Minister erken probleme in mediese dienste

medies behandeling dokter

Argieffoto (Foto; DarkoStojanovic, Pixabay)

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het erken die land se staatshospitale en staatsbestuurde mediese dienste is in die moeilikheid, maar hy ontken dat dit op die rand van ‘n ineenstorting huiwer.

Motsoaledi het gesê die onkologie-krisis in KwaZu

lu-Natal, wat kankerlyers in die provinsie weerloos gelaat het, is bykans opgelos met nuwe toerusting wat reeds aangekom het. Motsoaledi het erken die probleem is deur patetiese politieke bestuur van die provinsiale ANC-regering veroorsaak, maar het gesê die skuldiges sal eers aan die pen ry nadat die Menseregtekommissie se verslag oor die kwessie afgehandel en die skuldiges uitgewys is.

Die minister het toegegee die staatsbestuurde mediese stelsel is onder groot druk, en het dit toegeskryf aan die groot toename in pasiënte wat van staatsgeriewe gebruik maak. Dit sluit Suid-Afrika se verskaffingsprogram van antiretrovirale middels aan MIV/vigslyers (die grootste ter wêreld) in, asook die hoogs suksesvolle programme om tuberkulose te bestry en die veldtog om die hoeveelheid babas wat by geboorte MIV-positief is, te verminder.

Motsoaledi het toegegee dat die situasie in sommige provinsies (spesifiek Noordwes) en sommige hospitale (soos die Tembisa-hospitaal aan die Oos-Rand) haglik is.

Hy het bygevoeg die groot hoeveelheid buitelanders wat veral uit die res van Afrika na Suid-Afrikaanse hospitale stroom vir mediese sorg, plaas die stelsel en die belastingbetaler onder groot druk, en moet sensitief behandel word.

Hy meen egter aanvaarbare vlakke van mediese sorg word steeds wyd gelewer en verwerp bewerings dat medisyne op groot skaal nie afgelewer word aan staatshospitale nie.

Ten spyte van staatshospitale se gesukkel om huidige werkdruk te hanteer, gaan Motsoaledi voort met die infasering van nasionale gesondheidsversekering, met die tersaaklike wetgewing wat aanstaande week voor die kabinet sal dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Han ·

Ja, so stort alles ineen, maar die verskonings is legio, want dít sal mos die situasie red. Buitelanders stroom na hartelus in en die belastingbetalers moet pa staan.

hendrik ·

Daar kan nie probleme wees nie want daar is nie meer n gesondheidsdiens nie.

Helen ·

Die belastingbetalers se eintlike probleem kom met die beplande Nasionale Gesondheidsversekering wat op ons afgedwing gaan word. As dit nou al so sleg gaan wat gaan dan gebeur as jy nie super welaf is nie is jy uitgelewer aan genade en onbevoegdheid op groot skaal. My vraag is hoekom moet ons vir buitelanders se mediese sorg opdok terwyl ons eie mense daaronder ly, hul behoort in hul eie lande van herkoms behandel te word, maar o wee daar is ook als vernietig.

Buffel ·

Definetief apartheid en “white minority capital te blameer. Eish daai syfer van < 80…..

Black wolf ·

Dis definetief Jan v Riebeeck se skuld. En die syfer < 80 help ook nie.

Hanna Hoekom ·

Deur net ons grense beter te beveilig, kan ons al miljoene rande bedpaar! Suid Afrikaanse gesondheidsorg behoort vir Suid-Afrikaners te wees ( waarvan ons reeds te veel het!) en nie vir grenskruipers nie. Ek het dit eerstehands in Limpopo se staatshospitale ervaar! Die Nasionale gesondheidsorg-skema gaan maar slegs virseker dat niemand gehalte sorg gaan kry nie. Die ANC behoort egter nie te bekommerd oor 2019 se verkiesing te wees nie: hierdie is julle stemvee en sal nie teleurstel nie!

Gemaskerde Sopbeen ·

Suid Afrika sal nooit anders wees as die res van Afrika solank daar altyd NA DIE TYD een of ander ondersoek of verslag gedoen moet word nie. Hoekom is daar nie mense en stelsels in plek om hierdie tipe van verval te VERHOED nie? Hier is ‘n bietjie wysheid vir die Departement van Gesondheid: VOORKOMING IS BETER IS GENESING!!!….en baaaaiiieee goedkoper. Ongelukkig is die Afrika probleem in een sin: Hopeloos teveel mense kry hopeloos teveel geld vir hopeloos te min werk!!!

marous ·

Alles vernietig deur die mees korrupte spul ter wereld , en hulle gaan steeds voort met hul wandade. Hierdie plek gaan binnekort sonder ‘n regering sit . Hou maar dop.

Elize ·

.”…hy meen aanvaarbare vlakke van mediese sorg word gelewer”…. Ek wonder maar net wat ag hy as aanvaarbaar, en of hy ook gebruik maak van die staatshospitale. Ek twyfel.

vissie ·

Geen wonder die staat wil n nasionale gesondheid op die been bring nie want hulle sien klaar weer miljarde uit die private mediese findse waarop hulle hul hande kan le

vissie ·

Geen wonder die staat wil n nasionale gesondheid op die been bring nie want hulle sien klaar weer miljarde uit die private mediese fondse waarop hulle hul hande kan le.

Snowball ·

Altyd ‘n verskoning, nooit aanspreeklikheid nie!! Wat val nie uitmekaar uit nie??? Dis praatjies van nuwe dagbreke en planne teen misdaad, maar al wat realiseer is onbevoegdheid en patetiese verskoning!

JM ·

As hulle die onwettige buite landers terug stuur na hulle lande en die grense weer toemaak sal daar DALK better diens lewering en dienste wees vir alle Suid Afrikaners

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.