Minister het nie “wit oppasser” nodig nie

Faith Muthambi. Foto: GCIS

Faith Muthambi. Foto: GCIS

Faith Muthambi, minister van kommunikasie, het uitgevaar teen Gavin Davis, woordvoerder van die DA, nadat hy haar daarvan beskuldig het dat sy inmeng by die SAUK-raad.

“Die minister doen ‘n beroep op die agbare Davis om met selfbeheersing en verantwoordelikheid op te tree, soos vereis deur die eed wat hy geneem het, eerder as om ‘n openbare instelling in oneer te bring,” het haar kantoor in ‘n verklaring gesê.

Davis het Maandag in ʼn persverklaring aangevoer daar is ʼn “klimaat van paranoia, vrees en intimidasie by die SAUK onder Hlaudi Motsoeneng, waarnemende uitvoerende hoof”. Davis het Muthambi daarvan beskuldig dat sy te lank vat om ʼn nuwe uitvoerende hoof aan te stel.

Muthambi se kantoor het Davis daarvan beskuldig dat hy “onwaar beskuldigings” maak, wat “nog nooit in enige objektiewe en regverdige proses getoets is nie”. “Die vlak van detail, hoewel onwaar en onjuis, bied prima facie bewyse dat agbare Davis agter die skerms onwettig saamsweer met ‘n paar van die individue wie se belange hy voorgee om te beskerm.”

Die departement het Davis se tydsberekening bevraagteken, aangesien dit saamval met die “aanstelling van ʼn swart persoon aan die stuur van ‘n openbare instelling”. “Daarbenewens sal die minister nie toelaat dat ‘n persepsie geskep word dat indien jy ‘n swart vroulike minister is, jy ‘n wit manlike oppasser moet hê nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jan ·

Min. Faith Muthambi, ek glo Zuma het “faith” in jou(dalk iets anders ook), nie ek nie !

Theresa ·

Wonder wie is nou die rasis. Hoekom nie net “oppasser” nie. Moet dit nou “wit oppasser” wees. O skuus – vergeet. Hulle mag mos sê en doen wat hulle wil………………………….

Lillian ·

Faith, 3 van daai vet KFC vingers wys terug na jou toe …

Asjas ·

Ek maak kapsie teen die gebruik van die “w” woord! Dis rasisties! En daar word gediskrimineer teenoor my. Ek het GEEN kwalifikasies nie maar ek is nie die pos aangebied nie.

Dennis ·

Wit, Swart, Blou,Rooi, Pienk,!!!!!!! Kry net iemand om die werk te doen U Edele Minister

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.