Minister moet by rioolbesoedeling op Ventersdorp ingryp

Fanie du Toit, ‘n VF Plus-LP, by die rioolvuil wat uit die aanleg stroom. (Foto: VF Plus)

Die VF Plus het die minister van staatsdiens en administrasie, Ayanda Dlodlo, gevra om in te gryp by die voortslepende rioolbesoedeling op Ventersdorp in Noordwes. Die party dring ook daarop aan dat stappe dringend gedoen word om die situasie om te keer.

Fanie du Toit, ʼn VF Plus-LP in Noordwes, sê onverwerkte rioolvuil loop weens swak instandhouding uit ʼn verwerkingsaanleg in die gebied en beland dan in die Rietspruit en die Elandskuildam.

“Buiten vir die voor die handliggende gesondheidsgevare wat dit vir die plaaslike inwoners inhou, lei dit ook tot grootskaalse besoedeling van grondwater en die omgewing,” sê Du Toit.

“Die plaaslike landboubedryf asook toerisme in die gebied ly groot skade hieroor.”

Dlodlo het volgens Du Toit onderneem om aandag aan die probleem te gee en het onderneem om ook die departement van water en sanitasie te betrek.

Die VF Plus het die minister genader om te help nadat hy geen positiewe terugvoer van die JB Marks-munisipaliteit gekry het nie. ʼn Saak daaroor is ook reeds by die Menseregtekommissie (MRK) aanhangig gemaak.

Du Toit sê diegene verantwoordelik vir die besoedeling moet aanspreeklik gehou word.

Maroela Media het vroeër berig Noordwes beleef ʼn munisipale krisis met plaaslike owerhede in die provinsie wat byna permanent onder administrasie is weens finansiële probleme en ʼn onvermoë om dienste te lewer.

Die JB Marks-munisipaliteit, wat die Potchefstroom- en Ventersdorp-area bedien, het in April vanjaar die hoogste punt – ʼn powere 4 uit 10 – in die Noordwes Munisipale Indeks gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Piet parys ·

Ja wanneer breinlose ‘ mense ‘ aangestel word met geen ondervinding in die poste waarvan hulle niks weet nie . Weerhou dienste geld . Jy kan nie vir n diens betaal en geen waarde kry nie . Sink die dorpe se onbevoegde amptenare . Geem geld vir dienste hulle werk vir julle en nie anders om nie . Geen salaris vir hulle . Jy belasting betaler is daai dik gevrete luiaards se baas.

Harley Davidson ·

Ek wens die VF+ wil onderhandelinge begin vir ‘n onafhanklike tuisstaat waar die probleem nie sal bestaan nie nou mors hulle tyd met ‘n minister wat bewus is van die poef probleem en niks omtrent dit gaan doen nie.

Kokerboom ·

Stel die President en Minister asook LUR’e werklik belang of beskou hul dit as die norm?

Di ·

Nee wat vergeet dit. ANC kaders maak net lee beloftes en verder gebeur daar niks. Wag net elke maand vir die salaris, verder GEEN belangstelling of enige sin van lojaliteit nie as dit by werk kom nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.