Minister ontbind SABS-raad

SABS (Foto: SABS Approved, Facebook)

Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het Dinsdag die raad van die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) met onmiddellike inwerkingtreding ontbind.

Dit is gedoen omdat hulle glo versuim het om hul fidusiêre pligte na te kom asook weens hul beweerde goedkeuring van Tegeta-steenkool vir Eskom wat nie op standaard was nie.

Dit kom nadat drie direkteure vroeër vandeesmaand bedank het ná Davies raadslede gevra het om verbale en geskrewe inskrywings te maak oor die redes waarom hulle nie van die raad verwyder moet word nie.

Hy het die inskrywings as onbevredigend en onoortuigend bestempel.

Davies het aangedui dat hy al talle klagtes oor die SABS-raad ontvang het.

“Plaaslike vervaardigers sukkel om verskaffingskontrakte te kry in plaaslike en internasionale markte as gevolg van die SABS se onderprestasie.”

Davies het verder aangevoer dit is sy verantwoordelikheid om te verseker dat instellings wat verantwoordelik is vir gehalte en die standaardisasie van produkte juis voorkom dat substandaard- en onveilige produkte die plaaslike markte betree.

“Die SABS het nie daarin geslaag om ingevolge hul mandaat te presteer nie. Ek het vertroue verloor in die raad se vermoë om die instellings doeltreffend te bestuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Pelgrim ·

Ai tog, so baie wat só goed gewerk het, moet nou eers weer van nuuts af opgebou word. Die SABS was baie hoog aangeskryf. Vandag, soos soveel ander instellings waarop ons trots kon wees, is dit in vodde.

Die minister se optrede is ‘n stappie in die regte rigting, maar of die SABS ooit weer sy glorie sal herwin? Nee wat, die regering en sy ondersteuners aanvaar middelmatigheid te geredelik. Hulle mik nie vir 100 nie. Hulle mik vir 70 en is dan tevrede om 45 te behaal.

John ·

Davies reageer nou eers! Hoe lank al is die sabs niksseggend? Davies moet afgedank word… al lankal al. Wat doen die minister nou eintlik. Ry hy ook maar net op die lee trokke vol lekkertes rond en doen taalversorging. Die werk van die sabs is dringend noodsaaklik, maar dit is met argwaan begroet soos die gesondheidsinspekteurs se afwesigheid by die kouevleisskandaal waartydens baie mense gesterf het. Wat gaan nou gebeur? Niks. Die eerstewereldgehalte-produkte uit Afrika en elders is nou volmaak genoeg? Of wat? Dis skokkend om die minste te se. CR het baie skoonmaakwerk wat wag.

ontnugter ·

Wat verwag julle? Die probleem het begin toe hulle mense aangestel het wat afbrand en verwoes. Die sabs was mos juis gestig om sekere produkte te he wat hou en hou. Die twee kan nie bymekaar gebring word nie. Derhalwe breek hulle toe die sabs af.

Anoniem ·

Ek is nie verbaas dat die SABS gesluit is nie. Losbriek op ‘n afdraende pad; dis SA.

Joahn H. ·

Hoop nie dit gaan i invloed op die gehalte van produkte he nie, Hoop nie ons gaan nou nog meer oorstroom word deur China en Tiawan gemors nie..

Hanna Hoekom ·

Geloofwaardigheid voor kundigheid… Regstellende aksie in sy volle glorie. Of laat ek dit eerder “wegstellende aksie” noem. Alles stort in duie. En nou is daar nog wragties mense wat “wonder” wat verkeerd gegaan het in hierdie eens florerende instansies.

moegesukkel ·

Ten minste maak hy die regte besluit.
Ons produk moet jaarliks gaan vir toetse. Toetsmonsters is verlede jaar Mei maand afgelewer…………ons wag nog steeds vir die uitslae!!!!In die verlede was die uitslae binne vier tot ses weke afgehandel.

Helen ·

Dit is die gevolg van oorhaastige transformasie, kundiges moes oornag plek maak vir onkundiges want almal moes wys hul staan 100% agter transformasie. Onkundiges moes eers van die kundiges leer maar o wee hul kleur was nie reg en moes so gou moontlik uit. Hierdie verval is al in 1994 voorspel met die oorhaastiges wat kleur oral wou vervang en daar het jy dit nou. Dit is nie net in staatsmaatskappye nie dit is in elke besigheid sektor in die land en of dit nie erg genoeg is nie is die fokus nou om die ouer garde met die kennis en ondervinding wat nog daar is uit te kry want die milliniums moet nou in – nog n ramp want hul wil begin met astronomiese salarisse want dit is hul reg Ek sê maar net hou dop wat nou verder gebeur, die gemors is nog nie op ‘n einde nie!!

