Minister moet ingryp in Saskok se uitsluiting van roeiers

Die SA-kanospan by die Afrika Spele.

Die DA is bekommerd oor berigte dat Suid-Afrika geen verteenwoordig in die kano- en kajakafdelings by die Olimpiese Spele in Tokio volgende jaar gaan hê nie.

Maroela Media het vroeër berig die span is verlede week ingelig dat hy nie aan die Olimpiese Spele in Japan kan deelneem nie aangesien hy nie aan die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) se kriteria voldoen nie. Dit ten spyte daarvan dat die span lande van twee ander vastelande, bo en behalwe Afrika, geklop het tydens die internasionale kwalifiseringsrondtes.

Volgens die kriteria opgestel deur die internasionale kanofederasie en die Internasionale Olimpiese Komitee moes atlete die spanne van ten minste twee ander vastelande klop tydens die wêreldkampioenskap in Hongarye in Augustus. Die Suid-Afrikaanse span het Suid-Amerika, Noord-Amerika, Australië én Asië onderskeidelik in vier items geklop.

Tydens die Afrika Spele wat later in Augustus in Marokko plaasgevind het, het die span alle ander Afrika-lande in dieselfde items uitgestof.

Saskok kyk egter na bykomende kriteria soos ʼn span of atleet se internasionale plasing en hoeveel lande deelneem aan die sport. Verskeie sportspanne het reeds vanjaar hul ontevredenheid uitgespreek oor dié “onbillike” kriteria.

Veronica van Dyk, die DA se woordvoerder oor sport, het gesê die atlete se agt jaar lange toewyding en harde werk het teleurstellend geëindig weens Saskok se onbillike en onregverdige optrede.

Die DA sê volgens berigte het Saskok aangedui dat hy die internasionale bepalings kan aanpas, as dit billik en regverdig is. Saskok sê glo ook hy kan nie toelaat dat Suid-Afrikaanse atlete aan só ʼn hoogs aangeskewe byeenkoms deelneem as die kans bestaan dat hulle hulself en die land in die verleentheid kan bring nie.

Die DA sê hy gaan die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, skryf en hom vra om dringend in te gryp by Saskok, wie se optrede die droom van atlete steel om op die hoogste vlak mee te ding.

Die party het reeds geskrewe vrae oor die aangeleentheid by die parlement ingedien.

“Die geleentheid om die Olimpiese Spele by te woon is ʼn enorme een vir kano- en kajakspanne. Dit gaan hulle toelaat om teen die beste op die wêreldverhoog mee te ding. Dit sou baie verkeerd wees om hulle dié geleentheid te ontneem, gegewe dat hulle bykans agt jaar voorberei het vir die Spele,” het Van Dyk gesê.

Die DA sê hy hoop Saskok doen “die regte ding” en laat die span toe om as deel van Span Suid-Afrika wél deel te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

jaco ·

haal net die wit roeiers uit en vervang hulle met “kwota”-roeiers. probleem opgelos.

Sleg ·

Ja dis ongelukkig die probleem in al die RSA sport.
As al die politiek verwyder en atlete en professionel sports lui gekies word op merietes sal die land van baie meer aangenaam wees.

Maar weens die houding wat hulle inslaan sal onse land nooit regkom nie. Kyk net na die Bokke byboorbeeld, speel spelers op meriete nie net omdat hull daar hoort nie. Enige sport moet kan spelers of deelnemers die geleentheid bied tensy hulle daar hoort op meriete en óf hulle dit kan bekostig om aan kompetisies en geleenthede deel te kan neem.

Sterkte roeiers.

Gustaf Claassens ·

Alles politiek. Dis wat aan die grondslag lê van uitsprake en besluite soos dié. Hoe Saskok dit ookal probeer verpak, almal weet waaroor dit werklik gaan. Hierdie mense haat en verpes sukses wat nie volgens hulle kriteria geskied nie. Dis hoe dit is en sal wees.

Anoniem ·

Ons weet almal hoekom hulle nie gaan nie kyk na die kleur van die span

Poplap ·

Anoniem
Dit was ok my eerste gedagte. So onregverdig. Hulle finansier hulleself. Kry geen mediadekking en werk ongelooflik hard om hierdi wonderlike prestasies te bereik. En sou ons hulle aan n ander land verloor sal di houding net wees; good riddance.

aj ·

Ek wonder of die roeiers vir SASKOK en /of die ANC wetlik kan VERPLIG om hulle verantwoordelikheid ná te kom?

