Minister het nou 10 dae om regulasies te verander

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma. (Foto: GCIS)

Regter Norman Davis het die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, 10 dae kans gegee om van die vlak 3-regulasies te wysig.

Davis het Dlamini-Zuma ook verlof gegee om teen sy beslissing te appelleer wat die oorgrote meerderheid van die huidige vlak 3-regulasies ingevolge die Wet op Rampbestuur tersyde gestel het omdat dit ongrondwetlik is.

Die Liberty Fighters Network en sy president en stigter, Reyno de Beer, het Dlamini-Zuma hof toe geneem en Davis het op 2 Junie in die organisasie se guns beslis.

Die minister is toe 14 dae gegee om die regulasies aan te pas, maar sy het die hofbevel geïgnoreer en boonop laat aansoek gedoen om teen die uitspraak te appelleer. Die aansoek is wel gister toegestaan.

Volgens gister se uitspraak moet sekere regulasies wat ʼn duidelike gebrek aan rasionaliteit en grondwetlike nakoming toon, insluitend dié rondom begrafnisse, egter steeds binne tien dae hersien word.

Adv. Wim Trengove SC, wat Dlamini-Zuma in haar aansoek om verlof tot appèl verteenwoordig het, het aangevoer dat om dit reg te stel meer besonderhede benodig word oor en die redes waarom die spesifieke regulasies as ongrondwetlik en ongeldig verklaar is.

Hy het beweer dat die bevinding dat sommige regulasies ongeldig is nie die bevel regverdig dat almal ongeldig verklaar is nie.

Davis het egter bevind dat die argument dat sy bevel “vaag” was, sonder enige substansie is. “As hierdie hof voorgeskryf het hoe presies die regulasies gewysig moet word, sou dit die grense van die skeiding van magte onbehoorlik oorsteek het,” het hy gesê.

In sy oorspronklike uitspraak het die regter dit duidelik gemaak dat hy die regulasies verpes en bevind dat daar min of geen ag geslaan is op die omvang van die impak wat dit op die grondwetlike regte van die mense het nie.

In teenstelling met Davis se uitspraak het die Wes-Kaapse hooggeregshof verlede Vrydag bevind dat die regulasies wél geregverdig is en dat die howe nié aan die regering kan voorskryf hoe ʼn nasionale ramp hanteer moet word nie.

Dié aansoek, waarin gevra is dat die hof die inperkingsregulasies ongeldig en die nasionale koronavirus-bevelsraad (NCCC) ongrondwetlik verklaar, is verlede maand deur Mpiyakhe Dlamini, Duwayne Esau, Tami Jackson, Lindo Khuzwayo, Mikhail Manuel, Neo Mkwane, Scott Roberts en Riaan Salie gebring.

Die respondente was Dlamini-Zuma, pres. Cyril Ramaphosa, die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, die NCCC, en die rampbestuursentrum.

Regters Rosheni Allie en Elizabeth Baartman het in die uitspraak van 83 bladsye gesê hulle is tevrede dat die regulasies geregverdig is.

“Dit word aanvaar dat die maatreëls nie almal tevrede stel nie en dat daar baie kritiek daarteen gelewer is,” lui die uitspraak. “Dit moet egter opgeweeg word teen die dringende objektiewe en primêre grondwetlike plig om lewens te red. Dit is nie die howe se plek om aan die regering voor te skryf hoe hy sy mandaat in sulke omstandighede moet uitoefen nie,” lui die uitspraak.

Argieffoto: Pixabay.com

Maroela Media het gaan kers opsteek by regskenners oor die uiteenlopende bevindings van die twee howe.

Adv. John Welch van die Gautengse vereniging van advokate sê in Suid-Afrika moet die uitsprake van ʼn provinsiale hoër hof deur alle howe in die betrokke provinsie nagevolg word. Ander provinsiale afdelings is nie daaraan gebonde nie, maar dit het wel groot oorredingskrag.

Indien dit egter ʼn uitspraak van die konstitusionele hof of die hoogste hof van appèl is, is alle howe deur die bank, daaraan gebonde.

