Minister gekap ná aankondiging oor hulp aan boere

Minister Thoko Didiza. (Foto: GCIS)

Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het onder skoot gekom ná haar aankondiging dié naweek oor die getal boere wat finansiële hulp ontvang uit die staat se landbourampbestuursfonds.

Didiza het bekend gemaak dat 55 155 kleinboere aansoek gedoen het om finansiële hulp van wie 15 036 se aansoeke ter bedrae van R500 miljoen reeds goedgekeur is.

TLU SA beskuldig Didiza nou daarvan dat haar departement slegs hulp vir bestaansboere aanbied wat hoofsaaklik ANC-ondersteuners is.

“As die doel is om voedselproduksie in die land te verseker, moet haar departement ook kommersiële boere help wat effektief verantwoordelik is vir Suid-Afrika se voedselsekuriteit,” het Louis Meintjes, die president van TLU SA, Maandag in ʼn verklaring gesê.

Maroela Media het vroeër berig die departement het vroeër R1,2 miljard deur die Covid-19-landbourampbestuursfonds bewillig om veral kleiner boere te help om te midde van die ekonomiese krisis staande te bly. Boere met ʼn omset van tussen R50 000 en R1 miljoen per jaar kon aansoek doen om hulp.

Argieffoto (Foto: AfriForum)

Volgens Meintjes dra die aantal kleinboere wat tot dusver vir dié hulp goedgekeur is, slegs tot 1,9% van die nasionale kosmandjie by. “Minister Didiza se verklaring dat dié finansiële steun voedselproduksie moet verseker, is dus ʼn blatante leuen,” meen Meintjes.

Die VF Plus het op sy beurt die minister gekap omdat droogtehulp aan kommersiële boere nie meer aandag van die departement geniet nie.

“Die departement van landbou hou hom besig met lippetaal en skenk nie genoegsame aandag aan Suid-Afrika se huidige en toekomstige voedselsekuriteit nie,” het Tammy Breedt, LP en woordvoerder van die VF Plus, in ʼn verklaring gesê.

Breedt het benadruk dat Suid-Afrika in Maart vanjaar as ’n amptelike droogte-rampgebied geklassifiseer is. Die party voer nou aan dat beloftes ten opsigte van ʼn plan oor ʼn finansiële inspuiting en droogtehulp aan boere nog nie gerealiseer het nie.

“Die effek van die droogte op Suid-Afrika het nie verdwyn met die aankoms van die Covid-19-pandemie nie. Die probleme wat geheers het voor die uitbreking van die virus behoort te midde van die afsondering steeds prioriteit te geniet,” het Breedt gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Tino ·

Sosialiste gaan lekker honger wees binnekort maar bestaans boer ry ‘n lekker nuwe bakkie. cANCer se idee van opheffing. Versmoor die een wat bydrae en betaal die een wat niks doen vir die land nie.

Puik julle!

Wondermaarnet ·

Versmoor die een wat die pap supply waarvan hulle nie genoeg kan vreet nie.

SomeOne ·

die regering dwing ons wit boere en al die wittes wat waardes het om terug te keer na voor 1994, alle tekens wys daarop

Wondermaarnet ·

Ek help in elk geval slegs wit mense. Ek betaal belasting en sorg so vir die ander wat ek eerder weg wens. Met die res van my salaris kan ek wit mense help en het ek ‘n keuse wat ek met my geld wil maak.