1. Om die toppresterende atlete te KIES vir Olimpiese deelname (om SA te verteenwoordig).
2. Om uit ons belastinggeld te betaal vir die atlete se kostes t.o.v. Olimpiese deelname.
3. Klagtes te lê by die IOK teen SASKOK (ANC) vir PLIGSVERSUIM en/of DISKRIMINASIE.

Die IOK behoort SA (ANC) te straf d.m.v. skorsing uit alle Olimpiese sport.

Anel ·

Ek sou hulle aanraai om as onafhanklikes te gaan deelneem, onder die olimpiese vlag. Hulle kry in elke geval geen ondersteuning van SASKOK nie. Wen en laat SASKOK op hulle neuse kyk.
Ongelukkig is dit ook so dat hoe meer atlete saamgaan hoe minder plek is daar vir die kaders om op ons geld te gaan vakansie hou.

Ig ·

Anel, indie hulle op hulle eie kan deelneem sal ek ruim bydra.

Harry ·

Dis maar soos in die rugby: net die B-span mag deelneem, want dit voldoen aan die BEE vereistes.
Hul mag dit dan eintlik nie meer ‘n Springbokspan noem nie, maar eerder ‘n BEE-span!

Laathulledeelneem ·

As hulle onafhanklik deelneem sal ek ook bydrae. Dat jou eie land, regering en die se strukture jou so kan teleurstel en jou drome wegraap…

De Villiers ·

Die dubbelsinnigheid van die ANC word hier ook blootgelê, en bevestig net dat elkeen in die ANC met preek wat hy wil, ongeag wat hul beleid sê. Saskok se woordvoerder, Qondisa Ngwenya, het gesê hulle befonds die kanospan nie teen volle nie en gaan ń kleiner span volgende jaar instuur OMDAT dit vir die span vernederend gaan wees vir elke nederlaag. Dis absurd, want hulle dwing juis kwotas in alle soort af wat die kanse om te verloor vergroot omdat dit die span se sterkte negatief beïnvloed en atlete en spelers met meriete juis uitsluit, maar daarmee het Saskok en die ANC nie’n probleem nie. Huh ANC, verduidelik bietjie hierdie een.

leser ·

soweto, sakok, mamelodi, anc mrk, blf, eff, ens., almal van kleur, jy sal ‘n groot, GROOT, bohaai moet opskop om daardie breins op koers moet kry
verander die vanne, (net bietjie), “tan” met baie goeie “tan lotion”, leer ‘n dialek aan , kry onder die tafel (soos wat al die genoemdes) hulle finansies, ( diefstal), bymekaar, borge, skarefinansiering groepe, gebruik taktiek, verstand vir die fondse
stuur saskok, daar waar nog water gevind (planeet) moet word

Deon ·

Hoe lekker kry ek nou! Sommige mense glo mos nie dat ons in ‘n land leef van diskriminasie nie! Gaan sit maar rustig in julle bootjie en roei op die vaaldam vir julle plesier!

Sandra ·

Niks nuut! Al kwalifiseer ‘n atleet volgens IAAF standaarde is dit ook nie goed genoeg vir hulle. Hoe moet jong atlete ondervinding opdien. Hul word eerder mismoedig en daarom verloor ons so baie jong talent.

ES ·

Hoe is dit ‘n verleentheid vir die land as hulle alreeds kwalifiseer en hul het groot lande soos Suid- en Noord Amerika geklop???

Skokkend…

heila ·

hoe pateties is dit nie kwotas kan nie rugby speel nie kwotas kan nie tennis speel nie kwotas kan nie swem nie. so kan jy aan en aan gaan.
ek is baie siek en sat vir kwotas. ongelukkig kan ek nie die land verlaat weens armoede en ek dink altyd wat gaan van my arm-blanke genote word?
honger ly, geen werk geen medies. terwille van my wit arm blanke genote bly ek waar ek is en dra ieder en elk aan GOD op
Heila

AndrewL ·

Hoeveel bee atlete is in die verlede net gestuur om ondervinding op te doen? Toemaar, kaders moet eerste gestel word.

