Minister hou vol NGV gaan nié tot korrupsie lei

gesondheid-loopraam-bejaarde-siek

(Foto: Rawpixel/Unsplash.com)

Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, het Donderdag volgehou die regering het die versekering gekry dat die omstrede Nasionale Gesondheidsversekering grondwetlik is. Hy het ook onderneem om vrese dat die NGV tot korrupsie gaan lei en die land finansieel op sy knieë gaan dwing, as onwaar te bewys.

Mkhize het voor die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid vrae beantwoord oor die wetsontwerp te midde van waarskuwings uit verskeie oorde dat die wetsontwerp in die Konstitusionele Hof betwis gaan word.

Die hoofstaatsregsadviseur, Ayesha Johaar, het aan LP’s gesê die wetsontwerp is op 29 Julie gesertifiseer.

Sy het gesê die staat se regsadviseurs beskou dit as in ooreenstemming met die Grondwet en dat dit geskryf is om uitvoering te gee aan die reg op toegang tot gesondheidsorg soos vervat in art. 27 van die Grondwet.

“Almal het die reg op toegang tot gesondheidsorgdienste. Die wetsontwerp moet dus beskou word as ʼn maatreël om uitvoering te gee aan daardie reg wat in die Grondwet opgeneem is.”

Die DA het vroeër vandeesmaand ʼn beroep op die parlement gedoen om duidelikheid te gee oor die grondwetlikheid van die wetsontwerp.

DA-leier Mmusi Maimane het gesê hy meen die voorgestelde wetgewing is moontlik nie grondwetlik nie omdat dit gesondheidsdienste sentraliseer en die magte van provinsies wegneem.

Maimane het die wetsontwerp ook beskryf as ʼn plan om net nóg ʼn staatsbeheerde onderneming te begin in ʼn tyd waar veral Eskom se finansiële verknorsing die soeklig geplaas het op die regering se vermoë om semi-staatsinstellings behoorlik te bestuur.

Mkhize het die afgelope week gesê die regering gaan die inwerkingstelling van die NGV met groot omsigtigheid doen en het geen bedoeling om die land bankrot te maak nie.

Hy het gesê dit is duidelik dat baie van die vrese oor die wetsontwerp deur die staatskapingskandaal – en die uitwerking daarvan op ondernemings soos Eskom – aangedryf word. Hy het die versekering probeer gee dat ʼn nuwe, nasionale gesondheidsorgstelsel gegrond gaan wees op suksesvolle modelle wat in ander lande in werking gestel is.

“Dit het Suid-Afrikaners baie senuweeagtig gemaak, selfs oor dinge wat prosedureel korrek is. In dié geval is dit ongelukkig, omdat die struktuur wat ons gebruik teen die standaarde van baie ander plekke getoets is.

“Ek dink ons verbind ons tot behoorlike regering en behoorlike administrasie, omdat dít is wat ons ons mense skuld. Ons aanvaar dat daar werklike vrese oor korrupsie is.”

Die wetsontwerp gee uitvoering aan ʼn resolusie wat die regerende party in 2007 al aanvaar het.

Die NGV is gemik daarop om die ongelykheid in die gesondheidsorgstelsel uit die weg te ruim. Altesame 84% van die bevolking maak staat op ʼn onderbemande, openbare stelsel, terwyl 16% van Suid-Afrikaners toegang het tot private gesondheidsorg.

Olive Shisana, pres. Cyril Ramaphosa se spesiale raadgewer oor maatskaplike beleid, het bewerings verwerp dat die NGV, soos uiteengesit in die wetsontwerp, onbekostigbaar gaan wees.

Sy het gesê die diens gaan in werking gestel word met geld wat reeds aan gesondheid toegeken is, terwyl daar ʼn bestuurbare finansieringsgaping oor die mediumtermyn voorsien word.

“Ons soek ʼn stelsel wat bekostigbaar is, ʼn stelsel waar mense se regte gerespekteer word, maar wat terselfdertyd nie die stelsel bankrot gaan maak nie.

Shisana het gesê primêre gesondheidsorg gaan die hartklop van die NGV wees.

Die voorgestelde stelsel kry groot teenkanting, deels omdat mediese fondse net voorsiening sal mag maak vir dienste wat nié deur die NGV beskikbaar is nie, wanneer die stelsel eers in werking gestel is. Kritici sê dit gaan lidmaatskap van mediese fondse heelwat duurder maak as wat dit reeds is.