Kokerboom ·

Bestaansboere is wat die term bedoel: BESTAAN. Te veel klem word gele op die tipe boerdery en kommersiele boedery is die afskeepkind. Laasgenoemde is die spens van die land en dis hoog tyd dat die sektor die aandag en finansiele hulp kry wat dit toekom. Dis die sektor wat die dorpe en stede van broodnodige voedsel voorsien. Dis die sektor wat die nodige voedselsekerheid daar kan stel. Dis NOU tyd dat die staat sy politieke twak los en ophou diskrimineer op grond van ras( erken daar is swart kommersiele boere) en die sektor die krediet gee wat dit toekom. Indien nie is invoere gepaardgaande met waardevolle valutaverliese ons voorland. Bestaansboere moet saamgevoeg word om sinvolle ekonomiese eenhede wat positief bydra tot voedselsekerheid daar te stel. Stop die mite dat elkeen ‘n stukkie grond (behalwe erwe) kan besit en boonop verniet kry. Dit erodeer beskikbare goeie gronde vir voedselproduksie en laat ‘n nasie hongerly!!RSA Staat: word wakker en realisties!!!

Marius ·

Dit is agv sulke belaglike stellings sat ek myself nie n sent gee vir enige donasie wat met die regering te doen het nie . Hulle baie vinnig om bakhand te staan en bedel by wit mense maar vra die wit mense vir hulp is dit net die regering en sy mense wat gehelp word . Nou vra ek , WAT NOU????

Willem ·

Daar is nie n manier wat hulle n sent van my af kry ook vir enige donasie nie I am very sorry.

Isabella ·

Wat nou…ons gan ons eie huise skoonmaak en begin om vr ons eie mense te sorg …weer terug keer na Christelike beginsels wegdraai van sonde en di Here weer dien Sondae is rusdag en Kerk toe gan …di vaders in elke huis weer hul priesterskap optel en sy huis regeer soos ons voorvaders
Ons enigste behoud is nou om di Here weer te aanbid in Gees en Waarheid want Hy sal ons hieruit lei …kyk op en sien Sy groot Genade

Jakes ·

Die klomp reken mos P&P se rakke is vol….die boere het niks daarmee te does nie…….jy kan nie met n idioot redeneer nie.

Jan ·

15 000 boere kry elk 10 000 Rand die res gaan na die ministers

Willem ·

Kom ons maak vrede daar mee die regering is besig om hulle sin te kry waarna hulle streef al.sedert 1994, demokrasie bestaan nie en outokrasie kry die oorhand.

Jan ·

Daar moet vrede gemaak word dat hierdie pandemie deur die ANC gebruik word om Radikale Ekonomiese Transformasie vir eens en altyd te vestig. Die President se dit in elkeen van sy toesprake. Die BEE wetgewing is inplek om dit te ondersteun. Gevolglik is dit futiel om die howe daaroor te nader.

Kanjynoumeer ·

Praat van staatsverval en algehele mislukking!
Daar kan net gekyk word na ons buurland Zimbabwe hoe hulle boerdery sake gehanteer het. Hongersnood en algehele ekonomiese verval, maar steeds leer Suid-Afrika nie uit sy buurman se foute nie. Nou vra ek, wat nou gemaak met sulke leiers wat swak besluite neem!?

Xain ·

Tot nou toe het ek stil gebly oor wat nou in die land aangaan, maar mens kan ook net soveel vat. Hoekom is die regering nou besig om duidelik en openlik die streep tussen wit en swart te trek?

marius ·

Al dekades terug getrek . Dit word nou blatant uitgevoer .

marius ·

Gaan neem fotos van elke een wat aansoek doen vir hulp se plaas . As die bossies ouer is as 3 maande kry hulle ‘n rekening .

Fedup ·

She like the circus government believe you get everything from pick&pay and checkers. The day they realise we all are depending on farmers to eat, will be too late.

PieterP ·

Goed, al wat boer is moet nou maar inval by die Macadamia uitvoer mark en elke ander mark wat net vir uitvoer boer. Dan raak ons almal maar bestaansboere. Boere hou op skenk vir die regering se voedselskemas en maak julle pryse buitensporig as hulle dit van julle wil koop want die kunsmis, gif diesel ens. se pryse en die huur ban die lande wat aan die plaas betaal moet word het so opgegaan…. Hello Zimbabwe.

Eerlik ·

Ek het nie meer woorde nie, hierdie rassisme is geensins meer n geheim nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.