Minister maan motoriste

Blade Nzimande, minister van vervoer. (Foto: ANA/Jacques Naude)

Blade Nzimande, minister van vervoer, het ʼn beroep op motoriste gedoen om versigtig te wees en die padreëls te gehoorsaam met die Paasnaweek wat tot ʼn einde kom.

Motoriste kan Maandag ʼn toename in verkeersvolumes op die land se hoofroetes verwag, onder meer die N1, N3 en N4 wanneer mense begin terugkeer ná die Paasnaweek.

“Dit is belangrik dat padgebruikers uiters versigtig bly en hul reise so beplan om te verhoed dat hulle gedurende piektydperke reis,” het Nzimande gesê.

Motoriste wat lang afstande reis, moet moegheid vermy deur elke twee uur of 200 km stil te hou en te rus.

Nzimande het ook ʼn beroep op motoriste gedoen om nie onder die invloed van alkohol te bestuur nie, by die spoedgrens te hou, nie hul selfone te gebruik wanneer hulle bestuur nie, seker te maak hul voertuie is padwaardig én hul veiligheidsgordels te dra.

Padgebruikers moet hul samewerking aan wetstoepassingsowerhede en nooddienspersoneel gee.

Nzimande het ook sy opregte meegevoel betuig met die families en vriende wat geliefdes op die paaie verloor het. Hy het die beseerdes ʼn spoedige herstel toegewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Mariette ·

Nou wat moet hy verder doen as mense nie luister… Hulle word gestraf maar ons mensdom se ore is min

Zombie ·

Mariette (sic), hy moet sorg dat die padverkeerswette konstant deur die jaar toegepas word. Praatjies in die wind is een ding, daadwerklike optrede verg meer moeite en insette.

Anoniem ·

Aag Mnr DIE MINISTER en dan maak elkeen nes Hy lus is en JAAG VERBY – sperstrepe, blinde draaie en stringe voertuie

MET DIE TERUGKEER huistoe gaan die ongeduldsvlakke hoër wees as voor die naweek !

DIE SLEUTELWOORD is dissipline en met respek gesê DIT BESTAAN NIE ?❌

Dries du Toit ·

Ja hy kan ongelukkig nie sorg dat motoriste meer bloed in hulle alkohol het nie

Johanna Botha ·

Vermaan elke jaar dieselde ou storie …raak hulle nie al self moeg nie !

fred ·

Bla..Bla..Bla….en niks gebeur nie….haal al die onpadwaardige voertuie van die paaie…en ook die korrupte traffic cops…

Swartwolf ·

Stem saam met Zombie. Waar sit verkeerspolisie – op plekke waar hul motoriste kan stop oor selfone en sitplekgordels en dalk ‘n afkoop geldjie vra. Waar die gruwelikste roekelose verkeersoortredings plaasvind is te moeilik vir hulle om te wees. En ou blade hemel weet hoeveel bloed is in sy alkoholstroom……

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis nou dieselfde “minister” wat trots vertel van die nuwe toerusting wat hulle het wat bepaal hoeveel “blood is in your alcohol”? En “how much blood you have in you!!”?? As dit ook maar nie vir tjommies op die regte plekke was nie, sou hy nooit die job gekry het nie!!

Anoniem ·

Ag minister hou op net praat. Staan vroeg op dan gaan ry jy die paaie van Tembisa na Kempton dan sal jy sien wie is die skuldiges. Altyd drank en spoed maar gaan kyk wie sterf die meeste die taxis. Jy en aarto is aan die slaap want julle hou padblokkade in Atlas rd. Van Kempton na Boksburg een van die besigste kruisings se robot werk nie en geen verkeersbeampte in sig. Ek ry in ou pretoria weg stop by die rooi robot raai wat 3 taxis en een kar ry net oor en wie bestuur. Gaan soek jou motoriste wat hul lisensies koop. Ry Bronkhorstspruit toe dan kyk jy wat gebeur. Jy staan in die ry dan kom hulle na jou toe vra 300 rand dan druk hulle jou voor in en binne minute is jy klaar. Korrup die hele spul.