Shisana het die wetsontwerp se bepalings hieroor verdedig. Sy het gesê deur mediese fondse toe te laat om basiese gesondheidsorgdienste aan te bied, gaan onnodige verdubbeling veroorsaak.

“Ons skep ʼn enkele fonds. Ons wil nie ʼn situasie hê waar daar verdubbeling van dienste is wat reeds aangebied word nie.

“As ons oor die langtermyn volhoubaarheid wil sien, moet ons na ʼn komplimentêre stelsel beweeg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

Johan ·

Baie min staats-instansies kon tot dusver grootskaalse korrupsie vryspring. Waarom sal die gesondheid-debakel anders wees??

Jaco ·

Dawie Roodt het gese dit kan en sal nooit realiseer nie, in die eerste plek het die ANC nie die vermoe om so n stelsel tot stand te bring nie , en tweedens is daar net nie geld daarvoor nie….so ek hoop maar so, anders sluit ek my besighede en pak ek en my gesin ons tassies vir Kanada, met die gevolg dat al my werkers dan hul regering kan gaan bedank vir die verlies van hul werke. Hierdie regering krap nou regtig waar dit nie jeuk nie!!

Ruiklont ·

Maar natuurlik sal sy so sê, daar is glad nie korupsie nie

SB ·

Nou vol hulle die 16% se geld vat om 84% se dienste te verbeter? Die probleem is dat die regering nie in staat is om hulle diens te verbeter nie en nou wil hulle alles af breek tot op hulle vlak.

Martie ·

Die NVG gaan nie werk nie kyk hoe lyk die Provinsiale Hospitale, van die staf is nie opgelei om menslik te wees nie hulle weet nie hoe pasieente sorg toe gepas moet word nie alle Staatsinstellings se geld verdwyn deur korupsie en staatskaping wat nog tese met n NVG nog meer geld word wakker die ANC is besig om die lang in n gemors te verander

Stof ·

Sus Martie, ek kan nie onthou dat jy saam met ons in ons opleidingsjare in die klas was nie? Ons roeping is juis, om ook die ekstra myle te stap met hulle wat trauma verwante uitdagings het. Ek vermoed, daar het per abuis ‘n geurmiddel in jou feite beland.
En eendag, as jy dalk as pasiënt in Biko my pad kruis, kan ons verder gesels.

Rina ·

o my word …… gaan die grootste fout ooit wees. Vat daardie geld en ruk jul hospitale reg. n Tweede eskom ….. sauk …. tolhekke ….. en soooooo gaan dit aaaaan en aaaan …waar op aarde verdwyn al die geld ..

Linda Crouse ·

Dame, korrupsie is so n inherente aspek van jou en jou regering, dat slegs die domstes van die massas jou stelling sal glo

Stefan ·

Almal het dan al klaar die reg en toegang tot gesondheidsorg. Waarom nou n nuwe wet van krag bring. Dit is klaar daar.

Vic ·

Hierdie nvg is net nog ‘n geld maak skema van die anc soos e-tol. Eskom of sal ek sê Esgaan, ens. Waarom kan daar nie ook korrupsie gepleeg word nie? Gaan hulle ‘n korrupsie teenmiddel of inspuiting gegee word??

Anoniem ·

Jy wen vandag se prys vir kreatiwiteit! “Esgaan” is ‘n skitterende beskrywing.

Hanna Hoekom ·

Die minister is reg: die stelsel werk in ander lande! Wat hy nie noem nie is dat daardie lande eerste wereld lande is met n werkloosheidsyfer van so min as 2%. Daardie lande se leiers het integriteit en verantwoordbaarheid! Die leiers en die feit dat die oorgrote meerderheid inwoners belasting betaal, maak die verskil. Ook het hierdie lande n streng immigrasiewet. So, droom maar voor minister, slaap soet!

Anoniem ·

Nee, dit werk nie eers in eerste wereld lande nie! Engeland se NHI is maar twyfelagtig en sukkel, in America het dit misluk.

Rob ·

Hanna u vat die woorde uit my mond. Hulle is nie eers derde wereld nie. Africa Adeo.

