Minister moet parool vir Walus heroorweeg

Die foto van Walus is in November 1997 geneem. Foto: AP Photo/Cobus Bodenstein, File

Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag gelas dat die minister van justisie sy besluit om Janusz Walus parool te weier moet heroorweeg.

Regter Selby Baqwa het min. Michael Masutha se weiering om parool aan Walus toe te staan tersyde gestel. Die hof het Masutha 120 dae kans gegee om Walus se aansoek te heroorweeg. Walus sal kan insae gee, asook die SAKP en Chris Hani se weduwee, Limpho.

Walus het reeds 25 jaar van sy lewenslange tronkstraf in die Kgosi Mampuru-gevangenis uitgedien vir die moord op Hani in April 1993.

Walus het aan die begin van Augustus vir die derde keer aansoek gedoen om parool. Hy het die hof versoek om Michael Masutha se weiering om sy parool toe te staan, te hersien en tersyde te stel. Die hof het toe uitspraak voorbehou.

Deur sy regsverteenwoordiger het Walus gesê hy het al verskeie kere sy berou uitgespreek aan die Hani-familie en die samelewing. Hy het sewe jaar gelede ʼn positiewe aanbeveling ontvang van die paroolraad, maar sy parool is in 2013 deur die minister afgekeur.

Michael Masutha, minister van justisie (Foto: Chantall Presence/ANA)

Masutha het in November 2017 weer Walus se paroolaansoek afgekeur. Dít nadat die Pretoriase hooggeregshof beslis het Walus moet vrygelaat word. Masutha se aansoek om verlof tot appèl is aanvanklik afgekeur waarna hy die appèlhof direk genader het. Die appèlhof het die saak na Masutha terugverwys en gesê hy het 90 dae tyd om te besluit of Walus vrygelaat moet word of nie.

Masutha het destyds aangevoer ʼn sielkundige verslag het bevind Walus het wel berou dat Hani se kinders sonder ʼn pa en sy vrou sonder haar man gelaat is, maar geen berou dat hy Hani vermoor het nie.

Hy het ook gesê daar is sekere teenstrydighede in Walus se weergawe van die omstandighede wat daartoe gelei het dat hy besluit het om Hani te vermoor, wat ʼn verdere aanduiding is dat hy nie werklik berou het oor sy dade nie.

Baqwa is dieselfde regter wat in 2015 mediese parool toegestaan het aan Clive Derby-Lewis, wat Hani se moord saam met Walus beplan het. Die regter het egter in daardie stadium gesê hy glo die 79-jarige Derby-Lewis het berou getoon vir die moord.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Anoniem ·

Minister wees net asseblief konsekwent ! Môre is die skoen aan ‘n ander voet dan moet Jy hulle dieselfde behandel en dan ook 25 jaar wag ! Ons soek gelyke behandeling en die reëls moet vir almal dieselfde wees !

Marietjie ·

Masutha is die toppunt van “asprisgeit”!!! En mev Hani se haat sal haar nog vernietig!. Regtig, lewenslank in alle opsigte is 25 jaar, so hy het eintlik nie eens parool nodig nie, hy moet automaties vrygelaat word…hy het sy tyd uitgedien.

Swart Piet ·

Ek hoop Walusz se paroo aansoek slaag, maar soos ek die spul ken sal ek nie my asem ophou nie.

jaco ·

Hierdie man het in Pole onder kommunisme grootgeword en dit gehaat. Toe kom hy uit Pole uit en verhuis SA toe. In 1989 het kommunisme tot ‘n einde gekom in Pole. In 1990 is die ANC en die SA Kommunistiese Party ontban en het ALMAL in SA geweet wat sou kom. Waarom het Walus dan nie teruggegaan Pole toe nie? Ten tyde van die moord op Hani was kommunisme dan reeds amper 4 jaar WEG uit Pole uit.
Kommunisme soos toegepas in Pole was ook nie só sleg nie. Dit was ‘n land SONDER goed soos:
-beurtkrag
-Vuil swak staatshospitale
-Swak lae standaard onderwys
-35% werkloosheid
-Plakkerskampe
-Nkandla-tipe weelde en verryking van regerende politici
Daar was selfs redelike godsdiensvryheid, VEEL beter ander kommunistiese lande soos die Sowjet-Unie, Roemenië en Bulgarye.
Dié man het in 1993 eintlik maar lekker die wit brood in sy een hand vasgehou terwyl sy rewolwer in sy ander hand was.

