Minister gee Anglo-Boereoorlog nuwe naam

Minister Mthethwa tydens die bekendstelling. Foto: Facebook

Minister Mthethwa tydens die bekendstelling. Foto: Facebook

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het tydens die bekendstelling van Versoeningsmaand by die oorlogmuseum in Bloemfontein aangekondig dat die naam van die Anglo-Boereoorlog (ABO) amptelik verander is.

Mthethwa het in sy toespraak verduidelik hoekom die Anglo-Boereoorlog se naam na die Suid-Afrikaanse Oorlog verander is. “Ons is hier by die oorlogmuseum om die Suid-Afrikaanse storie van die Suid-Afrikaanse oorlog te vertel, ʼn oorlog wat vir baie lank as die Anglo-Boereoorlog bekend gestaan het en as ʼn ‘wit man se oorlog’ bestempel is.”

Volgens Mthethwa het studies in die afgelope 30 jaar deur “revisionistiese historici” met ander historiese feite vorendag gekom wat daartoe lei dat die oorlog in ʼn ander lig gesien word. “Die tradisionele interpretasie van die oorlog was om dit te sien as ʼn oorlog tussen die Britte en die Afrikaners wat gekenmerk is deur die dood van duisende soldate aan albei kante, die dood van duisende vroue en kinders in konsentrasiekampe en die aanvaarding van ‘n beleid van verskroeide aarde aan die kant van die Britte wat Afrikaners en swart mense se plase, diere en grond aan die brand gesteek het.”

Mthethwa het egter gesê “die volle afgryse” van die oorlog op almal wat destyds in die land geleef het, is egter nie vertel nie. “Ons weet dat die San-mense ʼn rol gespeel het in die oorlog. Swart Suid-Afrikaners het hul deel gedoen as vegters, as hulpdienste in die oorlog en as werkers en huishulpe. Daar was ook ongeveer 100 000 swart mense in Britse uniform en ander is as verkenners aan beide kante van die oorlog gebruik.”

Die minister het ook gesê die Britte het ʼn arbeidsmag benodig en dat hulle om dié rede konsentrasiekampe al langs die spoorweë opgestel het waar hulle swart Suid-Afrikaners aangehou het. Mthethwa het verwys na Stowell Kessler se boek The Black Concentration Camps of the Anglo-Boer War 1899-1902 waarin gesê word: “Die Suid-Afrikaanse Oorlog word somtyds na verwys as ‘The last gentlemen’s war.’ Tog, toe die rook van die slagveld verdwyn het van die uitgebrande plase en krale, en al die soldate huis toe gegaan het, het die dodetal getoon dat amper twee keer soveel vroue en kinders in die Suid-Afrikaanse Oorlog dood is as die aantal soldate wat op die slagveld dood is. Swart en wit ma’s, en veral hulle kinders, het soos vlieë in die konsentrasiekampe omgekom …”

Volgens Mthethwa het die 114 konsentrasiekampe bestaan uit 65 kampe vir swart mense en 49 vir wit mense en is daar nagenoeg 285 089 mense, hoofsaaklik vroue en kinders, in die kampe aangehou. Mthethwa het gesê daar was 140 154 mense in die wit kampe en 144 944 mense in die swart kampe. “Volgens revisionistiese historici het ongeveer 51 927 mense in die kampe gesterf, waarvan 27 927 in die wit kampe en 24 000 in die kampe vir swart Suid-Afrikaners was. Baie van hulle was kinders.”

Mthethwa het tydens die geleentheid ʼn gedenkplaat onthul wat die name van wit en swart Suid-Afrikaners bevat wat in die konsentrasiekampe dood is. “Ons gee hierdie mense se waardigheid vir hulle terug, herstel hul aansien en erken hul lyding. Ons moet aandring op die erkenning van gedeelde simbole en waardes; en die bevordering van ‘n landwye bewuswording van trots Suid-Afrikaans wees.”

Mthethwa het ook bekend gemaak dat die museum voortaan as die Suid-Afrikaanse Oorlogmuseum bekend sal staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

mad man ·

nou wil ek weet wie is hy of wie het hom die reg gegee om name teverander soos hy lus kry

Dee ·

Dìt mal mannetjie, is maar net nòg ‘n naamsverandering. Hulle het ‘n fobie daaroor en sovceel van hulle wil graag self verantwoordelik wees vir die verandering van sommige name.

