‘Minister moet dringend ingryp by Charlotte Maxeke’

Groot skade is aangerig tydens ‘n brand by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg (April 2021) (Foto: Twitter)

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, sal dringend by die voortslepende Charlotte Maxeke-krisis moet ingryp aangesien die provinsiale departement van gesondheid nie die mas opkom nie.

Só het Philip van Staden, VF Plus-LP en woordvoerder oor gesondheid, gesê en bygevoeg dat die gesondheidstelsel nie kan bekostig dat ʼn enkele hospitaal in Gauteng nie ten volle operasioneel is nie.

“Berigte dat psigiatriese pasiënte wat tans by die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg in enige kamer en beskikbare hoek ingebondel word en tot sewe dae lank op ʼn bed moet wag, is uiters kommerwekkend.”

Hierdie situasie het ontstaan vanweë die feit dat die Charlotte Maxeke-hospitaal, wat ʼn jaar gelede gesluit is en op 14 Maart vanjaar moes heropen om die las op nabygeleë hospitale te verlig, nie gaan heropen soos beplan nie.

Die diefstal van elektriese kabels en elektriese verdeelborde in die hospitaal het die beplande opening in die wiele gery.

“Dit plaas ook ʼn bykomende las op al die ander hospitale in die provinsie met miljoene mense wat bedien moet word.

“Dit is duidelik dat ander hospitale soos Helen Joseph nie die volgehoue druk kan hanteer nie en dat die sluiting van Charlotte Maxeke se ongevalle-afdeling en psigiatriese eenhede druk plaas op die psigiatriese eenheid by Helen Joseph.”

Die VF Plus meen dat daar dringend opgetree moet word om ʼn volgende Life Esidimeni-tragedie, soos wat in 2016 plaasgevind het toe 144 pasiënte weens verwaarlosing, dehidrasie en honger gesterf het, te vermy.

“Dit is ʼn wesenlike moontlikheid indien die minister nie spoedig ingryp om die krisis op te los nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nie Verbaas

Wat gaan dit help vir minister om in te gryp as die hele ANC onbevoeg is?

Sarel

Geen persoon nog vervolg vir fie Brand nie?
Noem geval van Esidimeni..reeds 2016 en steeds was niemand vervolg nie

Diline

AG ASB, asog HY iets hieraan kan doen! Hulle is almal ONBEVOEG, sleg en skelm. Hierdie is ook die gevolge van geen instandhouding, diefstal en korrupsie. Dit gaan so in ALLE staatshospitale

Nette

Hulle gaan niks doen nie, want dit is die begin om privaat hospitale semi staat te maak.

annie

Verstaan tog. Mens sien op tv duidelik dat die ministers nie ore het nie. Hoekom nog op deeske aarde van die besige minister verwag om ook te bekommer oor klein probleempies soos Maxeke en Esidimeni ea verwaarloosde pasiënte. Mens moet ambisie hê om ook die president van dié vooruitstrewende land te word. Daar is al meer as tien vingers se kandidate wat die goue stoel voor in die ou sirkustent begeer wat glo trots op Markplein tussen die Nigiese stalletjies gaan moet pryk.