Minister gryp in by Overvaal

Minister Motshekga spreek leerders toe. Foto: @BalosangSanki/Twitter

Verskeie vergaderings het Maandag plaasgevind in verband met die situasie by die Hoërskool Overvaal in Vereeniging ná verlede week se betogings en geweld by die skool.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het die oggend met Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, en verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) en die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) vergader.

Die partye is later na die skool ná berigte dat daar weer betogings voor die skool is. Hierna is vergaderings gehou met die skool se personeel, leerders en ander groepe soos die EFF en die studenteorganisasie Cosas.

Motshekga het ná die vergaderings die media toegespreek en gesê hulle het nie die betogings en geweld buite die skool verwag na die hofuitspraak nie. Die hooggeregshof in Pretoria het beslis dat die skool nie 55 Engelssprekende leerders hoef in te neem nie.

“Dit is total onaanvaarbaar dat ʼn saak wat in die hof hoort na die skool gebring is. Daar moet nie geweld en ʼn gesing buite die skool wees nie. Ons doen ʼn beroep op almal om terug te staan. Hulle moet nie die geveg na die skool toe bring nie.”

Minister Motshekga en ander rolspelers spreek die media toe. Foto: @BalosangSanki/Twitter

Motshekga het gesê kinders het die reg om te leer en om beskerm te word. “Die proses moet toegelaat word om op ʼn ordelike en respekvolle manier te ontvou. Die oppergesag van die reg moet gerespekteer word. Ons wil niemand buite die skool sien nie en as mense ʼn probleem het sal ek alles los om hulle te ontmoet.”

Lesufi het intussen in ʼn verklaring bevestig dat die departement steeds van plan is om teen die hofuitspraak te appelleer. Hy het ʼn beroep op alle betrokkenes gedoen om kalm te bly en hul bekommernisse met sy kantoor op te neem.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het Dinsdagoggend gesê daar is ʼn groep betogers voor die skool, glo hoofsaaklik Sadtu-lede. “Hulle sing en dans voor die hoofhek maar daar was nog geen geweld nie. Die skool gaan voort met sy aktiwiteite.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Hans ·

Wat het sy verwag, hulle het dan in die hof gesê dit is wat hulle gaan doen. Gedink hulle gaan luister wanneer jy vir hulle sê nee jy mag nie, ag asb tog die klomp het geen ore nie want hul verstaan dan alle situasies verkeerd en luister elkgeval net vir wat hulle wil. Sy moes al laasjaar die probleem aangespreek het maar toe hou ons mos net party op party, niks gewerk nie.
Sies mense skaam julle.

Hendrik van George ·

Nogal self verbaas oor haar uitsprake… Lesufi bly egter die probleem – hy het nog altyd rassisme aangeblaas en nog niks gedoen om leerders se lot te verbeter nie.

Hendrik ·

Sy het niks spesiaal gedoen nie. Sy moet eerstens Lusufi uit sy pos gehaal het en hom vervang met ‘n bevoegde LUR wat iets weet van onderwys en wat nie probeer om sy politieke status te versterk nie. Ek sal nie verbaas wees as Lusufi uitwyk na die EFF nie.

Daan ·

Hoekom moet die skool wat deur afrikaanssprekende mense opgebou is gekaap word hoekom bou hulle nie n beter groter skool vir kinders wat in engels wil leer nie dit is pateties en bewys elke woord wat Presedent Trump sê oor Afrika.

Ann ·

Daan: Hulle het Vereeniging Hoër Tegniese Skool toegemaak en verander in Poenix High School omdat daar ‘n tekort aan Engelse skole is. Sover my kennis strek het Poenix baie plek vir nog kinders. Vereeniging het ook net 2 Afrikaanse Hoër skole naamlik Gimnasium Hoër en dan natuurlik Overvaal. Hulle gaan binnekort ook met die Laerskole begin want daar is nog 2 Afrikaanse skole oor. Al die ander skole is nou of dubbel medium of net engels. Weet rerig nie waar gaan ons, ons kinders moet gaan laat leer nie, ons taal word omtrent vertrap deesdae.

