Minister: ‘Laat werkers toe om te gaan stem’

Argieffoto

Argieffoto

Mildred Oliphant, minister van arbeid, het ‘n beroep op werkgewers gedoen om hul werknemers toe te laat om Woensdag te gaan stem.

“Ons doen ‘n beroep op alle werkgewers om hulle werknemers toe te laat om hul reg om te stem uit te kan oefen.” Oliphant sê dit is ‘n fundamentele reg om te stem en die grondslag vir demokrasie. “Dit is ‘n reg wat deur die grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, wat die oppergesag van die land is, gewaarborg word.” Oliphant het haar dank uitgespreek teenoor werkgewers wat nie op stemdag besigheid gaan doen nie.

Oliphant sê wetgewing verseker werknemers se reg om nie op ‘n openbare vakansiedag te werk nie, ten spyte van werkgewers se reg om handel te dryf op stemdag. “Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes en die Wet op Openbare Vakansiedae speel ‘n sleutelrol in die beskerming van dié regte,” het Oliphant gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.