Minister ontken Bosasa-bewerings

Minister Lindiwe Sisulu. Foto: GCIS/Flickr

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, ontken dat sy ʼn direkteur was van Dyambu Holdings wat sy naam na Bosasa verander het.

Dit kom nadat Aneglo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, die week by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig het dat daar aan hom gesê is dat Sisulu en ander ministers, insluitend Nosiviwe Mapisa-Nqakula, Nomvula Mokonyane en Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering, direkteure was van Dyambu wat sy naam in 2000 na Bosasa verander het.

Sisulu het in ʼn verklaring op ʼn amptelike briefhoof van die departement die bewerings as vals afgemaak. In die verklaring word Agrizzi daarop gewys dat Carte Blanche destyds ook oor die bewering berig het en hulle om verskoning moes vra daaroor.

Angelo Agrizzi. Foto: Itumeleng English/ANA

“Die departement versoek Agrizzi om sy verklaring in die openbaar en voor die kommissie reg te stel.”

Adv. Paul Pretorius het gesê al die partye wat by Agrizzi se getuienis betrek is, is daarvan ingelig en sal al die nodige inligting ontvang om op die bewerings te antwoord.

Agrizzi het is sy getuienis beweer dat Bosasa tussen R4 en R6 miljoen per maand aan omkoopgeld spandeer het om ANC-amptenare en senior regeringsbeamptes om te koop om kontrakte en tenders by staatsinstellings te kry.

Die kommissie het Donderdag vroeg verdaag nadat Agrizzi kwessies rondom sy veiligheid geopper het.

Die werksaamhede van die kommissie word Vrydag voortgesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Rabes ·

Die waarheid moet uitkom dis soos ‘n pitsweer wat binnekort gaan oopbars

Colleen ·

Ek is van mening dat Lindiwe Sisulu in elk geval ondersoek word. Waar ‘n rokie trek, brand ‘n vuurtjie.

Diefie ·

Angelo Agrizzi moet vir hom veiligheidswagte kry en alles wat hy weet op kamara kry. Sterkte Angelo.

Johan H. ·

As ek moet kies wie die waarheid praat tussen die 2 ,,,,, Sorry sisoeloe jy verloor, Jul anc se trackrecord het jou verraaie!!

Thinus Erasmus ·

Direkteurskap van maatskappye en sulke inligting behoort mos in argiewe opgeteken te wees, dit behoort tog redelik maklik opgespoor te kan word!

Rikus ·

As jy die waarheid praat, laat koppel jouself aan n poligraaf. En daag ander mense uit om dieselfde te doen. Ja ek weet dit word nie in n hofsaak aanvaar nie, maar dit dra tog gewig buite n hof. Veral as die ander partye weier om ook n poligraaf toets te doen.

Cherokee ·

Die rede waarom poligraaftoetse nie as bewyse aanvaar word nie is omdat dit moontlik is om vir ‘n leuenverklikker te lieg.

Thinus Erasmus ·

Dis reg Rickus, dit word orals baie effektief gedoen veral as die (onskuldige) beskuldigde dit self voorstel kan jy seker 99% seker wees.
Cherokee, ‘n persoon moet goed afgerig wees of baie gelukkig om die toets en operateur te fnuik, ek reken dis baie makliker om vir die polisie en hof te lieg as vir die leuenverklikker.
Wat is u antwoord hierop meneer?

hendrik ·

Ek dink nie n poligraaftoets gaan werk met n psigopaat of sosiopaat nie want hul het nie n gewete nie. Lieg en bedrieg is in elk geval hul forte.

Francois ·

Ek wil net vir almal hier inlig dat die poligraaf toetse n totale klug is. Dit is deeglik wetenskaplik bewys. Jy kan n poligraaf toets weier op grond van die feit dat daar te veel vals positiewe en negatiewe resultate is. Dus jy kan skuldig bevind word op die toets al is jy onskuldig. Behalwe as jy eventueel skuld self erken……dit is gewoonlik die doel van die ondersoeker….

Henry ·

Mnr Agrizzi se getuienis gaan nog baie siele se hare laat regop staan.
Weet nie of die regop stanery van die hare, pruike ook gaan insluit nie. Sal maar wag en sien…
:-)

Thinus Erasmus ·

Francois dit mag so wees / jy mag verkeerd wees, nietemin: Die normale onskuldige persoon is normaalweg bereid om te getuig of saam te werk ens.
En die teendeel is normaalweg waar van die skuldige, wys vir my hoeveel skuldiges gee hul self oor, maak volledige besonderhede bekend in hul verklarings, en pleit dan sommer skuldig?
Minder as 1%
So dit bly ‘n handige instrument, net soos kruis ondervraging wat werklik grusaam kan raak vir ‘n onskuldige of selfs net ‘n getuie.

