Minister in die sop oor middagete by vriend

‘n Skermgreep van Manana se twiet oor Abrahams.

Die minister van kommunikasie, Stella Ndabeni-Abrahams, se politieke loopbaan hang aan ʼn draadjie nadat sy die rampregulasies oortree het.

Pres. Cyril Ramaphosa het haar vanmiddag gevra om hom dringend te spreek om te verduidelik hoe haar gedrag by die regering se kommunikasiestrategie oor die koronavirus inpas.

Dit nadat ʼn foto Dinsdag op Twitter versprei is wat wys hoe sy Sondag middagete geniet saam met ʼn klomp mense by die huis van haar vriend Mdu Manana, voormalige adjunkminister van hoër onderwys.

“Dis fantasties of ʼn voormalige kollega en suster, Stella Ndabeni-Abrahams, by my [aan huis] te onthaal,” lui die byskrif by ʼn foto van Manana, Abrahams en ander mense wat aansit by ʼn etenstafel.

Dit is luidens die rampregulasies onwettig om enigsins buite jou (eie) huis te wees, tensy jy noodsaaklike inkopies doen, dokter toe gaan, apteek toe gaan, met amptelike regeringswerk besig is of ʼn welsynstoelaag moet ontvang.

Mduduzi Manana (Foto: Flickr/Governmentza)

Manana, wat sy pos as adjunkminister verloor het nadat hy glo ʼn vrou aangerand het, het bevestig die foto is outentiek en het Dinsdag die rede vir haar besoek verduidelik.

Volgens hom was Ndabeni-Abrahams besig met werk in die omgewing toe het sy kom inloer het. “Sy het ʼn perseel in Fourways [Johannesburg] besoek waar ʼn aantal studente aan Covid-19- digitale dienste gewerk het. Die studente het beskermende kleredrag soos maskers nodig gehad, wat my stigting tans aan hulpbehoewendes versprei. Ek het vir haar gesê sy kan van dié toerusting by my huis kom optel en sy het so gemaak,” lui ʼn verklaring wat Manana Dinsdag op Twitter geplaas het.

“Ek en my gesin was besig om middagete te eet en ek het haar saamgenooi.

Oortreding van die rampregulasies is strafbaar met ses maande tronkstraf, of ʼn boete, of albei. Meer as 70 000 Suid-Afrikaners is reeds weens die oortreding van noodregulasies aangekeer, onder wie ʼn bruidspaar in KwaZulu-Natal.

Daar was egter nog geen optrede teen Ndabeni-Abrahams nie. In die woorde van die politieke kommentator Karima Brown plaas dit Ramaphosa voor ʼn groot toets. Hy moet nou bewys of dieselfde reëls geld vir sy ministers as vir gewone landsburgers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Strandloper ·

Ook maar lekker stupid ne…skuus ons het nie n leiers figuur optrede verwag nie en raak gewoond aan die sotte aan roer van sake!

Eerlik ·

Haha…..te lief vir fotos neem. Ek hoop daar word n goeie voorbeeld gemaak van die oortreding.

Anel ·

Kom ons kyk watter stel reëls gaan vir haar geld. Dan praat ons weer.

Boortor ·

Laat ons wag en sien wat hiervan gaan kom. Ek dink ons gaan vrek lank wag. Ten beste n tikkie oor die vingers en dis al. Maar die res word in n vangwa gelaai en toegesluit. Wensdenkery glo ek!

Willem ·

So as ek apteek toe gaan mag ek maar gou middagete by my broer gaan eet. Lekker

Boortor ·

Slim plan! My bloeddruk pille is juis min en ek het my suster hulle lanklaas gesien. Gaan haar nou bel en se ek sien hulle more. En sy kan lekker kos maak!

Gerhardus ·

Sy verduideliking maak nie sin nie. Sy moes deur die regte kanale gegaan het as sy van sy dienste gebruik wou maak. Hoe toevallig dat sy daar aangekom het juis toe hulle besig was om te eet. As sy enigsins wel in haar amptelike hoedanigheid opvetree het, waar was haar permit en waarom het sy nie die ete uitnodiging van die hand gewys nie? Sy moes mos ‘n voorbeeld gestel het. Ek het my familie gesê om nie na my huis toe te kom nie en die reëls te gehoorsaam. Geld dié reëls net vir sekere mense?

PH ·

Die ete gaan beskou word as “work related” en dus gaan daar niks van kom nie.

Boortor ·

Noem vir my EEN wat “wys” is. Net een, en ek sal verbaas wees as iemand kan!

Anin ·

Sy sal seer sekerlik daarmee wegkom, nie soos die COVID19 pasiënte wat nou in “aanhouding” in die TB Hospitaal in Modimolle is nie. Hul word nie hanteer as pasiënte maar as “inmates” in een van ons land se tronke terwyl ministers rinkink en so, moontlik die virus verder versprei.
Is dit onderskeid tussen klasse, of onderskeid tussen rasse??

PieterP ·

Beide partye is skuldig hieraan. Daar behoort teen altwee opgetree te word. Jy weet jy mag nie gaan kuier nie en jy weet jy mag nie mense oornooi nie.

Gerhard ·

Die Manana karakter het maar n geskiedenis van swak dissipline – dit is mos hoeka ook hy wat in die parlement geskreeu het oor die boere : “bury them alive”

Rodger17 ·

Lyk meer vir my dit gaan n geldmaakskema word met al die boetes vir die oortredings.Tronk toe kan 70 000 mense nie gaan nie want tronke reeds oorvol

Kobus ·

“Fluks by die bak maar lui by vak” Indrukwekkende verklaring…..en ek glo dat kersvader betsaan.

Wilma ·

Ai tog, sy moet ‘n voorbeeld stel. Hoekom sal die massas luister en glo die virus is ernstig as die persoon naaste aan die hele ding nie gehoor gee nie. Indien hulle haar nie ordentlik straf soos wat hulle dreig om te doen nie. Gaan dit ‘n president sken en nog minder gaan aandag geen aan die bly by die huis.

Porseleintjie ·

‘n Titel vrywaar jou nie van die virus nie. ONMIDDELIKE optrede soos vir die res vd land se burgers word verwag. Of gaan die reëls nou gebuig word om die betrokke persone van vervolging te vrywaar? Die president se karakter sal werklik in sy besluitneming hier geopenbaar word.

Aries ·

Foeotog- watter gedeelte van die inperkingsregulasies is daar wat sy nou weer nie verstaan nie

Seer sekerlik kan sy nie sê sy is weer verkeerd aanGEHAAL nie so sy gaan nou met die verskoning kom sy is verkeerd afGENEEM

Marina ·

Ai, sad om te sien dat sekere mense hierdie glad nie ernstig opneem nie.

Burgermeester ·

Dit is mos dieselfde minister wat ontken het dat sy in Switserland was, maar erken het dat sy wel in Geneva was? Ek sien uit om te hoor wat sy die keer kwyt gaan raak. Sy was seker nie by Manana aanhuis nie, maar wel in die eetkamer.

Nico ·

As sy nie ge-fire word om die erns van die saak te wys nie is die bewys daar dat regering ‘n verskuilde agenda het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.