Minister kap DA oor Ebola-gerugte

Doctors Without Borders neem 'n slagoffer weg Foto: thewestsidestory.net

Dokters Sonder Grense neem ‘n ebola-slagoffer weg Foto: thewestsidestory.net

Dr. Aaron Motsoaledi, die minister van gesondheid, sê die regering sal onmiddellik met die publiek in kontak wees indien die eerste geval van ebola in Suid-Afrika aangemeld word.

Motsoaledi het laat Donderdag ‘n mediakonferensie gehou nadat Jack Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, ’n persverklaring uitgereik het oor ‘n vermeende geval van die ebola-virus in Gauteng.

Die DA het verwys na ‘n vrou van Guinee in Wes-Afrika wat op 28 Julie by die OR Tambo-lughawe aangekom het.

Motsoaledi sê dit wil voorkom of Bloom graag wil hê dat daar ‘n uitbreek van ebola in Suid-Afrika moet wees. “Hoekom sal ‘n persoon opgewonde wees dat daar ‘n uitbreking van ebola in die land is? Dit is nie in ons belang om dit weg te steek nie. Indien hy dink ebola bring roem, moet hy eers bietjie wag,” het Motsoaledi gesê.

Hy sê die swanger vrou het negatief getoets vir die virus. Hy sê die nasionale instituut vir oordraagbare siektes het bykomende toetse op die vrou gedoen en dat dit ook negatief was. Hy sê die vrou was Donderdag in kraam by die Rahima Moosa-moeder-en-kind-hospitaal. Die vrou was sedert 11 Augustus koorsig, maar sy het geen ander simptome van die ebola-virus gehad het toe sy die land binnegekom het nie. Sy is met haar aankoms by die hospitaal in isolasie geplaas as ‘n voorsorgmaatreël.

“Koors en die feit dat jy van Wes-Afrika af kom beteken nie dis ebola nie,” het hy gesê. “Koors is baie algemeen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nick ·

“Daar is baie mense in daardie deel van die wêreld wat koorsig is” Ja, baie dankie vir daardie insig Dr.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.