Rm ·

As die staat net 50%van hulle staatshospitale op standaard kan kry en laat werk, sal ek ook ingestem het tot so n stelsel, maar hulle kan nie eers 1%van staatshospitale suksesvol bedryf nie, ANC het in 94 een van die beste gesondheidstelsels in die wereld oorgevat, en dit in die grond in gekorrupteer en bestuur, klein dorpies het dokters en hospitale gehad en goeie dienste gelewer, vandag is daar net murasies oor, hulle kan nie ers n toilet bestuur nie, hiedie is n gemors wat nog nie eers begin het nie

Hanna Hoekom ·

Swede en Noorwee. Meer die Skandinawiese lande. VSA se gesondheidsorg is tans n ramp en UK sukkel ook. Dalk te veel immigrante?

Vryheid ·

Die minister rook iets anders as tabak. korrupsie is die wagwoord van die staat. Nog n instansie wat gemelk sal word. Volgende gaan die staat almal se pensioene beheer, dan sal almal afhanklik wees van die staat.

Ruiklont ·

Soos Mugabe wêreldwyd bekend is dat hy Zimbabwe tot verwoesting bestuur het, so sal die ANC in die geskiedenisboeke aangehaal word

SêmaarnetEen ·

Nee apartheid sal weldra die skuld in die geskiedenis boeke hiervoor ook kry…onthou wie skryf die geskiedenis boeke

whenwe ·

Gaan kyk maar wie konsulteer vir die regering hieroor. n “whenwe”

Waarheid ·

Korrupsie is deel van die alledaagse bestaan van die anc

Ander Koos ·

Almal bekommer oor korrupsie, wat van swak mediese sorg soos tans in staatsgispitale voorkom. Mense aal op strepe doodgaan. Sal die President, ministers en ander belangrikes die diens gebruik ? Of vlieg hulle op staatskoste oorsee vir behandeling ? Hierdie is moeilikheid

Hanna Hoekom ·

Mugabe het hulle mooi geleer! Hulke sal nie een dag in n staatshospitaal deurbring nie.

Johanna Botha ·

Wat weet die anc as alles waaraan hulle vat bankrot is !

JohanR ·

Ja nee! Asof ons in 25 jaar al ooit ‘n ANC Minister geglo het!

potlood ·

laaste woord.
Hulle het dinge die afgelope paar jare ongelooflik moeilik gemaak met al hulle reels en regulasies… Hoe gaan hulle hulle dit toepas?
Wat van ons private inligting? Huidiglik word daar onsettend baie werk gedoen om te verseker dat pasiente / lede inligting privaat gehou word. ‘n afhanklike kan byvoorbeeld slegs sy eie inligting sien. Slegs die hooflid mag alles sien en veranderinge maak. Dan verder mag seker mediese kondusies glad nie gewys word nie en slegs ‘n handjie vol mense mag daarmee werk. Hoe gaan hulle dit bestuur?

Dink bietjie mooi mense, hulle het ‘n paar jaar terug PMB gebring en van daar het fondse meer begin kos want PMB is vaag en fondse moet duur betaal vir dit. Sommige praktisyne vra meer as 300% van die normale tarief kostes. Die punt is, hulle probeer fondse al vir JARE in die gron in werk. HULLE wil he dat dinge skeef loop!
Hoe gaan hulle PMB hanteer? R50??

Daar is duurder opsies en goedkoper opsies hudiglik. Hoe gaan hulle nou werk?

Wat van ons ou mense wat al dekades betaal het vir medies sodat hulle op hul ou dag verseker is?? Nou gaan hulle geldjies gaan aan die lui gatte wat net vat en geeeeeen waardevolle verskil maak aan ons ekonomie nie… Maar ons is almal mos dieselfde en ewe belangrik.. Ons werk mos almal ewe hard… Ons almal sien mos mooi om na ons gesondheid…

Medies is ‘n baie persoonlike keuse!!

Emma ·

Ontkenning maar tog gebeur korrupsie by alle instansies. Dit is nou een ding wat ook nie n sukses van gemaak gaan word nie.

humor ·

Hulle sal vasbyt want dit word gesien as n gans wat goue eiers le. Dis die aard van kommunisme want alles moet onder die gesag van die staat gestel wees.

Petrus ·

Voorsien groot chaos as dieselfde deployees gebruik gaan word. Brgin deur groter lykshuise te bou – ek is ‘n groot optimis maar ons “trackrecord” is pateties.
Mees kommerwekkend is ons land se oop geldlaai beleid. Manne van die ANC pasop vir karma.

marouda ·

kan hulle vir ons se in watter land dit gewerk het
volgens politieke verslaggewing was dit nog net in drie lande geimplementeer, wn al drie was onsuksesvol en moes dit staak.
hoekom sal hierdie land sin werk?

