Minister kan dalk tronk toe oor hofbevel

                                                                                                             Foto: GCIS

Foto: GCIS

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, kan moontlik tronk toe gaan nadat hy glo ‘n hofbevel geminag het, berig die Sowetan.

Die hooggeregshof in Pretoria het in Augustus ‘n bevel gemaak waarvolgens die departement van binnelandse sake binne 30 dae moes besluit of Frederik Ngubane, wat nie as ‘n burger van enige land herken word nie, as ‘n permanente inwoner in Suid-Afrika kan bly.

Die hofbevel het gevolg nadat Lawyers for Human Rights (LHR) namens Ngubane (23) die hof genader het aangesien die departement vir amper twee jaar nie ‘n besluit oor Ngubane se aansoek gemaak het nie.

Die hofbevel is oorspronklik uitgereik teen Naledi Pandor, Gigaba se voorganger. Gibaba is intussen glo ‘n grasietydperk van vyf dae gegee om ‘n besluit te maak. Volgens die berig kan die applikant die hof weer nader indien Gigaba nie binne die gegewe tyd die besluit maak nie en kan die minister dan tronkstraf of ‘n boete opgelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elizabeth ·

TWEE JAAR om ‘n eenvoudige besluit te neem – dis nou “African time” op sy beste! Heng ek sou my darem wraggies SKAAM as dit bekend moes word dat ek JARE neem om iets wat hoogstens ‘n halfuur (met lees van alle inligting ens) kan neem oor te besluit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.