Minister gee redes vir Mugabe se diplomatieke immuniteit

Grace Mugabe. Foto: (AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi, File)

Baleka Mbete, speaker van die nasionale vergadering, het ʼn brief van Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, ontvang waarin redes uiteengesit word waarom daar besluit is om diplomatieke immuniteit aan Zimbabwe se presidentsvrou, Grace Mugabe, toe te staan.

Die redes in die brief sluit onder meer in “Suid-Afrika se verhoudinge met die state in die streek, veral Zimbabwe, sowel as die behoefte om ʼn suksesvolle aanbieding van die SAOG-beraad te verseker”.

Nkoane-Mashabane het bygevoeg: “Ek moes ook die reël van internasionale wetgewing oorweeg wat voorsiening maak vir afgeleide immuniteit van gades van staatshoofde. Dit was ʼn moeilike besluit maar een wat, wanneer alles in ag geneem word, uitgevoer moes word,” het sy afgesluit.

Die parlement het in ʼn verklaring gesê die brief sal aan al die politieke partye en die portefeuljekomitee oor internasionale betrekkinge en samewerking gestuur word wat moontlik kan besluit om die minister te ontbied om haar besluit te bespreek.

Gabriella Engels beweer dat Zimbabwe se presidentsvrou, Grace Mugabe, haar aangerand het. Foto: ANA

Maroela Media het vroeër berig diplomatieke immuniteit is aan Mugabe toegestaan nadat Gabriella Engels (20), ʼn model van Johannesburg, beweer het Mugabe het haar in ʼn hotel in Sandton aangerand nadat sy Engels in die geselskap van haar twee seuns aangetref het. Engels het ʼn aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer teen Mugabe aanhangig gemaak.

Die besluit om diplomatieke immuniteit aan Mugabe toe te staan en haar toe te laat om Suid-Afrika te verlaat, het wyd opslae gemaak. Die DA het gesê ʼn parlementêre ondersoek moet gedoen word oor “die regering se medepligtigheid om toe te laat dat [Mugabe] in die middel van die nag uit die land vlug om strafregtelike vervolging vry te spring”.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het vroeër gesê diplomatieke immuniteit is aan Mugabe toegestaan op grond van artikel 7(2) van die Wet op Diplomatieke Immuniteit en Voorregte. Volgens die wet kan die minister immuniteit en voorregte aan ʼn persoon of organisasie toestaan as dit in die beste belang van Suid-Afrika is.

ʼn Senior beampte in die departement het Donderdag gesê die parlement het geen spesifieke rol in die saak gespeel nie en beskou die saak as afgehandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Loeis ·

Net gister was daar ‘n artikel waarin Ramaphosa aangehaal word dat niemand bo die reg verhewe is nie. Wat natuurlik twak is. Dit is nie hoe dit met die elite in Afrika werk nie.

Dan ·

Grootste klomp bog denkbaar! Maar die KFC ouens mag nie eens borg kry nie.

Barnard ·

Daar is nie woorde vir die korrupte spul nie.Die wiel draai al is dit stadig….

Garath ·

As Mugabe se vrou nie immuniteit gekry het nie, was daar oorlog tussen ZIM en RSA. Een wat die RSA nie kon wen nie. Hoe is daardie vir ‘n conspiracy theory?

Edward Shawe ·

Diplomatieke umuniteit mag wel teruggetrek word. Went die saak na die konstitutionele hof.

Tiger ·

Die anc regime doen net hy wil.Hulle lag almal uit wat hom kritiseer.Dis Afrika kultuur.

Edward Shawe ·

Diplomatieke umuniteit kan teruggetrek word. Went die saak na die konstitutionele hof.

marous ·

Die abare “verwroegte besluit minister ” moet nou verduidelik hoe die dame se diplomatieke status vir volgende besoeke geraak gaan word. Mag sy nou maar terugkom en soos ‘n krimineel tekere gaan sonder enige gevolge?

Afrikaanse Knaap ·

Soos Animal Farm sê:”All animals are equal. But some animals are more equal than others.”

M ·

Geld kom voor geregtigheid. Dit is nou die einste anc wat kamtig so hard baklei het vir geregtigheid

Vryheid ·

Daar is meer zimbabwiers in Suid Afrika as in hul eie land. Wees verseker die minderheid sal nooit die meerderheid oorheers nie, nie weer in Afrika nie.

Johanna Botha ·

Sy was blykbaar in Benoni gebore…was self verbaas toe ek dit verneem

Blits ·

MSN news het in n berug gesê dat daar lank voor die besluit op diplomatic immunity toe gestaan sou word, was daar alreeds aan grace en robert gewaarborg dat sy dit sal kry, die hele bespreeking om die kwessie was net n rookskerm om die besluit te regverdig.

En ja sy sal nou sorg dat sy diplomatic immunity het elke keer voor sy SA toe gaan kom al is dit op privaat besoeke wat maak dat sy kan tekere gaan soos n mal ding sonder vervolging.

wat basies vir ons gesê word is dat die betrekkinge tussen SA en n land wat n 0 op n kontrak is baie belangrikker is as SA se mense, Wat kan ZIm SA bied behalwe onwettige imigrante en moord en diefstal???? NET MOOI NIKS, ons verskaf aan ZIM elektrisiteit helfte goedkoper as wat ons self vir dit betaal, ons verskap brandstof ook teen die helfte van die prys as wat ons betaal en mieleis en nogmeer, maar ons kry niks van ZIM af nie omdat robert en sy trawante alles op gehel het in ZIM. so tot wie se voordeel is die besluit op diplomatic imminity?? Beslis nie op SA nie

MM plaas dit

Myni ·

Grootste klomp nonsens wat my oë nóg gelees het. Watse positiewe belange kan SA tog uit Zimbabwe verkry t.o.v sy landsburgers??? Van n plek (Zimbabwe) se president wat wit mense haat en nie eers n geheim daarvan maak nie. Dis die openlikste optrede van kommunisme. Hulle is voëls van eenderse vere. Die land moet nou begin tot n val kom en klaar kry, sodat ons maar kan aangaan met wat ookal oor is want alles is al deur die agterent van die SA Government getrek.

Theresa B ·

Stem saam met julle. Dis SO belaglik. Hulle hou maar net aan doen wat hulle wil.
What ever………….!!!

botterblommetjie ·

Kan nogal verstaan hoekom hulle dit toegelaat het… maar wat gaan die regering doen om Engels te vergoed? Ek voel sy is haar loopbaan kwyt weens ‘n politieke besluit. Voel tog sy moet vergoed word…

SjN ·

Dit was so n belangrike besluit dat die opstel datum van die brief en die datum van ondertekening met n dag vervroeg is.

Henk ·

Dis eenvoudig, hulle moes net gese het dat die ANC bendeleiers die waardes en respek vir hulle mede bendeleiers uit ander lande, hoer ag as die menseregte van die inwoners van hierdie land. En die inwoners van hierdie piesangrepubliek moet besef dat HULLE die dwase is wat hierdie bende leiers instem, jaar vir jaar!

Pos my ·

Ek wens die regering wil so paar miljoen beskikbaar stel om die individue wat wil emigreer “finansier” om hulle in staat te stel om so te doen. Ek sal eerste in die ry staan vir die befondsing. Dit sal beter wees vir my siel en geestelike welstand om nie in Afrika te bly nie.

Dirk ·

Nou kry ek n groot wonder. As sy dan nou self n drag slae gekry het en so gelyk het…. wat sou dan gebeur het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.