Minister in trane by Life Esidimeni-verhoor

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, in trane by die Life Esidimeni-arbitrasieverhoor (31 Januarie 2018). Foto: ANA

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, was Woensdag in trane terwyl hy om verskoning gevra het aan die naasbestaandes van die psigiatriese pasiënte wat gesterf het nadat hulle van Life Esidimeni na ongelisensieerde nie-regeringsorganisasies (NRO’s) oorgeplaas is.

“Toe ek die gesondheidsombudsman se verslag gelees het van hoe mense in bussies ingeboender is en met lakens vasgebind is en behandel is asof hulle beeste by ʼn veiling is…” het Motsoaledi emosioneel gesê, met sy hande oor sy gesig.

Hy het gesê hy kry skaam dat dit gebeur het by ʼn departement waar daar meer oor menseregte gepraat word as by enige ander departement.

“Ek voel persoonlik verraai dat kollegas wat saam met my werk so iets kon doen. My teenwoordigheid vandag by hierdie samekoms is in terme van die aanbevelings, en om te probeer om ʼn bietjie lig te werp op wat gebeur het. Ek is teleurgesteld dat ek weereens nie in staat is om ná 18 maande lig te werp oor wat die motief hiervan was nie,” het hy met trane in sy oë gesê.

Hy het gesê die provinsiale gesondheidsdepartement moet heeltemal oorgedoen word. “Ek het nog nooit sulke twyfelagtige karakters teëgekom nie.”

Motsoaledi was die laaste persoon om Woensdag voor die Life Esidimeni-arbitrasieverhoor te getuig. Minstens 144 psigiatriese pasiënte het gesterf tydens dié hoogs omstrede oorplasing van pasiënte van Life Esidimeni-fasiliteite na ongelisensieerde en swak toegeruste NRO’s reg oor die provinsie. Die meeste van die oorledenes het weens verhongering en verwaarlosing gesterf.

Die verhoor was daarop gemik om die naasbestaandes van die oorledenes te help om afsluiting ná die tragedie te kry.

Dit het vroeër aan die lig gekom dat nog 12 bykomende liggame nie by die 144-dodetal ingesluit is nie. Prof. Malegapuru Makgoba, die gesondheidsombudsman, sal na verwagting dié liggame verifieer.

Gwen Ramokgopa, die LUR vir gesondheid in Gauteng, het tydens haar getuienis gesê van die 59 pasiënte wat nog vermis is sedert die chaotiese oorplasings, is vier al opgespoor.

Sy het gesê sy het berigte ontvang van nog sewe vermiste pasiënte wat ook opspoor is, maar het tyd nodig om dié inligting te verifieer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Pensieonaris ·

Ag siestog, dis darem ‘n huilende spul manne wat ons deesdae het! Groot wit sakdoeke is gelukkig altyd byderhand….

lvh ·

Nou te laat vir trane! Miskien moes hy eerder drama gestudeer het

Skokkend ·

JA ne, hou op HUIL en betaal en stel maatreels in plek dat dit NOOIT met die ander mense sal gebeur nie. KRY ‘n GRIP, ek laat my nie vertel julle ALMAL het nie daarvan geweet en het stilgebly omdat julle ‘geld bespaar’ het nie, julle sal nog lank boet hiervoor. Ek wil net weet waar is die BETOGINGS? Julius, WAAR is jy of is een van die 147 mense wat dood is nie een van jou of jou aanhangers se familielede nie? O nee ek vergeet, julle is nog besig om te betoog teen AFRIKAANS by die onskuldige skole, die oorledenes bekommer julle niks nie ne?

Jonathan ·

Kom die trane te laat ..waar was jou inset toe die verhaal ontvou …jou inset tot optrede om die waarheid te ontbloot Die stilte en gebrek om dienste te verbeter n bron to kommer met woorde sonder waarde

hendrik ·

Die ergste is dat al die staatshospitale is n plek waar jy wag om dood te gaan terwyl jy daar le en dit gebeur in hul duisende maar daaroor stort hy nie n enkele traan nie. Seker omdat hy nog nie daaroor gekonfronteer is nie. Uitstekende akteurs hierdie ministers.