Rakker ·

Ag nee regtig!!!! So belaglik!!!! Dit WAS ‘n BOERE oorlog waarin BOERE dood is en BOER vroue in konsentrasie kampe gegooi is!!!!!!!!! Hul pas ook net die geskiedenis aan soos dit hul pas. Nog iets wat hul van die Boere wil wegneem!!!! En voel hul nou beter oor hulself??? Na meer as 100 jaar nou ewe skielik die nuwe navorsing? Deur wie nogal “uitgedink ” wonder ek? belaglik!!!!!!

Paul ·

Nee, dit was nie die Boere se oorlog nie. Dit was die Engelse wat kom oorlog maak het met die doel om ‘n “verenigde Suid-Afrika” daar te stel. Dus dink ek die naam “Suid-Afrikaanse Oorlog” is heel gepas, hoewel vir ‘n ander rede as waarom die minister dit verkies.

Leendert van Oostrum ·

Nee, dis die Engelse Oorlog, of the 2de Engelse Oorlog.

(Die Ingelse noem dit die “South African War”.)

Cassie ·

dit was n oorlog om die Boere republieke tot niet te maak daar was geen aanslag op die Afrikaner nie dit was suiwer teen die boere en die klomp kaapse rebelle wat saam die boere op gestaan het die swart beveling wat in die slag gebly het was die wat die boere goed gesind was. Hier is n misdaad teen die mensdom gepleeg en die voorloper van Hiotler se doen en late en tog praat niemand n word daar oor nie want die moordenaars was britte

Paul ·

Tydens die oorlog was daar nog nie eens ‘n plek met die naam Suid Afrika nie. Die enigste geskikte name is Die Engelse Oorlog omdat die Engelse die aggressors was wat die goud kom steel het of andersins die donkiejare lank aanvaarde naam Die Anglo-Boere Oorlog omdat die Boere hulself verweer het teen die Engelse aggresor/rowerbende. Daar was 100,000 swartes in Britse uniform wat teen die Boere geveg het en ons vroue en dogters vermoor en verkrag het, dus verbeur hulle enige erkenning vir hul rol ten gunste van die land.

Rietrot ·

In die Geskiedenis boeke sal Anglo-Boere oorlog bly. Almal kan dit “google”.

Elbie ·

Pateties! Hulle gaan seker een of ander tyd die land se naam wil verander.. rerig belaglik anc!

anna ·

die arme siel het niks anders om te doen as om dom idees uit te dink nie. jy kan nie gesk of die naam ooit verander nie. die siel weet dit nie en sal dit ook nooit weet of verstaan nie al staan hy op sy kop.

Aré ·

Die wonderlike ding van die Geskiedenis is dat soos navorsing vorder die siening oor baie dinge verander. Die feit is dat beide wit EN swart mense gesterf het. Waarvan die meeste kinders en vroue was. Dankie tog alle kant word nou vertel.

L Churr ·

Die feit dat swart en wit in kampe was, is al lankal bekend. Dit het nie ‘n naams veranderng nodig nie. Tensy nie almal op hoogte van geskiedenis is nie?

chrisp ·

Are
Nee wat dink nou mooi .
Waaroor het die oorlog gegaan en teen wie het die Engelse met hul handperde dws Skotte,Australie,Kanadese ens kom veg?
Aangesien daar ook Australiers,Kanadese,Skotte ens dood is in die oorlog, moet ons dit nie nou dalk die Anglo-Boere-Kanadese-Skotse-Australiaanse ens oorlog noem nie?

Dalk is almal nou gelukkig.

pop ·

Daar het ook baie swart mense omgekom. En saam baklei. Dit was ook n ander kaliber swart en wit as nou. Die haat het eers later begin broei en groei na wat dit nou is. As daar nooit n apartheid was nie het ons nie nou die vrugte gepluk daarvan nie.

RSA ·

hoor jy wat jy se?
jy klink nou nes zuma, apartheid,apartheid, bla bla bla

Catryn ·

oorlog was nie teen die swartes nie, swartes in die land het hulp verleen aan die Boere TEEN Engelse wat die oorlog begin het … net soos in Sirie bied baie Sirie hulp, bly dit steeds ‘n oorlog in Sirie. Omdat Putin nou daar is, maak dit nie van hulle ‘n Russiese oorlog nie. Daar is ook ander 2/3 oorloe, wat se name nie verander is nie, hoekom nie, net die van die Boere. Daar was ook ‘n Anglo Zulu oorlog en ander Mfecane…. SA het in elk geval eers in 1910 sy naam gekry, so hoe kan dit ‘n SA oorlog wees? as naam nog nie eers bestaan het nie.