Andre ·

Wat maak hierdie department so verskillend van die res van die departmente in die regering wat deurspek is van korrupsie van die ANC regering?

Renier ·

Enige positiewe “reg” beteken by implikasie dat die voorsiener van daardie “reg” die slaaf van die wat aanspraak maak op sodanige reg gaan wees. Daar bestaan nie iets soos ‘n reg tot opvoeding, behuising, mediese sorg en talle ander manna uit die hemel kommunistiese droomwêreld “regte” nie.

Grobler Steyn ·

Sal geen duplisering van dienste wees nie sonder private sorg is daar geen sorg ek sit myself op 60 uit want jy sal soos n hond lui as bejaarde onder gewetenlose maoistiese kommuniste

Johan. ·

In Australia word die skema deur +/- 11 miljoen belasting betalers gedra vir n totale bevolking van +/- 25 miljoen mense, en dit het ook maar haaklekke. Dink net hoe pateties dis sorg gaan wees met 55 miljoen pasiente en 5 miljoen belasting betalers…….

Jimmy ·

SA se bevolking groei met 1.1 miljoen per jaar. Teen 2026 sal die bevolking 65 miljoen wees, plus vyf tot 10 miljoen buitelanders wat ook mag steun op die NGV. Onwaarskynlik dat meer as 4.5 miljoen nog belasting sal betaal. Die wat wel betaal sal ekstra belas word.

Pottie ·

Die land is klaar mense so gaan dit as staatsamptenare die land regeer

De Villiers ·

My vraag aan Zweli Mkhize is, wat maak die pensioenfonds se geld en die bestuur daarvan anders as dié van SAL, Denél, Eskom, Poskantoor, Transnet, ens. alles staatsinstellings wat al bykans bankrot geplunder is deur die korrupte ANC?

Leon ·

Spandeer die geld liewer om die hospitale en klinieke reg te ruk. Gebruik die geld om van die onbevoegde verpleegspersoneel ontslae te raak. Gebruik die geld om behoorlike gekwalifiseerde dokters te kry en raak ontslae van die ingevoerde hopelose dokters.
Maak die hospitale soos die Pretoria-Wes hospitaal reg. Dan kan almal outomaties toegang tot gesondheidsorg kry. Die NGV sal nie swak verpleegpersoneel reg maak nie of die hospitaal verbeter of medisyne in die hospitaal laat verskyn nie. Dit sal net meer geld in die ANC se sakke sit.

Zwapie ·

Die sewentienmiljoen mense wat al klaar op toelae leef, sal niks hoef te betaal nie. Lekker bekostigbaar as ander jou deel moet betaal!

Hanna Hoekom ·

Immigrante word ook ingesluit: gedokumenteerde sowel as ongedokumenteerde immigrante! My bejaarde ouers en daardie ou uit Somalie gaan nou presies dieselfde mediese sorg kry.

Sarel ·

Dan hoef jy mos nie 1 dag in jou lewe te werk nie. Eet, survive en vote!

B ·

As dit loop soos ‘n eend, kwaak soos ‘n eend…

In elk geval, mens moet baie mooi navorsing doen en oplees oor die NGV – selfs (van) die mediese fondse het hulle eie agenda’s oor die saak ($$$) (Bv ‘n sekere fonds vryf hulle hande al saam aangesien hulle glo hulle kan as die admnistrateurs aangestel word, dus dien en propageer hulle die NGV agenda sover hulle kan.)

Jerry ·

Dit gaan alles oor nasionalisering van die vrye mark sodat daar nog n SOE tipe enkele fonds is wat tot beskikking van die staat is en wat vir ANC kader strukture aangewend kan word. Die NGV is bloot deel van staatskaping fase 2. Die ANC kaap dus alle staats en fondsgerigte instellings vir die ANC en nie vir alle Suid Afrikaners nie. Word die ANC se “governing track record” en ideologiese strewe in ag geneem, dan probeer die minister met lee woorde om die opposisie te mislei. Alles waarmee die ANC besig is, is om te de-koloniseer deur alle vrye mark stelsels te nasionaliseer! Eers wanneer die SA koei heeltemal droog gemelk is deur die staat en dit slegs die ANC verryk het, sal die ANC die IMF nader vir geld vir die opbou van die ekonomie deur die ANC vir die ANC se tot stand bring van n kapitalistiese sosialistiese staat! Die opposisie in SA word te maklik om die bos gelei en is ook nie instaat om daadwerklik teen die ANC op te tree nie en kan ook nie verhoed dat die ANC die grondwet inspan om alles te nasionaliseer nie. Die opposisie se eie “track record” bewys dit! SA se ellende raak net al hoe erger!

