Minister is toe nié op Facebook

Argieffoto

Argieffoto

Dit het pas aan die lig gekom dat verskeie Facebook-profiele sonder ʼn minister se medewete in sy naam geopen is.

Die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming het Dinsdag gesê minstens vier Facebook-profiele is in minister Gugile Nkwinti se naam geopen. “Dié profiele is almal aktief en daar is verskeie foto’s en opmerkings wat aan Nkwinti toegeskryf word,” lui die verklaring.

Die departement het ʼn beroep gedoen op diegene wat die profiele in die minister se naam geopen het en namens hom kommentaar lewer “om onmiddellik daarmee op te hou”.

Nkwinti het homself gedistansieer van dié profiele en gesê hy het nog nooit sosiale profiele gehad nie. “Die skuldiges is gesiglose individue wat dit in eie belang doen.”

Nkwinti het gesê Suid-Afrikaners moet hulle daarvan weerhou om by dié profiele betrokke te raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

DPJ ·

Dit is baie gerieflik on alles te ontken en geen haan kraai ooit weer daarna. Ha, Ha, Ha!

frans ·

Ja nes sos die Awb nie betroke was by die wapentransaksi nie

Berhalet Beukes ·

Ek het ook nie ‘n Facebook profiel nie, dis ‘n spook wat voorgee dat sy ek is! ;-)

sarie van heerden ·

Dis mos maklik om uit te vind wie die face book inskrywing begin het. Hoekom nou die skuldiges “VRA” om daarmee op te hou? I SMELL A RAT

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.