Larissa ·

Ja, die swartes het gehelp. Maar dit was nie hulle oorlog nie. Die geveg was tussen die ENGELSE en die BOERE, vandaar die Anglo(Engels) -Boere oorlog. Die “Suid-Afrikaanse” oorlog impliseer n Burger Oorlog, wat dit beslis nie was nie.

Madeleine ·

My seun het al die jaar dit as die SA oorlog geleer in MSW graad 9. Dis glad nie nuwe naam vir die Boere Oorlog nie.

Akram ·

Genugtig. Wat is volgende? dalk moet die nuwe naam wees” noorde teen die suide” die klomp het mos van die noorde afgekom suid afrika toe. dit klink dalk meer gepas. britte skotte kanadese. My beskeie opinie.

John ·

Wil iemand vir my asseblief se, hoekom die swartes deur die Engelse aangehou en uitgeroei is? Hulle was dan nie die Britte goedgesind nie daarby was die hele aksie van Brittanje dan juis daarop gemik om die swartes te help om hulle land terug te kry. Daar is wel een Engelse woord waarvan ek hou omdat dit presies se wat dit wil se, naamlik ‘history’; ‘his story’; die ‘waarheid’ so subjektief as wat kan kom. So gepraat van die Britte wat nou so vroom geskok grootoog trek vir die wrede aanslag van ISIS. Destyds tydens hul oorloe teen die Boere was TV nog nie beskikbaar nie en Suid-Afrika ver weg van Europa. Min inligting oor die ware stand van sake het die buitewereld bereik. Die absolute wrede aanslag van die Kakies staan nie terug vir die’ van die Islamitiese Swartvlagdraers nie. Ek wonder hoe die Britte sal reageer as ISIS glasstukke met hul suiker sou meng soos dit destyds in die konsentrasiekampe die geval was. Opium is ook deur die Britte op sluwe wyse gebruik om toegang tot die Ooste te verkry. Inderwaarheid het baie Europese nasies wat nou so hul hand voor die mond slaan oor die wreedhede van terroriste-groepe niks om op te roem nie. Duitsland is nog een; lampkappe van afgeskilde Jode se vel …en …

Catryn ·

John, 10 uit 10 vir jou. Dat ‘n BRITSE vrou , Emily , ons tot hulp gesnel het teen haar eie volk se mishandeling in konsentrasiekampe, die afbrand van veld en voedsel, en daar was ander lande wat ook die Britte destyds gehelp het, nie net sekere swartes nie. Gaan lees gerus outobiografie van Sir Graaff hoe hy die BOERE se vee gesteel het en dan het hy dit gevries, bemark en groot geld uit die boere gemaak destyds, dan verkoop hy die “vee” wat hy gesteel het, weer terug aan die boere vir kos. Sies en dan roem hulle hul is mense. Wonder wie betaal vir die ekskursie van ‘n naamsverandering.

Johann Basson ·

In Adelaide, Australië, is daar ‘n standbeeld van ‘n soldaat op ‘n perd ter herinnering aan die etlik duisende Australiese soldate wat aan die “South African War” deelgeneem het.

As gebore en getoë Afrikaner in murg en been reken ek, gebaseer op historiese feite en nie emosies nie, dat die oorlog inderdaad die Suid-Afrikaanse oorlog genoem moet word.

Ons as Suid-Afrikaners se grootse uitdaging vir vrede en welvaart is om as nasie op handelsgebied wêreldkompeteerbaar te wees. Die alternatief is toenemende armoede, sosiale onrus, kriminaliteit en die soeke na sondebokke vir ons oneffektiwiteite en ondoeltreffendhede.

Gerhard Kleijn ·

Ja en dit is reg vir Australi”e, wat teen SA oorlog gevoer het, om van die ‘ South African War’ te praat. Net soos dit reg is vir Suid-Afrikaners om van die Engelse oorlog te praat. Dis tog ‘n eenvoudige geskiedkundige beginsel.