Erich ·

Julle is te wit – julle gaan nie regkom nie. Julle sal moet probeer deelneem as onafhanklikes – voorspoed aan julle. Wat n skande.
Terloops – ek dink die springbok embleem gaan in elk geval verdwyn na die wereldbeker en hulle gaan oog voortaan die Proteas genoem word. Kyk maar na die truie.

JoeV ·

Indien die spanne wel kwalifiseer vir deelname, kan hulle aansoek doen om “onafhanklik” deel te neem, geen vlag nie.
Dink dit is iets wat die manne daar by Solidariteit dalk mee kan help om al die beste atlete by die spele te kry.

GL ·

Ja ons weet almal hoekom hulle nie gan nie. Gee vir hulle n blik nugget skoen politoer en verander hulle vanne.

ISABEL ·

TROTS OP JOU VERONICA VAN DYK. SO KEN EK JOU GEEN STEEN WORD ONAANGEROER WAAR JY BETROKKE IS NIE. JY DIEN JOU LAND EN JOU MENSE….

Anoniem ·

“Nie toelaat om SA atlete te laat deelneem nie vir die bestaan dat hulle hulself en die land in die verleentheid kan bring” ek het nog nooit sulke bog in my lewe gehoor nie, ek wonder hoe die dinge werk… word die persoon wat die besluite neem een oggend wakker en vra “hoe kan ek vandag dommer klink as gister” en as hy in n blik gedruk word daaroor dan skree hy Apartheid, diskriminasie wat in 1652 gebeur het en rasisme… hierdie is werklik onregverdig en ek hoop hulle gee vir Sasko aan by die MRK of die gelykheids hof!

humor ·

Seemonster net in n enkele gedagte het jy dit nou reg gese. Vryf dit dit onder die minister se neus. Hoeveel maal moes SAsokkerliefhebbers hul kop laat sak in skaamte. Lyk my die regering floreer op verleentheid. Miskien is dit hul eerste poging om geld te bespaar. Laai alle spanne met kwotas dan mag hulle nie deelneem nie.

E.K. die eerste ·

Kan nie so mooi op die foto sien nie, maar as ek dit nie mishet, is die blondekop links Brigitte Hartley wat alreeds by ‘n vorige Spele brons gekry het nou HOE kan sy nie weer deelneem nie? SImpel verby – ons moet ‘n groot span stuur van alle sportsoorte sodat mens beter kanse het vir medaljes. Ek onthou in die verlede het die masnhokkiespan ook so gesukkel en nie kon gaan nie.

jakes ·

Ek wonder of die roeiers wat wel gekies is, kan swem? En hoeveel sekondes gaan dit neem voordat hul kano omval? Hoop net dat die lewensredders ook kan swem?

Swanna ·

Hoe iroonies. Wanneer ‘n party ‘n groot persintasie van sy stemme begin verloor hoe hulle skielik op die “map” kom en alle snaakse inligting bekom en orals krap en uitlek sodat hulle weer gesien en gehoor word sodat almal weer aan hulle kan glo en dink dit gaan beter gaan om weer vir hulle te stem. Wat ‘n “foefie” en glo my daar is baie wat weer huis waarts gaan keer as ek dit mag stel want baie mvan ons is maar net maklik invloedbaar en kan maklik omgekoop word want ons dink nie verder as onse eie neuse nie.

rantelkat ·

FF+ kan gerus hul hande ook vuil maak en so my stem wen in hierdie en soortgelyke saake

Lagwekkend ·

SASKOK moet maar verduidelik hoekom hulle baan-en veldatlete nie eens een medalje in Doha kon wen nie!

Swartwolf ·

In geval die kano omval wonder mens of die kwotas sal kan terugswem kant toe.

Joe ·

Dieselfde geld in gymnastiek, slegs as wit gymnas 1ste of 2de plek behaal by SA’s mag hulle span maak,, as 3de 4de 5 de ens wit is mag hulle nie span wees nie…dan word Kwota in gesit al is hulle 8ste

Joe ·

net by se …as 1ste 2de nie wit is nie…dan al is 3de wit mag gymnas nie gekies word nie…so jy moet 1ste of 2de wees ander niks…GRAP

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.