Okay ·

Maar hy was in die tronk. Waar daar nie sulke goed is nie… Hy’t in n 5 ster hotel gewoon, net tv en selfoon en mense regte in n destydse misdaad vrye land. En nou is hy in die veiligste plek in Suud afrika.

Se maar net 1 ·

Kommunisme in Pole nie so erg nie. Gaan kyk gerus na ‘Europa – The last battle ‘, parts 1 to 10. (Dit is Europa gespel. )
Alles wat tans gebeur gaan sin maak. Ek dink die man wou keer wat in sy land gebeur het, nie hier gebeur nie.

Manie ·

Wallis is die Mandela van 2018. Gee hom die erkenning wat hom toekom. Hy’t tenminste lankal besef dat die ANC en sy kommuniste behoort nie deel van die land te wees

Anoniem ·

Ons Bid en vra dat Hy ‘n 2de kans kry soos baie ander wat regtig berou getoon het ! Te veel om op te noem ! Aag toe-toe Minister, handel gou-gou die sakie AF !

Manie ·

Hierdie man het geweet kommunisme hou niks goeds in vir die land. Kyk net hoe lyk die land en dan sal jy so bietjie van sy insig verstaan

Johan H. ·

Hy het kommunisme beveg. Gee hom n medalje. Maar nou sal hulle uitstel en seker op die nippertjie oor 4 maande weer i ander uitgerekte storie he. Anc styl!! Kan ou shabier shake nie nou maar weer terug tronk toe nie,baie seker sy siekte is uitgesort!!

Susan ·

Kan moordenaars regtig gerehabiliteer word?
Daar is ‘n gesegde wat sê a leopard never changes its spots..
Wonder of vandag se plaas moordenaars so lank in die tjoekie sit. Vandag kom hulle letterlik met moord weg.

m.d.r ·

Die motief of moontlike motief vir Walusz se daad is al herhaaldelik deurtrap vanuit alle oorde.
Die vraag is dit: wat beteken die vonnis van “lewenslank’ in ons regstelsel werklik ?
Soos ek dit verneem is “lewenslank” eintlik beperk tot 25 jaar in aanhouding.
Die man het sy 25 jaar uitgedien. punt.
Wie besluit of hy werklik berou het ? En as hy nie berou het nie, word die vonnis dan ‘n geval van onbepaalde tronkstraf.?
Hoe nou gemaak met misdadigers wat twee of meer “lewenslange’ vonnise kry , soos deesdae baie maal gebeur..?
Word die 25 jaar dan vir elke vonnis ‘n afsnypunt…?
Wat as die regter beslis sulke vonnise moet gelyktydig uitgedien word—-is daar dan enige sin aan so ‘n vonnis..?
Me Hani se emosionele betrokkenheid beroof die Reg van die begrip van Onpartydige Oordeel.
Kry die naasbestaandes van bv Plaasmoord slagoffers ook dieselfde geleenthede as Me Hani wanneer moordenaars van hulle geliefdes om parool aansoek doen…?
Wanneer is ‘n straf in elkgeval volledig uitgedien >

Angelique ·

Geen Parool vir hom nie – hy het geweet wat hy doen!! Geen vrou of kinders verdien om sonder hul Vader te lewe nie. Hy, Walus het hul van daardie voorreg ontneem!!!!
Walus het sy bed gemaak, so hy moet maar net daarop lë!!!

jakes ·

Janus bly my held. Hulle sal hom nooit vrylaat nie maar hy het bereik wat hy wou.

jaco ·

Dinge in SA is seker ook maanskyn en rose vir jou omdat Hani toe wel vermoor is. Word wakker: selfs al is Hani nie vermoor nie, sou SA vandag presies net so “down the drain” gewees het.

christa ·

wat gaan met die sogenaamde minister aan. Soek hy aandag of wil hy he daar moet voor hom gekruip word. Hy is geen god nie. Hoekom word die oorledenes sy mense gevra of hy vry gelaat kan word maar die agtergebledendes van wit oorledenes word nooit gevra nie.

plaasseun ·

Verder dink niemand verder as die ANC homself, Mbeki adim en CIA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.