Minister moet wel besluit oor Walus se lot

Limpho Hani, Chris Hani se weduwee, by die hof. Foto: ANA

Die minister moet wel besluit of Chris Hani se moordenaar, Janusz Walus, op parool vrygelaat moet word, al dan nie. Só het die Noord-Gautengse hooggeregshof Donderdag beslis.

Walus het die hof gevra om die voormalige minister van justisie en korrektiewe dienste, Michael Masutha, se besluit om te keer en hom op parool vry te laat en hom na Pole, sy geboorteland, te deporteer. Walus se regspan voer aan dat Masutha se besluit om hom parool te weier onbillik en irrasioneel was.

Walus dien reeds meer as 25 jaar tronkstraf uit vir die moord op Hani, voormalige leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party.

Die hof het wel Masutha se besluit om Walus parool te weier, omgekeer, maar die saak terugverwys na die nuwe minister van justisie, Ronald Lamola. Dié het nou 60 dae om te herbesin oor die saak. “Hoewel Walus in aanmerking kom vir parool, is dit nie ʼn gegewe dat hy wel behoort vrygelaat te word nie,” het regter Jody Kollapen in sy uitspraak gesê. Hy het wel daarop gewys dat die getuienis van verskeie kenners daarop dui dat Walus waarskynlik nie weer die wet sal oortree nie en dat hy wel berou toon vir sy dade.

“Die hof het ons dus halfpad tegemoet gekom, maar voel hulle wil nie inmeng met die uitvoerende magte van die regering nie. Ons bly oopkop oor die saak,” sê Julian Knight, Walus se regsverteenwoordiger.

Hy sê tog hy kan nie verstaan hoe plaasmoordenaars, verkragters en ander hoëprofiel misdadigers soos Eugene de Kock vrygelaat is nie, terwyl Walus nog sukkel om parool te kry. “Lede van die Kommunistiese Party het juis by die hof gesê hulle het nie ʼn probleem daarmee dat Walus vrygelaat word nie, solank hy sê wie hom gehelp het om Hani te vermoor. Solank daar hierdie idee van ʼn komplot bestaan, gaan ons Walus moeilik uit die tronk kry,” sê Knight.

Lamola se kantoor het Donderdag in ʼn verklaring gesê hy bestudeer die uitspraak en sal dan besluit hoe om daarop te reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

JohanR ·

En ou Limpho Hani sal seker maak op een of ander manier dat hy binne bly!

Basjan ·

Ja, sy is die vlieg in die salf. As dit nie vir haar haatdraentheid nie, was Janusz Waluz reeds vrygelaat.

Niklaas ·

Ek sal glad nie sy daad goedpraat nie , maar ek dink hy het nou al sy straf uitgedien. Gee hom parool , dis wat ander landsburgers van ander rasse binne kort tye in SA kry en almal moet geskeer word oor die dieselfde kam.

Hannetjie ·

Niklaas…moordenaars kry dan ook borg!!Hierdie vrou….dit is sy wat die hof beinvloed…en dit moet end kry.Jy het sy straf deur en deur uitgedien.En wat van moordenaars wat parool kry..en dan weer moor. Die Staats President sal moet ingryp.Kan nie dat sy hul manipuleer nie

Sê-maar-net ·

My broer het 2 kinders binne een jaar op twee verskillende tye aan die dood afgestaan deur moordenaars. Hierdie misdadigers is nooit gevang nie, laat staan nog berou toon of parool kry! Party bly op vrye voet en ander moet doodgaan in die tronk. Twee soorte wette binne een land.

Maxi ·

Walus het klaar sy straf uitgedien. Hani se vrou is die manupileerder. Die besluitnemers is soos die bank. Niemand wil oorgaan tot n besluit nie. Klomp besluitlose mense. Hoop hy kan huistoe gaan.

Iemand wat weet ·

Net om te korrigeer
Jody Kollapen is ‘n man
Hy is voormalig die voorsitter van die MRK

Sune van Heerden ·

Dagsê

Dankie dat jy dit onder ons aandag gebring het. Ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

E. Burger ·

Dit is baie onregverdig. Wallus moet sit, volle Tronkstraf, maar nie die ander nie.Hani se vrou se lewe gaan aan dit is al 25 jr. Maar ander mense verwag ons moet vergewe en vergeet nie eers nie 20jr nie al na 10-15 jr. Laat die wet intree.

HPV ·

Twee stelle wette van die anc regime, probleem hy is wit. Van wanner af beheer Limpie Hani die paroolraad?

HPV ·

Sakkie, teen 19000 moorde per jaar, ongeveer 475000 kan direk voor die ANC se deur gelê word. Ons moet egter in gedagte hou wie die land sonder wigte aan die ANC oorgegee het.

Jr ·

Die man sal nooit parool kry nie. Hulle en sy gebruik hom as n voorbeeld. Hoe gouer ons besef dat daar twee justisie sisteems vir kleure is , hoe beter.

Gaitsigubib ·

Ek is so bly ons is die eentonige kommentaar gespaar van Plole wat nie meer kommunisties was nie, Walus wat stupid was en moes terug Pole toe en ander nuttelose geskiedenis. Laat die man huistoe gaan. Die waarheids en vesoeningskommissie was n klug gewees. Daarvoor het hy die prys betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.