Minister moedig inenting van leerders aan   

Minister Angie Motshekga. (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Alle laer- en hoërskoolleerders sal van Maandag af ten volle terugkeer skool toe met die rotasiestelsel, wat sedert Junie 2020 in plek was weens die Covid-19-pandemie, wat tot ’n einde sal kom.

Daar sal steeds aan sekere Covid-19-maatreëls, soos die dra van maskers, voldoen word, terwyl die vereiste van sosiale distansiëring van 1 m tussen leerders opgehef is.

Volgens Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, is talle vergaderings gehou met onder meer onderwysersvakbonde, skoolbeheerliggaamverenigings, die burgerlike samelewing, en die skoolhoofdevereniging en kommer is uitgespreek oor skole se infrastruktuur en of alle leerders geakkommodeer kan word in die huidige omstandighede. Daar is tans gesprekke met die nasionale tesourie om hierdie kwessies te hanteer.

Die terugkeer na die normale rooster sal volgens Motshekga help om die implementering van die kurrikulumherstelplan te versterk.

“Die leerverliese wat die afgelope twee jaar plaasgevind het, is onbetwisbaar verwoestend. Die tweede stap is om maatreëls in te stel om die tyd, sowel as die onderrig en leer wat veral deur die Covid-19-pandemie verlore gegaan het, in te haal.”

Motshekga het ’n beroep op skoolgemeenskappe gedoen om saam te werk en te verseker dat alle kwalifiserende jongmense ingeënt word. “Hier verwys ek na die 12‑ tot 17-jariges, wat hoofsaaklik kinders van skoolgaande ouderdom is.”

(Foto: Unsplash)

Volgens die departement van gesondheid het meer as 1,2 miljoen leerders reeds inentings ontvang. “Uit ’n totaal van 13,5 miljoen leerders in ons stelsel kwalifiseer ’n geraamde 7,7 miljoen leerders in ons openbare skole om ingeënt te word. Dit is duidelik dat ons nog ’n lang pad het om te gaan,” het Motshekga gesê en onderwysers wat reeds ingeënt is, aangemoedig om vir opvolginentings te gaan.

Verskeie skole kan ook as inentingspersele ingespan word, het Motshekga gesê en bygevoeg “dit moet in oorleg met die departement van gesondheid gedoen word”.

Die Covid-19-pandemie het ’n verwoestende impak op sport- en ander buitemuurse aktiwiteite gehad. Dit is in Oktober hervat en sedert verlede maand word toeskouers ook weer by skoolbyeenkomste toegelaat. “Ons moedig alle skole aan om met hul sport- en buitemuurse programme voort te gaan, maar om steeds aan higiëne- en veiligheidsmaatreëls te voldoen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

piet ·

Weens die relatiewe traag inentingskoers, moet daar vooraad van die vaksienes wees wat verlore kan gaan. In plaas van dit kan hulle eerder booster shots vir almal wat dit wil he beskikbaar stel. Sal graag my derde shot wil kry voor die volgende vlaag.

Thom ·

@piet __ moet jou nie steur aan die verstandelik-belemmerdes nie : bly by dit wat die wêreld se voorste wetenskaplikes propageer en jy behoort reg te wees.

PieterJ ·

Thom, lyk my jy is ook nie doodseker nie: “jy behoort reg te wees”.

JD ·

n Derde en n vierde en n vyfde, inenting tot die wederkoms. Geniet dit

MakersMark ·

Stem saam AVr’s moet gebruik maak van beskikbare inentings en hul en hul kinders laat inent.

Carolina ·

Jy kan myne ook kry, sterkte!! Lyk my die treinspoeling het by jou gewerk

MakersMark ·

Nee nie breinspoeling, nie sterk ik……glo lankal nie meer aan samewerings teorieë nie. Wetenskap het die verplaas om en by die 1400’s.

Thom ·

Tipies van minder beskaafdes __ dreigemente met geweld is so eie aan julle!

Hendrik ·

Dit is dom om gesonde mense in te ent en nog minder kinders met goeie imuunstelsels. Ek bevraagteken ook die minister se mening want tot dusver is die onderwys swak bestuur waar bv. klaskamers skoon gemaak is vir R400 miljoen.

SjN ·

moedig die leerders eerder aan om te studeer en ophou kinders kry om grants te ontvang om mee te begin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.