Johann Steyn ·

Verstaanbaar, maar miskien moet dit eerder dan die Anglo-South African war genoem word. Ek voel nie gemaklik dat die Britte se deelname sommer net so met ‘n nuwe naam wegraak nie. Hulle het hier kom oorlog maak, hulle naam moet daaraan verbind word nig steeds. Hulle kan dit die South African war noem, want dis wat dit was.

Catryn ·

Suid-Afrika het nog nie bestaan nie, dus, hoe kan SA daaraan gevoeg word. Dit was nie ‘n SA oorlog nie, maar die Engelse met die twee Boere republieke. Wat van die Mfecane, 1785… en die Anglo Zulu in 1879, oooo en daar was niemand anders hierby betrokke nie… sal aangevoer word. Daar was nog geen SA nie.

Tdw ·

Jammer PJ en RSA. My kommentaar voldoen seker nie aan die bepalings en voorwaardes van Maroela media nie.
Mens mag glad nie die Afrikaners waarsku van wat werklik die regering se agenda is nie. Hierdie is nie vrye media nie. Hierdie is media onderdrukking.

Gerhard Kleijn ·

Engeland kan van die Suid-Afrikaanse oorlog praat. Vir Suid-Afrikaners behoort dit die Engelse oorlog te wees. Dit was met alle oorlo”e nog altyd die norm.

A.Willemse ·

My oupa het vir my gesê dat die naam wat jy daardie oorlog noem sê wie jy is. Ons het teen die Engelse oorlog gemaak en noem dit die Engelse oorlog, of die vryheidsoorlog. Die joiners het teen die Boere geveg en noem dit die Boereoorlog, die kapenaars wou niemand help nie en noem dit die Anglo-Boereoorlog en die Johannesburgers noem dit die Boorwar nou het die Engelse die swartes oortuig dat hulle teen South Africa geveg het.

Rooijan ·

Baie goed die minister en sy helpers het gedink hulle is slim maar nou het hulle almweer gewys hulle verstaan nie eintlik engels of enige taal en geskiedskrywing nie. So jy is reg die swartmense het eintlik teen Suid Afrika geveg so hulle moet dit die Suid Afrikaanse oorlog noem. Die vwan ons wat weet waaroor dit eintlik gegaan het weet dit was die engelse of eintlik die eerste en tweede vryheids oorloë. En die ANC regering kan probeer soveel hulle wil hulle sal nooit genoeg feite kry om te wys hoe moedig swart mense teen die engelse baklei het nie want dit bestaan nie.

Veldmuis ·

Dit behoort nie betwyfel te word dat daar konsentrasie kampe vir swart en wit was nie. Die oorlog was die geweldsdaad van geld en magshonger kolonialiste, lees Engelse. Hulle het grond wederegtelik sonder onderhandeling aan hulself toegewys terwille van minerale rykdom en belastings wat gehef kon word. Toe die burgers ,almal wat die land hulle s’n genoem het, verset daarteen is alles verskroei wat tussen Die Engelse en hul doelwit was. Dit was nie ‘n interne Suid-Afrikaanse oorlog nie, maar ‘n oorlog wat hier plaasgevind het. Waar die agressor vanuit die Engelse kolonies gekom het en dit het almal in die land geraak. Dit is dus na my opinie sinneloos om dit die Suid-Afrikaanse oorlog te noem terloops het die regering al met Engeland onderhandel oor die naamsverandering in hulle verwysings en geskiedenis boeke. Wat word die bos oorlog tans genoem?

Dit is ook ‘n welom bekende feit dat Suid-Afrikaanse geskiedenis so ietwat van ‘n politieke wan-klankie gekry het en dat handboeke en vrastelle deurtrek is van taal foute.

As daar dan ‘n probleem met die naam was hoekom nie in gesprek tree met belanghebbendes nie. Daar kon dan miskien na ‘n meer sal ons se gematigde naam gesoek word iets soos Suid-Afrikaanse Anglo Burger oorlog. Want die Engelse het teen omtrent elke onafhanklik denkende land oorlog gemaak.

Dis maar net my opinie

Clive ·

Hy hardloop die storie vooruit………die Suid Afrikaanse oorlog kom nog……

Chris Pretorius ·

Dit was g’n ‘Boere-oorlog’ nie, want die Boere het nie op mekaar begin skiet nie. ‘Anglo-Boere-oorlog’ is baie meer gepas. Niks wat gese of afgekondig word deur enigeen sal ooit daardie benaming in die letterlik duisende boeke, geskrifte en manuskripte oor daardie oorlog kan verander nie.

