Minister Mthembu toets positief vir Covid-19

Minister Jackson Mthembu. Foto: Presidensie/Twitter

Die minister in die presidensie, Jackson Mthembu, het positief getoets vir Covid-19. Die minister het vroeër vandag die toets ondergaan nadat hy simptome getoon het.

Hy, en diegene met wie hy in kontak was, is dadelik in kwarantyn geplaas volgens Covid-19-regulasies, het Phumla Williams, woordvoerder van die kabinet, gesê.

Hy is die vierde lid van die uitvoerende raad wat die afgelope week positief getoets het. Hy is in ʼn goeie luim en wens almal, wat ook die virus onder lede het, spoedige beterskap toe.

“Ons maan alle Suid-Afrikaners opnuut om gereeld hul hande te was en te ontsmet, ʼn gesigmasker behoorlik te dra en fisiese distansiëring toe te pas,” het Mthembu bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Alleen Wolf ·

Nou hoe nou, dis die hoeveelste minister of ANC hoog geplaasde wat Covid opdoen, kom hulle dan nie hulle eie reels na nie?

Anton ·

Wonder watter van die effektiewe maatreels het hy nie gevolg nie? CR moet hom op sy vingers tik ????

Francois Le Cochon ·

Die maatreels is om die verspreiding van die virus te voorkom, nie om nie die virus te kry nie. Jackson M was heel moontlik in aanraking met iemand wat nie die maatreels nagekom het nie.

Hennie J ·

Nou wonder mens, indien hy moet hospital toe gaan, gaan hy ook in portaal of die ambulaans le en wag vir n bed?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.