Gert van Wierdapark ·

Dit wil voorkom of mnr Skerp met die Maan gepla is. Hy maan hier en maan daar, maar as die son skyn word behoorlike wetstoepassings op n deurlopende basis nie in SA toegepas nie! Hou tog op Praat en begin Doen!

?leser ·

hy bestuur nie self nie maar word rond ge-kerjakker
hy en sy kavalkade staan eers 9 uur in die oggend op voor daar dalk aan werk gedink word
hy sal ook nooit wakker word nie, sy oe is al te veel op skrefies, net halfpad oop as hy links of regs moet kyk
treurig verby ? ? ?

Robobop ·

Maar taxi bestuurders hoef niks reels na te kom nie. Sien nou die dag hoe taxi bestuurder laat gaan word en nie eers sy gordel aangesit het nie. By n padblokkade in harfield pta.

Daan ·

Gaan veiligheids gordels minder padongelukke veroorsaak, kan nie verstaan dat dit genoem word nie.
Die dra van veiliheids gordels behoort ‘n basiese reg te wees, dit is jy wat hom aansit of nie of jy wil sterf of nie, niks te doen om ongelukke te verminder nie

Robocop ·

Ja Daan. Dit sal respek vir metropolisie herstel as die klein reels nagekom word. Respek vir die wet en ander padverbruikers sal dinge regstel. Kom ons hoop maar jy verstaan wat ek se.

Hanna Hoekom ·

Blah-blah-blah-blah! Tot tyd en wyl BEE al kwalifikasie vir koelteridders is, taxis die pad vir hulself toe-eien, spoedvrate en dronk bestuurders hul uit hul penarie kan koop, gaan NIKS verander nie. Spaar maar jou asem!

Wielspore ·

Solank as wat jy bloed in ‘n bestuurder se alkohol soek is jy nie bevoeg om in die pos te wees. Weereens ‘n nasionale flater deur deur ‘n leier aan die begin van die paasnaweek.

Wielspore ·

Na my mening en ervaring lewer die volgende bydrae tot ons pad sterftes, onpadwaardige voertuie, oorlaaide voertuie, onbevoegde bestuurders, padkruipers (ry 80km/h) op ‘n hoofpad oor ‘n langnaweek, regterbaan verslaafdes, dronkbestuur, verbysteek teen ‘n sperstreep en blinde hoogtes, grootkop sindroom (pad behoort aan my), swaar voertuie wat kettings vorm, swaar voertuie wat in die regterbaan bly vir km’s, afwesigheid van verkeersbeamptes, afwesigheid van wetstoepassing, verkeerswette word gebruik om geld vir bangkrot instansies te genereer deur spoedoortredings boetes.

Roadrunner ·

,Selfone , dwelms en roekelose bestuurders van veral taxis, veroorsaak seker die helfte van alle sterftes op die paaie!

Lance ·

Dit is nie net bestuurders van voertuie wat alleen verantwoordelik is vir meeste ongelukke nie.Paaie word gesien as besighede,ry op enige pad en jy sal beeste,bokke,skape,ens sien.Het ń “speedcop” genader oor die beeste wat in die pad loop,hul antwoord was,weet nie wie die eienaar is nie ry veilig.

Leon ·

En dit van ‘n minister wat reken die nuwe toets apparaat bepaal hoeveel bloed is in jou alkohol!
Net soos die ander n flippin idioot!
Sorteer korrupte owerhede uit, en n groot probleem verdwyn!

A Mac ·

Ja, mnr die minister, as jy nie eers weet hoe alkohol in die bloed werk nie, hoe kan ons verwag jy weet wat op die paaie aangaan. Jy sit in jou swart kar terwyl jou drywers die hel uit die pad jaag om jou van punt A na punt B te kry en wat is die gevolg? Daar is mense wat dink hulle is hulle eie minister-kavalkade, en jaag soos hulle wil, waar hulle wil, en die res moet net pad maak vir hulle of slagoffers word. En sommige wetstoepassers? Hulle kyk net hoeveel omkoopgeld hulle kan kry om te betaal vir hulle volgende take-away of partytjie. Sommige sit net in die koelte en games speel op hul selfone of lees koerant of slaap, en dink hul voertuig onder die boom gaan mense afskrik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.