Minister klink glo glasie by Russe toe inval begin

Thandi Modise, minister van verdediging. (Argieffoto: Phando Jikelo/ANA)

Die DA het uitgevaar nadat die minister van verdediging, Thandi Modise, ʼn geselligheid van die Russiese ambassadeur in Suid-Afrika bygewoon het, skaars 13 uur nadat die Russiese weermag Oekraïne binnegeval het.

Modise, haar departement se spesiale raadgewer en die hoof van die weermag was glo onder diegene wat die skemerkelkfunksie van die Russiese ambassadeur, Ilya Rogachev, in Pretoria bygewoon het.

Die funksie is gehou ter viering van die Russiese weermag.

John Steenhuisen, leier van die DA, sê alle lande wat lid is van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) het die geselligheid geboikot – maar dit het Modise klaarblyklik nie gekeer om te midde van die konflik “glasies te klink en sjampanje te drink terwyl hulle die mag van ʼn weermag wat daardie selfde oggend sy buurland binnegeval het” te vier nie.

Steenhuisen sê op ʼn tydstip wat die wêreld kies om te verenig in sy veroordeling van Rusland se oorlogverklaring op ʼn soewereine land en selfs stoere bondgenote van pres. Wladimir Poetin – soos die Hongaarse eerste minister en die Tsjeggiese president – hom die rug toekeer, kon Suid-Afrika se eie ANC-regering nie vinnig genoeg skarrel om “aan die verkeerde kant van die geskiedenis” te kom nie.

Selfs China het by die VN se Veiligheidsraad buite stemming gebly, eerder as om Rusland te ondersteun.

“Die groteskheid hiervan kan nie oorbeklemtoon word nie,” sê Steenhuisen.

Die geselligheid was boonop net enkele ure nadat die departement van internasionale betrekkinge en samewerkende regering (Dirco) ʼn verklaring uitgereik het waarin hy vra dat Rusland hom aan Oekraïne onttrek.

Dié departement – onder leiding van min. Naledi Pandor – se verklaring het pres. Cyril Ramaphosa en die ANC glo briesend gehad en daar word sedertdien oënskynlik geskarrel om Suid-Afrika se verhouding met Rusland weer te herstel.

Steenhuisen sê die minister en haar departement is klaarblyklik nie eens op dieselfde bladsy nie, terwyl Pandor se eie ANC-kollegas ʼn funksie bywoon waar die Russiese inval verheerlik is.

“Waar staan die ANC-regering en pres. Ramaphosa oor Rusland se beleg van Oekraïne? Hoe kan die een hand nie weet wat doen die ander hand tydens ʼn groot internasionale krisis nie?

“Elke wêreldleier kon dit moontlik vind om ʼn duidelike posisie uit te stippel. Hoekom het ons nog nie van pres. Ramaphosa in absolute en onomwonde terme gehoor waar hy staan nie?”

Steenhuisen sê Rusland is nou wêreldwyd ʼn uitgeworpene weens die genadelose oorlogstokery van sy despotiese leier.

“Sy vriende en bondgenote het opgeraak – en regtens so – behalwe in Suid-Afrika waar jy die laaste buitepos van steun sal vind vir ʼn brutale regime wat geen ontsag vir internasionale reg of die heiligheid van lewe het nie.

“Die ANC kan ons nie in ʼn groter verleentheid op die wêreldverhoog stel selfs al sou hy probeer nie.”

Steenhuisen sê dit is onaanvaarbaar dat Ramaphosa toelaat dat die verwarring voortduur en die land se goeie naam deur die modder gesleep word en dat die president die land – en die wêreld – dadelik moet inlig oor sy eie en die regering se posisie oor die konflik.

Die departement van verdediging het nog nie op ʼn versoek om kommentaar oor die minister se bywoning van die geselligheid, gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Danny ·

Wat weet die uwe nogal….. Bedrogspul en sommer net ‘n sirkus. Onkundig verby.