PJC ·

Hy is totaal onbevoeg vir dit wat hy moet bestuur en dan wil hy nog ń nasionale gesondheidsplan op die nasie afdwing.

cor ·

Kyk geen akteur kan so goed drama maak soos die hedendaagse mense in beheer nie. Vernaamlik as die kameras op hulle is. Lyk my daar is in die generasie net n klomp mans met hulle blase na aan hulle oë. Plaas dat die wat in beheer is verantwoordelikheid vat vir die tragedie. Daagliks moet die familie lede aan die klomp se arrogansie en drama bloot gestel word en wat gebeur hierna niks!!!!

Hedwig ·

Ek meet beskawing aan hoe die betrokke groep na die mees kwesbare mense in hul sorg omsien. Duidelik het mens hier te doen met onbeskaafde, liefdelose wesens! Ek wil sterker woorde gebruik…

Marius ·

Jy wil die salaris verdien maar as jy skuldig is wil jy dit nie aanvaar.Kry vir jou tronk toe

Chelle ·

Daai trane lyk vir my eg. Gee Aaron Motswaledi die voordeel van die twyfel. Maar waar is die versorgers wat na die pasiënte moes omsien? Is hul nog in diens? Ek is net verlig dat die fokus nou vorentoe gaan wees op psigiatriese pasiënte se welstand. Dis so jammer soveel pasiënte moes ly en so aan hul einde kom.
My kind wat nie kan lees of skryf nie en die breinkapasiteit het van vierjarige, moes al hospitaalsale deel met psigiatriese pasiënte met vorige veroordelings. Dit is erger as erg. Die trauma vir kind en ouer bly jou by. As die Minister berou toon gee hom ‘n kans asseblief. Hopelik sal die fokus nou wees om hierdie weerloses wat nie vir hulself kan praat nie, te beskerm. Ek praat uit ondervinding. My seun was 12 jr terug so aangerand en gesodomiseer in ‘n fasiliteit. Dit was deur twee Dokters bevestig (nadat ek aangedring het op anale mediese ondersoek),en hy was op ARV middels geplaas.

Willie ·

Krokedil trane- julle moet vestaan die liewe Vader slap nie… Hoop julle hipokritte slaap lekker…. Onbevoegtheid op die hoogste grad… Nou wil almal se dat Trump verkeerd is???

Nettie ·

Boe-hoe-hoe ….. Sit en huil hy kamstig, met die groot, kliniese wit sakdoek voor sy oge, nes Molefe ook destyds gesit en “huil” het ….. Ja, ons glo julle, hoor! Regtig?????? Gaan trane en woorde van ‘spyt’ hierdie mense se familielede terugbring? Ek dink nie so nie.

Aan die anderkant van die muntstuk is daar egter ook die vraag wat die FAMILIE van die geestesgestremde pasiënte gedoen het vir hul gesins- en familielede, Hulle het almal darem seker die een of ander tyd ‘n besoek aan hul geliefdes gebring (dis nou, diegene wat geweet het waar hul geliefdes geplaas was). As hulle geliefdes dan honger, dors en onversorg was, kon daar nie tóé al alarm gemaak gewees het nie? Of is dit maar weer eens die kwessie van mense wat nie verantwoordelikheid vir hul eie kan/wil aanneem nie?

Sê en vra maar net.

snoefie ·

ne? hoekom jouself verontrief as jy dan die besteversorfing vir jou versteurde fam gekry het? out of sight, out of mind. maak n voorbeeld van die wenende , treurende fam en kla hulle van verweping, verwaarlosing en selfsug aan

Alida ·

Die hele land het verval in ellende. Maak die huis skoon en stel bevoegde mense aan. Gesondheid, Onderwys en Maatskaplike Dienste is die belangrikste. Kies nuwe ministers en adjunkte en stel bekwame mense aan met integriteit. Dit is ‘n gruwelike skande hy moet by sy huis gaan huil en nie op die arme weerlose mense se familie se gevoel probeer speel nie. Dit gaan nie help nie. Jammer daar is nie een van sy eie mense van honger dood nie.

hendrik ·

Alida, hierdie is die bevoegde klomp. Jy moet sien hoe lyk die onbevoegde spul.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.