Johan ·

Waarom word die staatshospitale nie reggeruk nie? Nou word al die pasiënte in hospitale gedruk wat wel funksioneer. Dit sal die funksionele hospitale in só ‘n mate oorbelas met pasiënte en eise (moontlik korrupsie ook) dat hulle ook wan funksioneel sal raak!

karen ·

Johan – nes jy daar sê. kry die reeds bestaande provinsiale / staatshospitale weer behoorlik op standaard en op spoed en verbeter die dienste daar.

PATTY ·

Die staat het nie geld om hul eie hospitale inorde te kry nie omdat alles verniet is. Die departement kan hul eie bates nie eens vervang nie afv geld te kort. Hul soek belastingbelastingbetalers se geld om hierdie sukkelende hospitale/klinieke ens eers op die been te kry voordat hul almal gaan dwing om nie aan privaat mediese skema’s te mag deelneem nie. Vir noueers is ons belastinggeld genoeg OF waar hul ookal die geld vandaan gaan kry vir hierdie skema.

Riena ·

Ons staan op die strand en sien `n groot wal water uit die oseaan op ons afstoot. Hierdie tsunami gaan ons binnekort tref met verreikende gevolge. Maak gereed daarvoor.

hannelie ·

Jare terug het die staats hospitale gewerk en daar was behoorlike gesondheids sorg. As dit bestuur was en instand gehou was soos jare terug sou alles nog gewerk het en nie gelyk het soos nou nie en sou ons nie nou gesit het waar ons gesit het nie. En nog steeds het mense mediese fondse gehad want dis ons reg as ons wil en kan. Nou word die verskoning van verdubbeling van dienste gebruik om van dit ontslae te raak. Kyk die mense gaan slap in die aand om te droom van al die volgende bog en snert wat hulle die volgende dag kan kwyt raak en vir geen ander rede nie. Plaas hulle vir hulle n stokperdjie kry en op hou kak aan jaag en ons daarvoor laat betaal. Een van die dae vlieg ons ook buiteland toe vir mediese sorg.

Heksie ·

Ek het groot geword in die tyd toe jy nog na ‘n staatshospitaal gegaan het en nie in ‘n
lykshuis opgeëindig het nie.
Hoekom het die dienste by staatshospitale so agteruitgegaan? Deur die toedoen van hierdie patetiese regering, dis die enigste rede.
Hierdie absurde idee is net nog ‘n manier om die belastingbetaler verder leeg te suig en julself daardeur te verryk.

A ·

Kry die hele land se staatshospitale 100% op standaard, dan sal ek DALK begin glo dat so iets kan werk, jammer al die miljarde op e-tol is nie eerder jare terug hierop spandeer nie.
Ook al die klein dorpies wat so verval het, voor CR nou dink aan super cities, wat ‘n grap.

marous ·

Kanselleer alle staats en munisipale mediese fondse . Dit word deur die belasting betaler gedra. Laat hulle eerste by die staats hospitale in rye gaan staan vir dae om niks te kry nie . Daar sal binne ‘n week niks oor wees om te brand nie .

Lana ·

NGV GAAN nie tot korrupsie lei, want dit IS REEDS korrupsie!!

Johan Pretorius ·

Die minister leef absoluut in n droomwereld. Sy oordeel is uiters swak. Ons plaaslike staatshospitaal is in n uiterse swak toestand en dit ruik ook baie sleg. Probeer eers om die staatshospitale op dieselfde vlak te bring soos wat dit was voor 1994. Maar ek twyfel of hulle die vermoe het om dit te doen

Elize ·

Ag asseblief alles waaraan julle sedert 1994 gevat het, het klaaglik misluk en is tot in die grond in bestuur tot daar nie ‘n sent oor is nie. Die staatshospitale is in so ‘n toestand dat dit nie eens aan veiligheidsaspekte voldoen nie.