Gertjie ·

65 Swart en 49 wit konsentrasiekampe.
Waar kry hy die inligting vandaan????
Hoekom sê hy nie liewer 180 swart en 1 wit kamp nie!!
Die ANC sal in die geskiedenisboeke onthou word as die korrupste regeering. Punt…

Izzy ·

Gaan google 1899-1902. Omtrent al die opskrifte lui ‘Boer War’ of ‘Anglo Boer war’.Duidelik het die res van die wereld nie dieselfde navorsers gebruik om inligting te verkry, as minister Mthethwa – aangesien hulle glo dat dit ‘n geveg was wat grootendeels tussen die boere en die Britte was.

deon ·

Wie het nou weer teen die engelse baklei, en watter hoofman het vrede bewerkstellig? Sorry maar my gesliedenis is biekie vaag

GES ·

Hulle (cANCer) self kan nie eens ‘n storm in ‘n teekoppie ontketen nie, maar wil nou die ABO skaak om beter te probeer lyk. Miskien moet die minister net herhinder word dat sy mense maar net die agterryers was gedurende die oorlog.

LM ·

Daar staan hy, netjies aangetrek en gesond, en al waarmee hy homself kan besig hou is om die verlede te probeer verander. Minister Mthethwa, werk bietjie om iets konstruktief en oorspronkliks te skep. Jy hoef nie te probeer om ‘n woordvoerder te wees vir die voorsate nie, dis diegene wat nóu lewe wat jou moeite verdien.

Ina ·

Wow!!! Wat ‘n grap. Die patetiese arrogansie en ’embesilistiese uitlatings en verkragting van die geskiedenis.

Frik Lotz ·

Tipies van die ANC. Probeer als van die Afrikaner vernietig. Dankie aan VF Plus dat hul opstaan vir ons geskiedenis en erfenis. Die DA is soos gewoonlik doodstil en sê nie n dooie woord nie. Duidelik n ANC-lite!

George in Bloem ·

Hoe pateties en lagwekkend. Nou is nie eers die geskiedenis meer veilig nie.

AS ·

Nou wonder ek net….., wat van die Anglo-Zulu oorlog? Min van ons het van die oorlog op skool geleer – en dit het apart van die Anglo-Boere oorlog plaasgevind. Wonder nou maar net of daardie naam ook gaan verander word?

Jaco ·

Wag nou net so bietjie….beteken dit dan nou, dat wanneer die regering die oorlog se naam verander, sodat swart mense wat tydens die oorlog gedien het, ook nou erkenning kan kry – dan kan die swart mense ook mos vir die Anglo Boereoorlog-medalje (ABO) kwalifiseer….en dus, kan ek namens my oupa grootjie wat nog nooit sy medlaje gekry het nie, aansoek doen daarvoor sodat hy die nodige erkenning en krediet kan kry? Die regering reik sedert 1982 nie meer ABO’s uit nie maar daar is nog 1000e wat nog nooit hulle medlajes postumus ontvang het nie

Rietrot ·

Die mense wil so graag iets wees tot almal se verdriet. Kyk maar na advertensies op T.V.

Phillip ·

The facts are not quite correct…there were 36000 White woman and children that died in the concentration camps..en as hulle daai balangerike gedeelte verkeerd kry, hoe kan ons die res van die syfers glo.?

Pieter ·

Ag dis snaaks so hoekom noem hy dit nie net “The black and wbite war” nie of the ANC war want als hoort mos skielik aan hulle…

Estelle Piek ·

Dit is baie belangrik om jouself van die ware feite van die spesifieke oorlog in detail te vergewis.
As jy nie kennis dra nie, lees op daaroor in argiewe uit daardie tyd.
Baie swart mense is na konsentrasiekampe geneem en in haglike toestande. Waarom dit ontken?
Hulle het gehelp aan Boere se kant en moes dus gevangene geneem word. Swart soldate aan Engels kant was daar ook maar dit het elke mens beinvloed in ons land.
En Maroela Media, hou op met propaganda. Ware feite geboekstaaf deur navorsing, nie sensasie nie.

Catryn ·

Niemand het enige konsentrasiekampe van swartes ontken nie, dit gaan oor ‘n naamsverandering van die Anglo Boere oorlog , nie oor konsentrasiekampe nie.

