Minister katvoet oor lening aan Swaziland

swaziland-vlag

Argieffoto.

Die minister van finansies, Tito Mboweni, het hierdie week  katvoet geloop te midde van gerugte dat Swaziland ’n aansoek om ’n lening aan Suid-Afrika gaan rig.

Deidre Carter, Cope-LP, het Mboweni in ’n skriftelike vraag oor die gerugte gepols, en ’n buitengewoon gedetaileerde antwoord gekry.

Dit is uiters ongewoon in die parlement, waar ministers so min moontlik uitbrei waar die antwoord op ’n LP se vraag “nee” is. Is die ontkennende antwoord langer, dui dit vir gesoute parlementêre waarnemers dikwels daarop dat daar tog iewers ’n rokie kan trek.

In die geval van Carter se vraag oor ’n moontlike versoek om geldelike hulp van Swaziland se kant, het Mboweni geantwoord dat geen so ’n versoek tans oorweeg word of onlangs ontvang is nie.

Die minister gaan toe egter in ’n potensieel veelbetekenende stap veel verder, en verklaar dat indien so ’n versoek dalk ooit ontvang word, sal dit binne die konteks van begrotingsuitdagings oorweeg sal moet word.

Dit sluit in swak Suid-Afrikaanse ekonomiese groei teen ’n reële koers van slegs 1,9% van BBP, asook ’n groeiende begrotingstekort wat tans op 4,5% geraam word en die staat se besuinigingsprogram van nagenoeg R50 miljard.

In die onlangse verlede het Swaziland al probeer om by Suid-Afrika geldelike hulp te kry of ’n lening aan te gaan, maar Cosatu en die SAKP as die ANC-regering se vennote staan dit altyd sterk teen omdat Swaziland as ’n volslae koninkryk so ondemokraties en met so min ag op menseregte regeer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gertryda ·

Nou toe nou. Net nou die dag lees ek die bul van n koning in eSwati is een van die rykste konings in Afrika.
Shampies sy volgelinge doen blykbaar nie so goed nie

RDP ·

Het ook daardie artikel gelees.. hulle sal maar by hul eie koning moet gaan bakhand staan.

Hennie ·

Wanneer ‘n bankrot dronk ou by ‘n gesekwistreerde dronk ou geld leen vir drank…

Henk du Toit ·

Puik gestel Hennie! Al waarom dit sal gebeur is dat die dronkie dan sal sekermaak dat sy tjommies oor die grens gaan met referendums en die “brand” (ANC undistilled Pure Crazy Blended) ondersteun.

Neels ·

Nee die SA regering leen nie geld uit nie, maar doen wel ruim skenkings aan die kande. Was daar nie nou onlangs berigte van n vergadering deur pres. CR en die koning nie waar daar n belofte gemaak is van n groot donasie nie. Ek is seker dit was so ongeveer n maand gelede of is ek verkeerd

Jepetto ·

My mapstieks toe het die ANC wargies rugraat mooi ANC hou dit so

roelf ·

Ag nee man Tito!

Hoe kan julle dan nou so teen Swaziland diskrimineer??? Julle het dan onlangs vir mosambiek R 60 miljoen gegee. Wat is nou fout? SA het mos onbeperkte finansiele bronne of in elk geval dit is die boodskap wat die gewone man op straat kry as ons sien hoe julle geld mors op twak!

Alida ·

Ons eie geld het “verdwyn” soos mis voor die son. Waar kry ons om uit te leen?

Cor ·

Alida hulle het nie om uit te leen nie want die regering is nie n bank nie. Hulle kan wel geld skenk want hulle is n welsyns organisasie, eerstens vir die kaders lees lorruptenare, dan vir die struggle ondersteuners en dan laaste maar nie die minste nie vir die wat vir hulle stem

marous ·

Zimbobwe kry . Waarom nie die Swazis nie ? Hulle kan ten minste mandjies vleg en so terug betaal .

Dries du Toit ·

Mense lees mooi. Jan-Jan beweer dat Mboweni gese het NEE maar dan n onnodige lang verduideliking gegee het. Wat Jan-Jan bediel is dat hy nie sê Mboweni lieg nie maar dat die waarheid klink vir hom snaaks

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.