John ·

Die NGV het reeds ‘n sterk guptiaanse geurtjie. Nie net gaan die miljoene pasiènte en eise deur dokters die liggaam lamlè nie, die groot bedrae en behoeftes sal nie nagegaan kan word nie, wat foute en diefstal bevorder. As Sassa wat 17 milj mense bedien, sonder ander dienste, chaos ervaar, gaan hierdie spulletjie bloed trek. Die fondse en dienste van die private sektor is die hooftrekpleister wat die oè laat glinster. Vergrype is die plan, die bloudruk… die pad van die dood.

Erick ·

Die NGV is maar net nog ‘n varktrog wat die regering skep, sodat hulle kan skep. Hoeveel werke en lewens in die slag gaan bly skeel hulle min.

JR ·

As alles aan die staat gaan behoort beteken dit dat ons n koministiese land gaan word ? ek wonder maar net!!!!!

se net ·

Ek is n diabeet en in 3 staathospitale wat ek van weet, het geen diabeet al daar lewend uitgekom as hul n probleem met wonde het nie. Glo my as die ding gaan realiseer, is ek die eerste om my n oordosis in te spuit want dit sal geen verskil maak nie, ek sal dit net rustiger doen en kies hoe ek dit wil doen.

Danie Theron ·

Nuwe besems vee gewoonlik skoon. Wat die ministers nie alles sal doen om indruk te skep en politieke punte te “score”. Weereens word die privaatsektor gesystap en die staat stu voort ten spyte van vele voorbeelde van duur mislukkings weens swak beplanning en wanbestuur.

Sarel ·

Wat is korrupsie? As daar mense is wat die onderskeid kan tref en daarby hou is dit moontlik maar dit is hoogs onwaarskynlik dat korrupsie nie gaan plaasvind. As daar net een stelsel is wat vry van korrupsie is waarvan die mense kan leer maar dit bestaan nie. Geen raad word gevat van die huidige mediesefondse wat reeds korrupsie grootendeels uitgeskakel het en die regte stelsels met die regte kwalifikasie mense bedryf. Nie kaders met selfde baadjies nie.

Storm ·

Ek se weer, doen jouself ‘n guns en Google ” ANC Freedom Charter”.(Die regering en massas se bybel) Lees dit deur en jy sal verstaan hoekom dit so gaan en wat die eindpunt van al die gaos gaan wees. Beter gaan dit defnitief nie raak nie.

Sarel ·

As hulle net by die freedom charter kan hou is die probleem. Daar staan niks van ek het my grond en eiendom gekoop, waar kom uitdeel daarvan bv? ? ?

KaterinaKat ·

MENSE ons sal moet begin om nou al plan te maak. Ons gan vrek soos vliee as ek hierdie NGV storie reg verstaan. Erger og, ons kinders en kleinkinders. Ons wat mediese fondse het, moet n span prokureurs and advokate kry om nou al te begin kyk na die saak.

Weet enigiemand hier hoe om n webwerf te begin? Dat mens kan begin met n petisie.

Want ons kinders en ons self gaan sterf agv privaat hospitale wat so vol geprop word van die hordes, sat ons nie betyds sal behandeling kan kry nie. Dit bedreig ons reg tot lewe en is sekerlik onkonstitusioneel. As jy kan betaal vir private mediese sorg, wat insluit goeie gehalte diens en DIENS WAT BETYDS GELEWER WORD om jou lewe te red, maar dit word gesaboteer deur die staat – Moet daar tog seker “legal recourse wees??

Is hier prokureurs wat Maroela lees?

Komaan mense ons kan hierdie keer nie net kla en bekommer nie, ons MOET hierdie ding stop, of ons kan maar nou al vaarwel se vir ons lewens, en die lewens van ons kinders en kleinkinders!!

Wilna ·

Ek stem saam ons sal moet op staan vir ons families en geliefdes. Die enigste roete sal die wettige roete wees, goeie prokureure en advokate!!! Ons is in.

Jaco ·

Dit kan en dit gaan nie werk nie! Die ANC kan nie eens n koek winkel op n straat hoek hardloop nie, hoe gaan hulle so n stelsel geipmlimenteer kry en met watse geld??? Die top 10% van ons belasting betalers wat reeds besig is om land uit te vlug??? Daar is nie eens meer geld om Eskom en SAL te red van sy BILJOENE nie, wat nog te sê van n nasionale gesondheidstelsel! Ons regslui weet dit juis en dit is beslis die rede hoekom niemand nog n poging gewend het om dit met n hofgeding te probeer afweer nie..so ontspan!