RS ·

Hulle dink daar word met barbie poppe en plastiek speelgoed soldate gespeel en speelgoed tanke. Onkunde gaan hulle met pie op die gesigte laat sit.

MT ·

Wel, Libie se Muammar al-Gaddafi moes met sy lewe betaal toe hy die Amerikaanse dollar as internasionale betaalmiddel wou laat vervang.

Die globaliste laat niks of niemand in hulle pad staan nie. Ons sal ‘n eenwereld regering en ekonomiese stelsel he, kom waat wil!

Onnie ·

Ramaphosa was van Dag 1 af ‘n verleentheid en ‘n absolute teleurstelling. En ons het gedink Zamu was sleg…

Frank ·

Voel presies dieslfde!!! Regtig gedink NOU het ons ‘n leier

Blikkantien ·

En die dag toe Mbeki deur Zuma vervang is, het ons en vriende gedink: Sekerlik kan dit nie erger wees nie…

George ·

Presies! Ekt nog altyd gewonder hoe staan en sit Rama sonder ruggraat

Althes ·

Ons kan werklik nie vir Ramaphosa vergelyk met Zuma nie.
Zuma het ongelooflik baie emosionele en finansiele skade aan die land aangerig.
En heeltyd die wit mense aangeval en verdeeldheid vererger.

Christiaan J ·

Die DA verteenwoordig definitief nie almal se siening nie

Cherokee ·

Wel, ek wat uiters min tyd het vir die liberale DA, stem met wat hier gesê word, kompleet saam. Dit klink asof jy verskil met wat Steenhuisen kwytgeraak het.

Hein ·

Nee net hul eie en hul eie beursies. Kyk hou gaan dit stel ook ongeskoolde skelms aan sodat hulle nie moet praat nie

Andries ·

Gaan doen eers meer navorsing oor die geskiedkundige redes vir hierdie inval voor jy so vinnig soos die DA Putim veroordeel en name toevoeg.

Jr ·

Finale bewyse dat hulle eintlik kommuniste is. Wanneer julle statements oor Rusland maak en sê Suid Afrika sê so dan lieg julle. Die anc sê so. Don’t speak for me, you don’t represent me

Wakkerslaper ·

Finale bewyse sê jy…. wat het in die 70’s en 80’s gebeur? Met wie was die s.g. “freedom fighters” tog te lekker hand om die blaas?

Louis ·

Doen julleself die moeite en doen navorsing oor watter lede van mk in die sogenaamde struggle tyd as terroriste in rusland of met russiese bystand opgelei was. Die anc kan nie bekostig om rusland te veroordeel nie agv bogenoemde, so moenie asem ophou en dink die anc regering gaan hulle teen poetin uitspreek nie.

Wakkerslaper ·

Regtig? Nou wat het ons verwag? Ons het SA mos in 1992 weg gegee aan ‘n klomp terroriste wat al sedert die Bosoorlog dae hand om die blaas met kommuniste is. Nou wil ons huil….

Hansie ·

Waar het die Anc sy opleiding gekry. Dit is nie eers snaaks dat hulle Rusland ondersteun nie.

Chris ·

Wanneer ‘n nar by ‘n paleis inloop word hy/sy nie koning nie. Die paleis word ‘n sirkus. Ons was in die vorige bedeling die muishond van die wêreld. Wonder wat se stautus het ons nou.

Wakkerslaper ·

Presies! Die links-liberales kyk nou lekker op hulle lang neuse…

Deon ·

Watter duideliker bewys wil die DA he oor wat die anc se standpunt is, as die anc wat “glasie klink” saam met die russe. Dit is mos nou n reguit duidelike boodskap om te wys aan wie se kant hulle hier staan.

SlinkseKoljander ·

Natuurlik sal sy, Rusland is een van die ANC se grootse vriende. Ramposer het dan self gese hy steun hulle.