Anoniem 2 ·

Hang af hoe ‘n mens daarna kyk. Wie baat die meeste daarby as daar geen SABS is nie?

wraggies ·

Nog ene wat in duie stort, motorbedryf gebruik nie eers meer hulle “dienste” nie.

Anoniem 2 ·

Asof die regering hulle mandaat met ons as belastingbetalers nakom? Klink eerder vir my of die minister ‘n deur oopmaak om juis monitering van produkte te omseil. Wie baat hierby? Die verbruikers of die besigeheidsmense? ;-)

liz ·

Spike, ek stem , ek het genoeg gehad, mens kan regtig net so veel vat, van hierdie siek en korrupte land!

Paul ·

Nou moet hy net die regering ontbind want hulle is net so ondoeltreffend en beteken niks

Elizabeth ·

Hoor-hoor, Paul!!! Die regering en staatsdiens is BAIE MEER ONDOELTREFFEND as die SABS. Laat ons hoop hulle kyk met volgende aanstellings na kwalifikasies en ondervinding.

Andre ·

Hoe lank weet Davies dit? Nou moet iets gedoen word want sy salaris is in gevaar. SABS stempel is ‘n waarskuwing aan die verbruiker om nie die sub standaard produk te koop nie. Kyk vir eerste wêreld Standaard stempels!

Tammy ·

Dit laat my dadelik dink aan die eenheid by SARS wat toegemaak is om by die geldmanjie uit te kom. Wonder wat skuil hieragter? Was dit dalk wegstellende aksie? Die hele land bloei…….

Ben ·

Die regte ding om te doen. Maak Skoon!!! Ek persoonlik het duisende rande verloor as gevolg van produkte wat die SAB merk dra. In meeste gevalle as daar twee produkte op die rak is en een dra die SAB merk dan koop ek die ander. Die ander ding is hoekom is daar soveel Chinese elektroniese produkte wat op ons mark is, wat nie voldoen aan ons standarde nie, wat nie getoets is nie en ook geen onderstening het nie? Die arme Suid Afrikaanse publiek word links en regs beroof en die SABS staan en toekyk.

Chris Ws ·

‘n Stap in die regte rigting,al is dit ietwat laat.Nou moet die Eskom raad weggejaag word!Hulle presteer gladie maar kry prestasie bonusse?geen wonder Eskom kan nie kop bo water hou nie.

E ·

Nog ń vraag. As die SABS raad ontbind is gaan hul voort met ń nuwe raad of ontbind die hele organisasie? Of word die standaarde stilletjies verlaag om by ons junk status aan te pas? Ai maar dit gaan lekker hier. Anything goes.

marous ·

Gaan hy verduidelik hoe die belangrikste skakel in handel en nywerheid , verpoeier het onder sy wakende oog ? Sekerlik gaan die antwoord wees dat die raad hom mislei het , of onder ‘n wanindruk gebring het , of dinge van hom weerhou het of of of maar dit sal nooit sy verantwoordelikheid wees nie.

Adrian ·

Dit is tyd dat ons ons onwettige verbinding met die regering om als te duld en te betaal staak . N egskeiding moet nou plaasvind die huwelik is op die rotse so nou moet hulle ons onderhoud betaal

Esther Coetzee ·

Suid-Afrika is mos nou ‘n baie beter plek, nie waar nie FW en trawante??

Sheryah ·

So wie gaan nou seker maak dat wanneer ons toiletpapier koop daar aangedui word hoeveel blokkies op ‘n rol is. Het enige een van julle al gesien hoe lyk ‘n rolletjie toiletpapier in Marroko? Dis pienk en hard en so slap opgerol dat jy seker net 2-3 keer afvee dan is die rolletjie leeg. Suid-Afrika het alreeds kleiner rolletjies begin verkoop om mense om die bos te probeer lei met ‘n laer prys, maar tot dusver as jy mooi gekyk het was daar darem iewers op die pakkie aangedui dat dit net 200 blookies ipv 350 bevat. ☺ – Wat gaan aan in Suid-Afrika…?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.