woorde nie….

Geelonger ·

Instandhouding is n vreemde konsep in Afrika en is nooit op die agenda. Die hou van n vergadering word gesien dat jy iets omtrent die probleem doen . Die feit dat nils gedoen word nie is nie tersake nie want jy het dan n vergadering daar oor gehad.

Net So. ·

Geelonger. So Waar. Vergaderings hou is maar net een manier om nie produktief te wees met die daaglikse take nie

Bril ·

Moet ‘n mens ook daarin lees dat die strukture wat vir die Afrikaner in sy vryheidsstrewe ‘n bedreiging mag raak, geleidelik verswak?

Dewald ·

Presies Bril. Binnekort kan ons net eenvoudig by die parlement instap, vir elke minister n besem en mop in die hand druk en hulle aansê om te begin skoonmaak. Dan is ons weer die baas.

Griet ·

Dit is en bly verstommend dat mense nie besef dat alles onderhoud verg nie. Kan daar nie maar nou so ‘n vak op skool wees nie ? Dan kan almal leer afskuur, vernis, verf, diens, skoonmaak……..

Anel ·

Die dolomiet is meer in Valhalla waar sinkgate voorkom. Nog nooit gehoor van sinkgaye in Voortrekkerhoogte nie. (Bang ek spel die ander plek verkeerd).
Ons woon al van 1963 in Valhalla en sien die agteruitgang. Die huis is onbewoonbaar en dit was stewige huise. Nou word van die huise wat bewoonbaar is deur een weermaglid bewoon en onder verhuur. Daar is ook menige werkloses wat daar plak en dan hul misdade in Valhalla kom pleeg, want die grensdraad bestaan amper nie meer nie. Dit word ook nie meer herstel nie. So ja, ‘n eens pragtige basis is in ‘n baie kort rukkie in ‘n plakkerskamp omskep. O,ja en moennie eens van die ou begrafplaas praat nie. Agter die bome is ‘n volwaardige plakkerskamp. SAPD kan niks daar doen nie want dit is SANW grond en hulle doen niks want hulle is te bang vir die plakkers. So, hoe wil hulle ‘n land verdedig. SWAK!!!

Basson ·

Was so 3 jaar gelede daar deur die hoogte. Was maar net tragies om te sien hoe dit lyk. TD oplyding lyk my het nou MP daar. Gras staan lank by Ou Samjoor Tomas se Recovery opleiding Kamp. Weet nie meer nie. Sal maar my plek netjies hou. Het die lekkerste Russiun en Tjips daar by die kafee op die hoek gekoop in my diensplig tyd.

Stan ·

Dit gaan oor die “mind-set” van ons nuwe regering en hulle ondersteuners. Ek bly in Potch en as ek deur die weermag basis se huise ry spandeer die manne geen tyd in hulle tuine ook nie. Nie almal word met trots gebore nie!

Trojaanse Donkie ·

Gelukkig bestaan daar geen vyande teen SA nie , m.a.w. die regering het eindelik nie die weermag nodig nie. Ons laaste vyand was seker H.F. Verwoerd.

Tweetie ·

Al die staatsinstellings kan maar toegemaak word, begin sommer by die staat self, ons sal baie geld so spaar.

Penellope Jones ·

Ek glo nie ons behoort verras te wees nie.
Dis heelmoontllik die probleem met alles waar die regering by betrokke is.

nieBAFUnie ·

en die sleutelfrase is……….”geen behoorlike instandhoudingswerk die afgelope 20jaar gedoen is nie”. Geagte minister kyk die trane in my oë en erken dat die huidge regering in alle opsigte en vlakke ‘n mislukking is.

Johanna Botha ·

Hulle is seker ”shocked”…. ag alles val letterlik uitmekaar en niks word gedoen nie …probeer hulle iets doen word mense gebruik wat niks weet nie of die gelde raak weg ….

ChrisE ·

Dit is apartheid se skuld. Voor 94 was alles skoon, netjies en in werkende toestand. Die wittes het dit net in hul areas gedoen en nie in al die ander areas/woongebiede nie. Apartheid en kolonialiste se skuld om dit nie oral te doen nie. Die mense weet nie van beter of in nie van beter geleer nie. Ou storie, as jy saam met die honde lê vreet die vlooie jou ook naderhand.

m ·

Ja dis wat gebeur as jy ‘n FAPLA, kanoe-boot kaptein die hoof van die weermag maak. Dis soos om ‘n kind in ‘n lekkergoed winkel toetelaat en te se, eet soveel soos jy wil en van wat jy wil, as jy oor ‘n uur terug kom is daar net lekker goed papiere orals, rakke deurmekaar gekrap, en braaksel op die mure!

Tinus Coetzee ·

Ek kan nie verstaan waarom alles vir dekades en dekades reg en vlot verloop het, nou met die dryf on die land en sy ekonomie alles ‘n kommunistiese geur te gee, voeter alles uitmekaar uit. Is die ANC leierskap so onnosel dat hulle doodeenvoudig nie kan sien dat hulle op ‘n katestrofe afstuur nie?

Johann ·

Hoekom sal enigiemand verbaas wees hieroor. Wys my iets in hierdie land wat obder die regering se beheer is wat nog werk of nie vervalle is nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.