Minister moet ingryp by MRK, sê Afrikanerbond

Adv. Buang Jones, hoof van die MRK se regsafdeling. (Foto: Twitter)

Die Afrikanerbond het die minister van justisie Donderdag versoek om dringend in te gryp om die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) “van homself te red”.

Die organisasie voer aan die MRK tree nie op teen adv. Buang Jones, waarnemende regshoof van die kommissie, nie.

“Die Afrikanerbond het skriftelik ʼn beroep op minister Ronald Lamola gedoen om in te gryp, want ons is van mening dat die MRK in ʼn deurlopende leierskap- en administratiewe krisis verkeer wat hierdie grondwetlike hoofstuk 9-instelling verhinder om sy mandaat na te kom,” het die Afrikanerbond in ʼn verklaring gesê.

Die organisasie het die minister voorsien van die agtergrond van die klagte wat hulle by die MRK ingedien het rakende Jones. Dit volg nadat Jones hom in Langebaan uitgelaat het oor die haatspraakklag teen Springbok-slot Eben Etzebeth.

“Ons het op 7 Oktober 2019 ʼn klag by die voorsitter van die MRK ingedien waarin aangedui word dat Jones uiters bevooroordeeld is in sy uitsprake. Ons het destyds ook aangedui dat dit duidelik was dat hy die Etzebeth-aangeleentheid gebruik om sy eie persoonlike profiel te bevorder, ten einde die besluitnemers gunstig te beïndruk wanneer hulle sy aansoek om die pos as adjunk- openbare beskermer oorweeg.”

Verskeie skrywes wat die Afrikanerbond in dié verband aan die MRK gerig het, het onbeantwoord gebly. “Ons het ons bekommernis gedeel omdat Jones se naam een van die agt kandidate op die kortlys was vir die amp van adjunk- openbare beskermer. Een van die vereistes vir die aansoek was dat ʼn kandidaat ‘geskik en bevoeg’ is om die amp te beklee. Ons het toe getwyfel dat dit die geval was, en ons twyfel nog steeds aan die geskiktheid en bevoegdheid van Jones,” lui die verklaring.

Die Afrikanerbond twyfel of die MRK enigsins moeite gedoen het om hierdie spesifieke personeellid te ondersoek.

Jones het tydens sy onderhoud om adjunk- openbare beskermer in die parlement gesê daar is tans geen interne ondersoek of tugverhoor deur die MRK teen hom nie. Hy het ook gesê die MRK het intussen twee regsmenings bekom van senior advokate wat bevind het dat daar “niks verkeerd, skadelik of aanstootlik” aan sy uitlatings was nie.

“Dit is duidelik dat die MRK se funksionering in wanorde is. Ons is al ʼn geruime ruk van mening dat die kommissie nie meer sy mandaat nakom nie. Die Etzebeth-saak is van die begin af deur oorgretige kommissarisse en personeel verbrou. Die MRK het toegelaat dat ʼn personeellid terselfdertyd optree as regter en jurie, en het versuim om op te tree of te reageer op ons klagte.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Hannetjie ·

Ja roer die mense wat net hul vet salaris kry en nie hul werk doen nie

daniel ·

En die grens tussen politiek en die regspleging word by die dag onduideliker, en ons is nie ver van die dag dat skeiding gaan verdwyn en politiek gaan oorheers nie.

JohanR ·

Niks sal gebeure nie. In Engels se mens “got your back brother!”

daniel ·

Dit is n skande dat n regering so min belangstel om reg te laat geskiet aan n person bloot omdat hy tot n ander ras behoort. Reg sal geskied of hulle daarvan hou of nie. God haat onreg.

skurweberg ·

By wyse van spreke: As jy vandag nie baie lang slagtande het en kan wys as jy met die strukture van die owerhede onderhandel nie, is ek bevrees, dat alle pogings die etiket van mislukking dra.

Ek hoop egter dat daar deur julle poging nog ‘n kan wurms oopgemaak kan word, sodat die MRK se prosesse en aktiwiteite vir die belastingbetaler en algemene publiek bekend kan raak. Daar is nou net te veel negatiewe beriggewing oor die instelling

Ons volg die gebeure met oorgawe.
Sterkte.

daniel ·

Daar is net teveel kastige departemente sonder enige funksie behalwe om n salaris te ontvang vir nilsdoen nie.

Johan Maritz ·

Ek sien nou wat is die probleem in die land al die top bestuur met ANC konneksie is 17 jaar en jonger Knders wat n land moet regeer, wat n grap.

Irma ·

Die siener…. slim mnr Jones. Hulle praat van een ding en doen presies die teenoorgestelde. Die siekte wat saam met die ANC gekom het en nou maak hulle so selftevrede mense opmerkings wat in werklikheid presies openbaar wie en wat hulle is.

Michael P ·

Watch this space! Hierdie Jones is een van die mooi dae n MINISTER.

B ·

Saam met Lesufi ja.

Inderdaad Jaco, ons verkramptes wat gehoon is, was eintlik ons tyd so 25 j vooruit, so inderwaarheid visioenêr!

Hoe ironies

Janna ·

Die knapie lyk sommer na die, ek laaik myself tiepe. Sy ego moet gebreek word. Ek glo nie dieMRK het die wil nie.????

JZ ·

jv – Dit is n waar stelling , Het geen vertroue in die MRK en hulle maak hulle skuldig aan dubbelde standaarde.

Mathys ·

Is dit net ek of lyk Buangbroek Jones presies soos Chester Missing?

Hans ·

As bathabili domini weer n aanstelling kon kry is die ou se pos verseker

Josef Slowinski ·

Die Afrikanerbond moet nou maar sy gedrog wat hy help skep het en die gevolge van hulle blindheid verdra. Ja die gekonkel in die geheim hulle nie geglo het dat dit aan die lig sal kom.

Petrus ·

Die AB is ‘n stem uit die graf. Beteken niks vir Afrikaners.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.