‘Minister moet opdok vir TV-onderhoud van R500 000’

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling. Foto: ANA

Die DA eis dat Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, self moet opdok nadat haar departement glo R500 000 betaal het vir ʼn SAUK-onderhoud met die minister.

Nomsa Philiso, waarnemende hoof van die SAUK, het intussen gesê voorlopige ondersoek na die bewerings wys dat die departement inderdaad vir die onderhoud op die televisieprogram Real Talk with Anele betaal het.

Die onderhoud is in twee dele op 7 en 8 Desember gebeeldsaai en weer op 18 Desember herhaal. Dit was terwyl die ANC se verkiesingskonferensie aan die gang was.

Bridget Masango, die DA se skaduminister van maatskaplike ontwikkeling, het gesê die R500 000 wat glo vir die onderhoud betaal is, kon vir meer as 300 maatskaplike toelae aangewend word. “Dit is skokkend dat die departement die vermetelheid gehad het om openbare geld te gebruik vir ʼn onderhoud.”

Volgens Masango sal die DA ʼn reeks parlementêre vrae stel om die feite te probeer vasstel. Masango het gesê hulle vra reeds lankal dat die minister in die pad gesteek word.

Lumka Oliphant, die minister se woordvoerder, het intussen teruggekap en gesê die departement koop mediaruimte deur die regering se amptelike kommunikasiediens (GCIS) vir die uitsluitlike doel om die minister, departement en agentskappe te bemark.

“Die departement het tot dusver meer as R5 miljoen deur die GCIS na die SAUK oorgeplaas vir dié doel en ons sal nie om verskoning vra omdat ons in die SAUK belê nie. Die SAUK gee vir ons ruimte oor al sy platforms op radio, TV en aanlyn.”

Philiso het gesê dit is “nie normaal” vir die openbare uitsaaier om onderhoude te verkoop nie en dat daar verder ondersoek ingestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Xavier Gerber ·

Was 100% van die onderhoud omtrent die werk wat haar dept gedoen het? Indien nie, was dit nie ‘n geregverdigde besigheidsuitgawe nie en moet sy en/of die ANC self daarvoor betaal en skuld hulle die belastingbetaler R500,000.00 plus rente.

Alida 2 ·

Waarvoor moet ‘n minister en Dept van Maatskaplike ontwikkeling bemark word?
Almal weet mos daar is so Dept. in die regering.
Nee wat, net weer ‘n gemors van geld om iemand te bevoordeel.

Oom Walker ·

Die onderhoud was nie net gebeeldsaai nie. Dit was volledig uitgesaai, klank ingesluit!

Ray ·

Kan nie glo sy is nog in die pos na al die problem nie. As ek ‘n Algemene Bestuurder gehad het wat so oningelig is oor die besigheid wat Hy/ Sy bedryf was dit lankal pad af gewees.

M.S ·

Is dit net ek of is al die groot koppe of meerderheid Dlamini’s??

jean ·

Hoe lekker lag ek nou……..! Almal raak so vreeslik onsteld terwyl ons almal weet hoe skelm en korrup elke regeringsamptenaar is en dat ons niks daaraan kan doen…..Viva Afrika!!!!!!!!

Colleen ·

Ek ruik ‘n rot! Korrupsie is aan die orde van die dag by sekere instansies. Hoekom sal dit dan hier anders wees?

Tammy ·

Enige regering, departement of instansie wat sy sout werd is , is so bekend en hoef gladnie bemark te word nie. Ha -ha sy kan maar die geld terugbetaal …dit was blatante vermorsing. Trek net jou sokkies op en “perform” voeg waarde toe tot jou departement en jy sal wereldberoemd word!

Andre ·

Is daar n staatsdepartement in Suid Afrika wat sonder korrupsie funksioneer ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.