‘Minister moet ingryp’ in staking van 10111-personeel

Argieffoto: https://pixabay.com

Die burgerregtewaghond AfriForum het versoek dat Fikile Mbalula, minister van polisie, dringend ingryp in die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu) se staking oor salarisverhogings vir personeel by die 10111-noodlynsentrum.

Maroela Media het vroeër berig Oscar Skommere, hoofsekretaris van Sapu, het aangekondig dat honderde van die 10111-personeel Dinsdag gaan begin staak, maar dat hulle die polisie 14 werksdae [vanaf 6 Junie] gegee het om gunstige reaksie tot hul eise te toon.

Skommere het gewaarsku dat, sou dit nie gebeur nie, die dienssentrums tot ʼn stilstand gebring sal word.

Hein Gonzales, gemeenskapsveiligheid-, regs- en risikoadviseur vir AfriForum, het ’n skriftelike eis aan Mbalula gestuur waarin hy hom versoek om dringend in te gryp in hierdie saak. Hy het ook versoek dat Fikile aan AfriForum ’n proaktiewe aksieplan moet verskaf om ’n krisis in Suid-Afrika as gevolg van dié staking te vermy.

“In ag genome dat nie minder nie as agt plaasmoorde in die afgelope maand gepleeg is en die land ’n oorhoofse misdaadkrisis in die gesig staar, is dit uiters kommerwekkend dat só ’n staking beplan word,” het Gonzales gesê.

“Ons wag angstig vir die minister se dringende terugvoer en wil beklemtoon dat AfriForum bystand sal wil bied en kragte met die SAPD saamspan in dié verband, indien dit nodig sou wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

lorayne ·

Ek wonder hoe groot die skade kan wees? Dit is nie asof dit ‘n flinke behulpsame diens is nie. . .

Johann ·

Wat maak dit saak as die spul staak. Dis so ‘n nuttelose diens dat die staking geen verskil sal maak nie

DEE ·

Ek dog hulle staak lankal. Gewoonlik geen antwoord nie. Lewer patetiese diens indien hulle wel antwoord en dan wil hulle staak vir groter salarisse?

humor ·

Ek glo daar is 1000 de wat met bg. kommentare saam stem. Aan die ander kant dit meebring dat die kwessie van paraatheid vining inslag sal vind.

Gogga ·

Wat ek nie kan glo nie is dat Afriforum die Minister moet NOOP om op te tree?? Hoekom tree hy nie self op nie? Ek kan nie glo dat ‘n Minister en die President van ‘n land nie bekommerd is oor die veiligheid van AL sy landsburgers nie. Ons weet nou hulle gee nie vir minderhede om nie, maar die 10111 nommer is tog vir alle kulture, so dit is maar net ‘n bewys dat hulle vir NIEMAND in SA se veiligheid omgee nie, en steeds word daar vir hulle gestem en hulle in beheer van die land gehou. Dit is hoekom ek GEEN simpatie met stakers het nie, hulle stem vir dieselfde mense teen wie hulle vandag staak. 10111 is ook nou nie die skerpste potlode in die pakkie nie, en kan nie naastenby met 911 van ander lande vergelyk nie.

bekomerd ·

Die rede is geld. daar is ander lede ook in diens van die polisie wat al 24 jaar of meer level 5 (minimum) kry. ons gaan maar net aan sonder verhooging. as hulle vir hulle meer geld gee moet dit deur die bank gedoen word vir almal in die polisie.

Henda ·

Dit is pateties dat mense in sulke poste dit eers kan oorweeg. My vraag is net as jy aansoek doen vir ‘n pos en jy aanvaar dit dan aanvaar jy mos hulle salaris ooreenkoms ook. Hoe kan jy dan nou ewe skielik besluit dit is te min. Daar is soveel mense wat werkloos is en graag ‘n werk wil hê, gaan genoeg ooit genoeg wees vir hulle. Dit is pateties om te sien hoe ondankbaar die mense is kry so skaam dat ons lank sulke goed goedkeur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.