Hettie ·

Oo en toe word jy ook wakker ?
Hulle doen net wat hulle voorgesê word deur die agbare minister !

bea ·

Vir wat wil hulle in waar hulle nie kan nie, daar is baie ander skole!!!!en in ENGELS

Penellope Jones ·

Lusufi is die oorsaak en rede. Hy het met opset 55 kinders daar probeer indwing omdat hy geweet het dis ‘n Afrikaanse skool, dat die skool vol is en dat die EFF en andere gaan aanhits.
Hy het presies gekry waarvoor hy gehoop het.
Nou was hy sy hande in onskuld deur te se dat mense moenie kwaad word nie, hulle moet liewer na sy kantoor kom en hul griewe daar kom lug.

Ore ·

Stem 100% saam.Kyk maar na sy lyftaal,wil heeltyd stem dikmaak,

linda ·

ek gee dit 6 maande dan is daar engelse kinders in die skool

Elvira bothma ·

Dis n hof uitspraak Lesufi. JY het sekerlik ander werk om jou mee besig te hou as om tyd en geld te mors om te appelleer.

Janneman ·

“……..hulle sing en dans voor die hoofhek…..”

Die mense klink heel opgewek en vol blydskap :-)

Pitee ·

Angie vir president! Lefoesie sit daar stert tussen die bene. Sy tjank is behoorlik afgetrap!???

Chrisjan ·

Is dit nie onwettig om voor ‘n openbare skool te betoog nie? Help my asseblief reg indien ek verkeerd is.

Carolina ·

Met die geld wat al aan hofsake spandeer is om ideologie te dryf, kon lankal nuwe skole gebou word en meer onderwysers aangestel word. Skole staan leeg omdat ouers nie hulle kinders in daardie skole wil hê nie. Goeie skole word in verreweg meeste gevalle gedra deur ouers wat skoolfonds betaal – dis nie danksy staatssubsidies nie. Die dept moet eerder meer hulpbronne instoot in sukkelende en swak skole en hulle opbou. Mnr Lesufi se fokus is op die verkeerde plek . Ons is almal bekommerd oor die standaard van onderwys en is bereid om ons kant te bring, maar sy aanvallende styl nooi nie opbouende interaksies uit nie.

Oom Piet ·

Chrisjan vir sekere mense is niks onwettig nie, ons sien en lees daagliks daarvan.

Pik ·

En hoekom is hulle kinders in pvt skole as die land se skole so goed was sou ons geliewe minister mos sy kinders in regering skool gesit het ek dink hy moet maar n paar dae op daai skool banke gaan sit en kyk wat gaan hy wys word

ria ·

ek was nog altyd onder die indruk 1994 het gebeur vir ‘n beter toekoms vir ons kinders en kleinkinders wat ons toekoms is. nou wonder ek net, as die skoolhoofde geintimideer is, wie se die ouers was nie ook betaal om hierdie hele gedoente te begin nie? die ergste is dit waarvoor baklei is, nie realiseer nie, ons kinders kry net die verkeerde voorbeelde, (ons leer ons kinders jy werk vir dit wat jy wil he, nou is die nuwe voorbeeld, kom ons breek af en vernietig waarvoor ons nie gewerk het nie, dis human rights? iemand hier stel nie in die minste belang om hul huiswerk te doen nie, dit wat nou in die afgelope dae gebeur het vandat die skole begin het is net verkeerd op soveel terreine. dalk moet Lesufi en hierdie 55 leerlinge se ouers bietjie ondersoek word. hul doen hul kinders ‘n wrede onreg aan.

Adam ·

Agbare Minister, die eintlike probleem is dat die bevolking groei teen die spoed van wit lig en dat daar nie meer skole gebou word nie. Die beste advies sou wees om die kamerade te vra om op te hou om geld te mors en dit aan te wend vir die bou van skole. Baie envoudig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.