Die minister van finansies, Tito Mboweni, het hierdie week katvoet geloop te midde van gerugte dat Swaziland ’n aansoek om ’n lening aan Suid-Afrika gaan rig.
Deidre Carter, Cope-LP, het Mboweni in ’n skriftelike vraag oor die gerugte gepols, en ’n buitengewoon gedetaileerde antwoord gekry.
Dit is uiters ongewoon in die parlement, waar ministers so min moontlik uitbrei waar die antwoord op ’n LP se vraag “nee” is. Is die ontkennende antwoord langer, dui dit vir gesoute parlementêre waarnemers dikwels daarop dat daar tog iewers ’n rokie kan trek.
In die geval van Carter se vraag oor ’n moontlike versoek om geldelike hulp van Swaziland se kant, het Mboweni geantwoord dat geen so ’n versoek tans oorweeg word of onlangs ontvang is nie.
Die minister gaan toe egter in ’n potensieel veelbetekenende stap veel verder, en verklaar dat indien so ’n versoek dalk ooit ontvang word, sal dit binne die konteks van begrotingsuitdagings oorweeg sal moet word.
Dit sluit in swak Suid-Afrikaanse ekonomiese groei teen ’n reële koers van slegs 1,9% van BBP, asook ’n groeiende begrotingstekort wat tans op 4,5% geraam word en die staat se besuinigingsprogram van nagenoeg R50 miljard.
In die onlangse verlede het Swaziland al probeer om by Suid-Afrika geldelike hulp te kry of ’n lening aan te gaan, maar Cosatu en die SAKP as die ANC-regering se vennote staan dit altyd sterk teen omdat Swaziland as ’n volslae koninkryk so ondemokraties en met so min ag op menseregte regeer word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Nou toe nou. Net nou die dag lees ek die bul van n koning in eSwati is een van die rykste konings in Afrika.
Shampies sy volgelinge doen blykbaar nie so goed nie
Wanneer ‘n bankrot dronk ou by ‘n gesekwistreerde dronk ou geld leen vir drank…
Nee die SA regering leen nie geld uit nie, maar doen wel ruim skenkings aan die kande. Was daar nie nou onlangs berigte van n vergadering deur pres. CR en die koning nie waar daar n belofte gemaak is van n groot donasie nie. Ek is seker dit was so ongeveer n maand gelede of is ek verkeerd
My mapstieks toe het die ANC wargies rugraat mooi ANC hou dit so
Ag nee man Tito!
Hoe kan julle dan nou so teen Swaziland diskrimineer??? Julle het dan onlangs vir mosambiek R 60 miljoen gegee. Wat is nou fout? SA het mos onbeperkte finansiele bronne of in elk geval dit is die boodskap wat die gewone man op straat kry as ons sien hoe julle geld mors op twak!