“Ek sou dink die Wes-Kaapse hooggeregshof moes deegliker kennis geneem het van die Gautengse beslissing,” sê Welch. “Aangesien daar nou egter twee teenstrydige beslissings is wat albei op regspunte berus behoort ten minste een van die sake op appèl na ʼn hoër hof geneem te word, soos nou die geval is.”

Adv. Hendrik P van Staden van die nasionale balieraad van Suid-Afrika sê ʼn probleem ontstaan wanneer twee hoër howe tot twee verskillende gevolgtrekkinge kom oor basies dieselfde aangeleentheid. “Dit laat die vraag ontstaan of die howe regtig onafhanklik is en of dieselfde oordeel gelyk gefel word in al die howe.”

Hy sê tegnies sal die vlak 3-reëls ongrondwetlik terugwerkend wees indien die staat weer eens in gebreke bly om die regulasies binne die voorgeskrewe tien dae te verander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Pieter ·

Julle bly maar net n klomp narre en n verleentheid vir die land

Nie Verbaas ·

“Dit moet egter opgeweeg word teen die dringende objektiewe en primêre grondwetlike plig om lewens te red.” Nou wat van die plaasmoorde, of word die mense nie in die grondwet ingesluit nie? Wette word onder dekmantel van virus gemanipuleer.

Prikkie ·

Lyk my die reg weet nou self nie wat reg is nie? Hoe nou?

Fedup ·

Blah blah, i head scarf, president of this dump, is above the law.
Blah blah, no one will tell me what to do, even though i cannot think for myself.

JohanR ·

Die hoofstad van Suid Arika is Hopetown, of is dit Springbok? Miskien Nelspruit blah blah blah……

Anoniem ·

Die hofbevel ignoreer, dit beteken minagting van die hof. Kla haar in persoon aan daarvoor en moenie dat sy wegkom daarmee nie. Ons durf nie toelaat dat die beeswagter se vrou ons so intimideer nie.

Jan ·

Geen wonder nie die howe is toegegooi onder die werk en sake neem jare om afgehandel te word.
Regters reik bevele uit en stel tydperke vas maar niemand pas dit toe nie. Sover ek onthou is hierdie minister skuldig aan minagtig van die hof en behoort haar laat voorlegging ook nie aangehoor te word nie – sy het nie ‘n hofbevel nagekom nie.
Yep, die regbank is gekaap.

JohanR ·

Ek het al van die uitkoms 22h00 Dinsdag aand al geweet, en het tervergeefs op EWN, News24 en IOL gekyk vir die storie. Selfs vanmore was daar niks op die drie. Selfs nou is daar net hieroor berig op IOL. Word dit net nuus vir die drie as NDZ wen?

Persheks Adri ·

Minagting van die hof is ernstig! Sluit haar toe en sommer ook vir die geld wat sy en haar kinders maak! GEEN reels maak meer sin nie, maar taxi’s mag vol gelaai word, drank, cinemas, restaurante ens is reg? Dagga rook is ook aanvaarbaar asook plaas moorde! Hul maak die reels soos dit net hulle pas en steeds mag ons nie rook nie?!?!?!?

ONS HET ‘N REG OM TE KAN ROOK!

Spyker ·

Regters word deur die Staatspresident aangestel en hy moet maar aanstel wat die ANC voor hom lê

Alida ·

As die Regters en CR nie kan sien dat ons verloor bykans R56 miljoen PER DAG nie dan weet ek nie. Met daai geld hoef ons nie so te leen en te bedel nie. Maak julle oë oop!!!!

Persheks Adri ·

Dom dommer domste Alida! Hou ook in gedagte dat NDZ geld maak op swart mark en nie vervolg word nie!!!

Jaco ·

hoekom het sy n wit regsverteenwoordiger? wat dan nou van regstellende aksie en so aan?

Persheks Adri ·

Dis al wanneer iemand van “our people” sommer twak in hul oe is en nie slim genoeg is nie Jaco… Nou ewe skielik is “our people” te dom om haar te verteenwoordig eish

Magda ·

Minister (KOP DOEK) van wat – sy kan jou nie eers in die oe kyk as sy praat nie. Minister van korrupsie en boikot van Howe.

capie ·

Dit lyk meer of party regters ‘n politieke loopbaan in die oog het. Baie meer geld met korrupsie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.