Dis goed as Maroela Media, ook bietjie mense aan die ore beet het, hulle moet dit net soms van albei kante af bekyk en van albei kante af rapporteer, dis hoe mens ‘n onafhanklike storie oplees. Daar is altyd twee kante , of selfs drie. Goeie werk Maroela, ek hou daarvan.

As die Britte regtig eerlik was, net soos vandag se regering, sal hulle name en vanne aanteken wie en wanneer gesterf en wie het wie vermoor. Beide het dit nie gedoen nie. Nie die Britte nie en ook nie die huidige ANC regering nie. Baie weet nie eers as hul families vermink en dood is nie.

Johannes Meintjes ·

Kul jou hier, kul jou daar en siedaar … die volk sug wereens bloot;- amen!

Dennis ·

Nathi, jou brein moet kleiner as ‘n ertjie wees, Ek dink daar is meer morone in die ANC wat verder as jy kan dink.
Hou op om die geskiedenis te probeer verander. Jy mors jou tyd en energie. Doen liewers jou werk waarvoor Zuma jou en sy trawante betaal.

AP van Schalkwyk ·

Die Boereoorlog het plaasgevind.
Swart mense het saam met die Boere geveg
Swart mense het saam met die Engelse geveg
Meer vroue en kinders het in konsentrasie kampe gesterf as vegtendes
Bogenoemde is die waarheid!!!!! en gegrond op ware feite
Wat jy nou die oorlog wil noem maak nie saak nie, want dit was n hartskeurende tydperk in ons geskiedenis
Maar wat van die Broederbonders wat die wit bevolking uitverkoop het en dit was deur die meerderheid by die stembus goeggekeur

Catryn ·

Ek stem 100% saam jou hieroor. Daar is nog ander oorloe voor 1910, hoekom is net die “Boere oorlog” verander. Die Zulu en ander oorloe, is nie genoem of ter sprake nie. Dus het jy ook n naam genoem wie sit werklik hieragter …. Ruiterwag en Broederbond het nie verniet die REGSTAAT in SA laat aangaan nie. Niks het De Klerk gestop om in 1993 die Ingonyama Trust te teken, daarna is daar 11 etniese Trustgebiede verklaar, is net ons wat niks het nie, De Klerk BB wou niks weet vir ons selfbeskikking nie. Wonder hoekom?

Santie Nel ·

As ek die storie so kyk, word ek sommer bang. Wanneer besluit HULLE dat ons Afrikaanse persoonlike name moet verander na iets onuitspreekbaar of onspelbaar. . . . . . . . . de maar net.
Scary…………………………

Catryn ·

Dis sommer lekker ‘n spul twak wat die minister kwytraak. Suid-Afrika het nog nie eers bestaan tydens die Boere oorloe nie. Dis ongehoord dat mens iets geskiedkundig verander om hulle te pas. Suid-Afrika het eers haar naam in 1910 (unie) en in 1961 (republiek). Voor dit was dit deel van die Britse “empire” en die twee gebiede waarteen oorlog gemaak is, was die twee onafhanklike Boererepublieke. Nog niemand het ontken dat daar ander partye is, nes in enige ander oorlog, wat hulp verleen nie. Sirie maak vir jare nie alleen oorlog nie en help ander, terwyl dit as die Siriese oorlog bekend sal staan.

Die swartes wat oorlog gemaak het voor 1830, was OOK in hierdie gebiede gelee, dit was weer eens nie alle bevolkingsgroepe wat oorlog teen mekaar gemaak het nie, maar die zulu’s het baie teen die ander baklei en doodgemaak.

Mfecane, ( Zulu: “The Crushing”) , Sotho Difaqane, series of Zulu and other Nguni wars and forced migrations of the second and third decades of the 19th century that changed the demographic, social, and political configuration of southern and central Africa and parts of eastern Africa. The Mfecane was set in motion by the rise of the Zulu military kingdom under Shaka (c. 1787–1828), who revolutionized Nguni warfare. The rise of Shaka’s kingdom, which took place during a time of drought and social unrest, was itself part of a wider process of state formation in southeastern Africa,

As die minister verder gaan, sal hy ook sien daar was OOK ‘n ANGLO Zulu oorlog wat ook met die Britte gevoer was. 1879.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.