Maar ek glo sy klink n glasie elke middag as mens na haar luister.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Rusland, die brutale kommunistiese regime-elite het inderdaad geen respek vir internasionale reg en die heiligheid van lewe nie. Die regime-elite word verteer deur gierigheid: magsug, hebsug, plesiersug ter uitsluiting van die massas. Sonder die verkope van wapentuig, olie en gas is Rusland ‘n verarmde land met net Moskou en St Petersburg waar iedwat voorspoed heers. Maar die swak ingeligte ANC en EFF meen Rusland en China is rolmodelle waar die staat die skepper is van werksgelede en voorspoed. Sonder Westerse beleggings en fabrieke in China, is China maar ook net ‘n verarmde land. Kommunisme is nie die wonder kuur nie.

Jack ·

Ons land se regering het nie vriende nie en moet hom beroep op lande soos rusland kuba en china. Almal lande met geen menseregte nie. Dit se nogal baie vir vriende en dus n waarskuwing wat vir ons voorle. Ons sal ook ingesluit word by die boikot teen rusland as ons nie mooi loop nie.

Jack ·

As jy drank en kos uitdeel sal jy die anc voor in die ry kry.

Barney ·

Lyk my die ANC en ou Trump is die enigste gekke wat Putin ondersteun

Andries ·

Word tog net wakker Afrikaners. Putim is geen engel nie maar ook nie die draak wat die Westese media hom probeer uitmaak nie. Daar is vele fasette aan hierdie konflik. Verstaan die geskiedenis.
Ons as Afrikaners behoort te weet jy kan nie alles glo wat jy in die amptelik pers lees nie.

Anna-marie ·

Mense glo alles wat die hoofstroommedia vir hulle voer.

Nie Verbaas ·

Waar het iemand gedink n ANC kader sal n verniet gesuipery mis?

Hoekom ·

Ons ANC regering lieg nog al die pad vir die publiek. Nie lank nadat Naledi gesê het dat hulle vrede tussen die twee lande onderhandel nie. Toe verklaar Rusland sommer oorlog. So sy het daaroor gelieg, daar was nooit sulke gespreke aan die rol nie. Ons regering is swak bedelaars wat rusland en die chinese se voete sal lek vir ‘n paar sent…

Sean ·

Soos daar by die guptas gekruip is word daar by putin gekruip en ons word weereens verraai

Andries ·

ek het nuus vir Steenhuisen: ons pragtige land het jare al nie meer ‘n goeie naam nie – wie het nou weer gesê: “sh_thole”?

JL ·

Sensasionele opskrif! Die opskrif oor 30 jaar die pad saam loop is korrek. Of jy met dit saamstem of nie. Die inval in Oekraïne is baie, baie ernstig, wat ‘n impak op die hele wêreld het en gaan hê in jare wat kom. (Slim woordspeling, maar jaag emosies onnodig op)

Jr ·

Maar as dit Israel is wat iemand ingeval het, dan het ons nie die einde van dit gehoor

Ettienne ·

Mmm…daar word verseker foute in die hele proses gemaak. Suid-Afrika is nie in ‘n posisie om nie ‘n redelike verhouding met Rusland te hê nie. Dit is strategies net slim.

Nogal baie DA ondersteuers hier op Maroela…maak my bekommerd. Steenhuisen jaag maar net uiteindelik die hervesting van Rule Brittania na.

Swerwer ·

Alles in hierdie land van ons dui op Kommunisme, en presies , dit is hoekom die Regering Rusland goedgesind is.

Eugene ·

Ramaphosa, die lafaard, sal tog nooit teen sy russiese base stem nie. Hy is vir ons n verleentheid en die oirsaak van al die probleme wat ons in die gesig staar

Louis ·

Maar is sy dan nou nie die vrou wat nie haar varke kos gee nie? Nou gedra sy haarself soos ‘n vark wat heul met die muishond Rusland. Sies vir jou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.