Minister lag hofaansoek oor staatshulp af

(Foto: lekkeslaap.co.za)

Die minister van toerisme ontken dat die burgerregtegroep AfriForum hofstukke op haar bedien het waarin gevra word vir ʼn hersieningsaansoek van die departement se besluit dat swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en ekonomiese transformasie as kriteria vir bystand gebruik word.

Maroela Media het Dinsdag berig AfriForum gaan hom tot die hof wend om te verseker dat aansoekers se ras geen rol sal speel nie wanneer hulle aansoek doen om bystand vir klein, mikro- en mediumgrootte-ondernemings (KMMO’s) by die departement se Covid-19-hulpfonds.

AfriForum het minister Mmamoloko Kubayi-Ngubane verlede week oor die SEB- en ander vereistes uitgevra, maar het geen terugvoer ontvang nie. Die organisasie het gesê hy het derhalwe geen ander keuse as om hom tot die hof te wend nie.

Die minister se kantoor het Woensdag egter gesê sy “verwerp met minagting” bewerings dat hofdokumente aan haar departement beteken is.

“Sedert AfriForum dié stelling Dinsdag in ʼn verklaring gemaak het, is ons oorval deur navrae van die publiek oor die kwessie. Ons wil dit dus duidelik maak dat AfriForum tot dusver geen sodanige hofdokumente by die hof ingedien het nie. Enige stelling wat iets anders sê, is oneerlik,” het Hlengiwe Nhlabathi-Mokota, die minister se woordvoerder, gesê.

Die nommer wat volgens AfriForum aan die saak toegewys is, maar volgens die minister nie bestaan nie.

Nhlabathi-Mokota het gesê die dokumente is per e-pos gestuur, maar daar was glo geen saaknommer nie, wat beteken “daar is geen hofproses nie”.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het in reaksie gesê die minister moet haar kommunikasie met die staatsprokureur opknap en haar van die hofreëls tydens die staat van algehele afsondering vergewis.

Volgens Kriel is ʼn saaknommer reeds elektronies aan die staatsprokureur verskaf – soos wat die gebruik tydens die inperkingstydperk is.

“Tweedens moet sy nie agter tegniese punte skuil nie en eerder verduidelik hoekom die regering in ʼn krisistyd steeds ʼn rasse-agenda probeer bevorder.”

Bystand uit die Covid-19-hulpfonds word volgens die departement gedoen in ooreenstemming met die beste praktyke vir Breë-Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging (B-BBEE). Dit word geadministreer ingevolge die doelwitte van ekonomiese transformasie en die departement se doelwit om volhoubare en inklusiewe toerisme-ontwikkeling te verseker, het die departement gesê.

Volgens die departement vereis wetgewing dat B-BBEE-bepalings gebruik word wanneer hulp soos dié verleen word.

“Ons regering is bewus van die opdraande stryd wat sakeondernemings in dié tyd voer en weet van die behoefte aan steun aan die bedryf en gemeenskappe om die negatiewe uitwerking van die pandemie te hanteer.

“Enige persoon of onderneming in die toerismebedryf kan aansoek doen by die fonds, ongeag hul velkleur.”

In die hofstukke vra AfriForum dat die aansoek op ’n dringende grondslag hanteer word en reeds op 21 April aangehoor word aangesien daar nou reeds weekliks deur die departement besluit sal word watter toerisme-ondernemings gehelp sal word. Dié fonds beskik tans oor R200 miljoen.

Maroela Media het vroeër berig dat dié geld volgens die departement se webtuiste soos volg verdeel sal word:

  • Ten minste 70% van begunstigdes sal ondernemings wees wat deur swart mense besit word
  • Ten minste 50% van begunstigdes sal ondernemings wees wat deur vroue besit word
  • Ten minste 30% van begunstigdes sal ondernemings wees wat deur jong mense besit word
  • Ten minste 4% van begunstigdes sal ondernemings wees wat deur persone met gestremdhede besit word.

Meer inligting oor die hulpfonds is beskikbaar by www.tourism.gov.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Michael 1 ·

Dit is die regering se ware kleure en Ramaposa ondersteun hierdie diskriminasie anders het hy dit stop gesit.

daniel ·

Die groot toets vir die ANC met sy regverdigjheid teenoor almal in die land le nog voor
En glo my dit is n strawwe toets van bo.

Burgermeester ·

Kyk, baie dinge in die lewe slaan my stom, maar hoe kan die regering na 25 jaar nog steeds B-BBEE bepalings toepas? Kyk waar sit ons ekonomie nou … Rommelstatus.

Remlut ·

100% reg dit is die Anc se amptelike houding. Vat die pad as jy kan. NOU

Boortor ·

Is dit werklik nuuswaardig? Ek dink ons almal het geweet dit gaan gebeur! Net nog n fonds om die comrades tevrede te hou. En dan het hulle die arrogansie om te vra vir skenkings? My wereld, jy moet jou kop laat lees as jy dink hulle gaan die wit besighede help.

Die Wolf ·

Wonder of sy weet wat om haar aangaan. Onbevoegdheid het nie brieke nie.

Cherokee ·

Ek lei af Pieter, dat jy nie weet waarom ek na 70% verwys.

Jr ·

n mini star wat vir tax betaalende mense lag is nie die pos werd nie. Dit is ongeleerd onbeskof en wys duidelik wat is haar posisie teen sekere mense in Suid Afrika.

Pio ·

Miskien is ek onnosel, maar hoe verdeel ‘n mens ‘n koek met 100 stukkies, in 154 stukkies?

Gerhard ·

Hierdie onbevoegde spul is meesters daarin om die waarheid te verdraai…dit sluit Cyril in. Die hele ganse wereld lag vir die spul narre…

Genis ·

ANC+Korrupsie+BEEE=Rommelstatus ek is nie verbaas oor hulle optrede nie… Ek help ook net WEEE, en die diere organisasies..

Piet ·

Die betrokke minister pleeg twee dade, naamlik: rassisme en bedrog deur die toepassing van BEE en te jok oor die saak wat ingedien is by die Hoegeregshof.

Scalla ·

Daar is n gesegde wat lui , van lekker lag, kom lekker huil, die wiel draai.

Steady Eddie ·

Dit is ongelooflik dat Covid-19 se reddingspakkette by sekere instansies vir almal geld, terwyl ander weer net vir ‘n persentasie van die gemeenskap van Suid Afrika ge-oormerk is.
Ek het self in ‘n hof gewerk en die heel 1ste stap van enige regsproses, is om ‘n saaknommer toe te ken !!!
Tot die balju kan die dokumentasie nie beteken, sonder ‘n saaknommer nie !!!
Van die staatsamptenare en politieke ampsdraers gaan aan asof die pakkette hulle geld is en as daar nie behoorlike beheer is nie, gaan korrupsie weer sy kop uitsteek !!!
Dit het blykbaar reeds begin met die uitdeel van nood- kospakkette !!!
Ek sê maar net …

piket ·

En wie het aanvanklik meeste bydrae tot hierdie fondse gelewer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.