Minister gebroke ná seun in puttoilet val

Angie Motshekga Foto: DOC

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het haar groot hartseer uitgespreek ná sy in kennis gestel is van Viwe Jali (5), ʼn leerder van die Luna Primary School in Bizana, wat Dinsdag in ʼn puttoilet geval en gesterf het.

Elijah Mhlanga, Motshekga se woordvoerder, het gesê dit is vir die minister ongelooflik ontstellend dat ʼn kind op so ʼn onwaardige manier gesterf het. “Ek wil graag my opregte medelye aan die familie van Viwe Jali stuur. Ek kan nie eens begin om die trauma wat die ouers moet ervaar te verstaan nie, dit is werklik ʼn tragiese voorval en my simpatie is by die familie.”

Mhlanga het gesê beradingsdienste word vir die skool voorsien en ʼn saak is by die plaaslike polisiestasie aanhangig gemaak. “Die omstandighede rondom sy dood word ondersoek.”

Motshekga het ook die versekering gegee dat die departement alles in sy vermoë doen om die agterstand rakende infrastruktuur spoedig aan te spreek deur onveilige strukture en dié sonder behoorlike sanitasie, elektrisiteit en water te prioritiseer.

Mhlanga het gesê die ministerie hou tweeweekliks vergaderings om te verseker dat infrastruktuur geprioritiseer word. Hy het bygevoeg begrotingbesnoeiing bied ʼn bedreiging vir die voorsiening van die broodnodige infrastruktuurhulpbronne.

Motshekga het gesê woorde kan nie verduidelik hoe sy persoonlik voel oor die verlies van ʼn jong lewe op dié verskriklike manier nie.

“Om te weet dat ons as ʼn sektor nie daarin kon slag om die infrastruktuurkwessies vinnig voldoende aan te spreek nie as gevolg van verskeie redes, breek my hart. Wanneer so ʼn tragedie plaasvind, maak dit ons meer vasbeslote en oortuig van die behoefte aan die versnelde skoolinfrastruktuur-inisiatief (Asidi) sodat ons kan aanhou om hierdie skole by te staan wat ʼn desperate behoefte het aan infrastruktuur, en dit ʼn veilige hawe vir ons kinders maak,” het Motshekga gesê.

Volgens Mhlanga is daar landwyd tans 5 225 instandhoudingsprojekte aan die gang en die Oos-Kaap het reeds sy instandhoudingsbegroting uitgeput.

Die departement van basiese onderwys het ʼn 12% minimum begroting aan elke provinsie toegewys vir instandhouding. Volgens Mhlanga het sommige provinsies voorheen nie vir instandhouding begroot nie.

Asidi het al 191 skole tot op hede bedien. Van daardie skole is 141 in die Oos-Kaap waar onvanpaste strukture vervang is. Die inisiatief het volgens Mahlangu ook water verskaf aan  666 skole, sanitasie aan 453 en elektrisiteit na 372 persele landwyd.

“Ten spyte van die vordering wat tot op hede gemaak is, sal daar in die volgende drie jaar R3,5 miljard besnoei word aan Asidi ingevolge die herprioritisering van fondse deur die regering. Dit gaan uitdagings bied as dit kom by die lewering van infrastruktuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ronel ·

Een woord Ministertjie. PLAASMOORDE. Ons is ook gebroke oor PLAASMOORDE

Kwikkie ·

…………………………………………ek wil eintlik se no comment maaaaaaaar…………….

Ronel ek stem…. PLAAAAAAAAAAASSSSSSMOOOOOOOOOORDE?!?!?!?!?!

Minister kan jy die trauma indink wat die families van hierdie slagoffers moet ervaar??

Pop ·

Minister ja, die infrastruktuur sou in plek gewees het al daar nie in die laaste jare so baie geld in sekere sakke beland het nie. Maar as julle nou grond onteiensal daar ordentlike toilette in al die skole opspring.

Polonie ·

Ai s ons tog maar net uit die staanspoor die ou begrotings geldjies vir hierdie duisende projekkies korrek aangewend het en baie selektief en eties korrek was met die toekenning van die kontrakte dan sou daar heelwat minder voorvalle soos die gebeur het. Nou ja ongelukkig sal daar altyd verskonings wees eerder as om deel van n werkbare oplossing te wees.

Oom Kalahari ·

Minister, stem dit is hartseer dat ‘n onskuldige kind met sy lewe moet boet vir swak finasieele beplannings en opknappings. Sovele miljoene rande is al verduister wat hierdie tipe van projekte kon befonds. Wat van ‘n JZ fonds vanaf die hoofstad Nkandla. Vir ons is dit ook net so pynlik om 24jr te leef waar jou mense weekliks vermoor word. Is daar volle regerings befondsing begrafnisse, uitbetalings aan familie, trauma berading ens. Nee ek glo nie.
So ween ‘n volk ook waar onskuldige mense net sonder doel vermoor word, maar die kind se lewe was in die hande van Departement van Onderwys wat die familie gefaal het.

EM ·

….. en is u net so gebroke oor die twee Weskaapse plaasmoorde, paramedici wat hul plig gedoen het en beroof is en die verwoestende suikerrietplaas wat afgebrand word?

bgj van der westhuizen ·

die dood moet voor die anc regering se deur gesit word wand na 24 jaar in bev ind en skole maak nog gebreuk van die pit stel sel net nog n bewys die anckan nie n land bestuur nie

SjN ·

Aanvaar verantwoordelikheid, as die werk reg gedoen was sou die voorval nie plaasgevind het nie en niemand sou gebroke wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.