AmY ·

Hierdie gaan EEN GROOT MISLUKKING wees, en hulle gaan die skuld op almal, behalwe hulself pak.
En dan gaan hulle seker ook Singapoer toe gaan vir mediese behabdeling.
Hoop ek gaan elke maand my pille vir Epilepsie betyds kry. Én die regte pille.
Ek betaal immmers op die oomblik meer as R2000 ‘n maand vir my mediesefonds en ek is alleen op my medies.

Wilna ·

Ag really asseblief man gaan kyk hoe gaan dit in die staats hospitale. Ek weet van ‘n ou dame van 76 jaar wat geval het en haar jeup gebreek het. Sy le nou al 6 weke in ‘n staats hospitaal nog geen operasie is in sig om ‘n heup vervanging te gedoen het nie. Hoekom doen hulle nie ‘n opgradering van die huidige staats hospitale nie, dank die onbevoegde mediese personeel af en stel mense aan wat die werk kan doen. Die 16% mense waarna hulle verwys is ook mense wat hulle belasting betaal om al die korrupsie te finansier, hoekom moet ons regte geskend word? Ek kan nie glo dan die ANC nog hulle gesigte in die publiek kan wys met al die korrupsie en bedrog waarvan hulle deel is nie. Ons pragtige land Suid-Afrika le op sy pens van al die korrupsie waarvoor ons as belasting betaaler moet op dok. Sies man skaam julle, julle nie!!!!!!

Mariette ·

KaterinaKat…kom ons vra liewer waars die groot finansiele reuse soos discovery..medihelp…momentum health en dies meer? Gaan hulle ons help baklei teen die plan

KaterinaKat ·

Ek weet nie. Wat ek weet is dat ons Suid afrikaanse mediese fonds LEDE Nie kan bekostig om te wag en te kyk of die fondse self sal probber om die katastrofe te keer nie. Ons sal moet saamstaan soos nog nooit vantevore nie, ons sal Moet begin om nou al te keer – want as die NGV eers ingestel is, is dit te laat.

Dan gaan die doodsengel oortyd werk.

Ons Mediese Fonds LEDE maak groot opofferings, ons mis uit op baie dinge in die lewe, om die noodsaaklike mediese fonds lidmaatskap te kan bekostig. Want ons weet jy kan net sowel agter n bos le en doodgaan as om jou op die genade van n staatshospitaal te werp. Nou as die privaathospitale ook tot op die vlak van staatshospitale afgetrek gaan word, desnieteenstaande die astronomies medies fonds premies wat ons betaal elke maand – wel dan is dit die einde vir duisende derduisende van ons. En die einde van ons kinders en kleinkinders.

Ons MOET hierdie katastrofe stop. Daar is nie n ander opsie nie.

Anoniem ·

So om van die “ongelykheid” ontslae te wil raak word die 16% verplig om vir die 84% te betaal. Dit self is mos ongelykheid of hoe…. ?

Gert van Wierdapark ·

Dit gaan nie tot korrupsie lei nie, die beoogde instelling IS korrupsie!!!

Hanlie ·

As die NGV wil voortgaan met hulle mal sinnelose denke gaan ons regtig vrek soos vliee, soos iemand dit vroeer geskryf het. Ek is bang,…..baie bang!!!!

KaterinaKat ·

Ek dink as alle, of ten minste die oorweldigende meerderheid mediese fonds lede n klasaksie teen die regering aanhangig maak, kan dit dalk help. Mens Moet ten minste probeer. Want die grondwet is veronderstel om mense se reg tot lewe te beskerm. Sou dit grondwetlik wees om die lewens van miljoene mediese fonds lede in gevaar te stel dmv die NGV?

Want bitter baie opofferings word deur bitter baie gesinne gemaak om hul mediese fonds paaiement elke maand te betaal. Uit vrees vir die patetiese staatshospitale. Maar as jou kind of kleinkind ernstig beseer of ernstig siek is (ek dink spesifiek aan dinge soos Meningitis en Roto Virus wat Vinnig doodmaak) en hulle moet wag en wag en wag terwyl hulle lewens wegglip – want die wagkamer is vol van hordes der hordes wat nie eens mediese fondse het nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.