Foxi ·

Ja nee, het geweet hierdie enetjie is nie so onskuldig as wat sy lyk nie. Almal het saam aan n been gekou. So, baie van hulle gaan uit hul muisgate moet uitkom.

Pvt ·

En so vorder die lys.
Kom ons kyk uit vir:
PIC
Woolworths

Die 2 blikke wurms gaan goed wees.

HPV ·

Sisulu leef in ‘n haar wêreld van ontkenning. Mens mors jou tyd om na enige iets wat sy sê te luister.

Elize ·

Daar moet mos dokumente wees wat wys dat sy daar werksaam was. Hoekom kan dit nie na vore kom nie of is dit ook betyds vernietig / verbrand soos alles. By Cipc kan ook vasgestel word of sy as direkteur geregistreer was want dit moet so gedoen word met elke maatskappy wat direkteure het

sê maar net ·

Natuurlik….hoe dan anders….sal dit nooit erken nie….???

Foxi ·

Nou goed dan, ek stel dit beter. Diegene wat saam in die donker gesels het, sal nou in die lig kom.

Daan Erasmus ·

Agrizzi het net gesê : Dit is vir my gesê. Hy het nooit gesê sy IS ‘n direkteur nie.

Jacques ·

En so draai die wiel . Ontkenning van misdaad , wetsgehoorsame burgers ens ens . Praat vir een keer die waarheid sodat die volk kan sien jy het murg in jou pype . Die waarheid kom altyd maar altyd uit , dit is net n kwesie van tyd .

Willie ·

Diewe en skelms sal altyd hulle dade of regverdig of daaroor lieg!

koos ·

Waar daar ‘n rookie trek……..
Zuma, Gigaba, Guptas ens ontken en het alles ontken. Dis standard praktyk.
Ek glo nie die man sal so ‘n bewering onder eed doen as hy nie bewyse het nie.
Carte Blanche se werk is nie om opvolg stories te doen nie, of was onder druk en het seker daarom “verskoning” gevra.
Regter Zondo en span, krap asb alles tot op die been oop. Wat is die sê ding in Engels: “The truth will set you free” en onse mense wil so graag “free” wees.

ano ·

Mnr Agrizzi, dankie dat jy praat maar ek sal my begrafnispollise begin opdateer as ek in jou skoene gestaan het.

Grassie ·

Dit lyk vir my die Guptas was nie die enigste grootskaalse plunderaars van staatsgeld nie.

Thinus Erasmus ·

Daan jy’s briljant! As hy dit as hoorse getuienis oordra, is dit mos nie sy eie getuienis nie. Al dra dit dus geen waarde nie, en dit moet van getuienis verwyder word, beteken dit nie hy moet dit terugtrek of dat dit vals is nie.
Hy hoef dan ook nie verskoning daarvoor vra nie.
Dis wat jy bedoel Daan?
But the lady protest …………………

Phil ·

Hoekom moet almal wat betrek is ingelig word om hulle kant te stel? Onde dierbare juffrou het nie die geleendheid gekry om haar kant te stel nie….

koos ·

Want die man hier in beheer glo aan die regsbeginsel dal albei kante van ‘n saak aangehoor moet word.
Elana is deur onkundiges op sosiale media verhoor (“trail by media?”), skuldig bevind en gestraf deur die staat, en dit binne 3 dae.

ne ·

Amepr almal in ANC is vrot appels. Ry lekker die soustrein op belasting gelde.

Cor ·

Aha daar kom dit waarin die kaders goed geskool is en dit is ontkenning , ontkenning tot in die eewigheid in , jy mag nooi maar nooit erken nie want dan is jy nie n goeie kader nie

ne ·

Amper almal in ANC is vrot appels. Ry lekker die soustrein op belasting gelde.

Dries du Toit ·

In enige goeie westerse land sal al hierdie vrot kurupte bedrywighede van n regering hulle baie duur te staan kom en hulle sal geen verkiesing kan wen nie maar in SA is dit die teenoorgestelde. Hier word ons regeer deur die onosele massas wat nie hierdie sluwe ingewikkelde bedrywighede verstaan of kan sien nie. Die opposisie partye mors hulle kosbare tyd met klein kwessies i.p.v om die massas te gaan verduidelik wat regtig aangaan in die land

Geregtigheid ·

Ag elke keer wanneer die waarheid uitkom dan ontken die ANC dit. Hierdie ding gaan nerens nie. Daar is te veel hoe profiele betrokke.

Dries du Toit ·

Selfs daai ontkenning kan aan die massas verduidelik word

Leon ·

Net soos wat sy beweer het daar bestaan nie iets soos plaasmoorde nie??!!!

Nel ·

“Now what state do you live in?’
‘Denial.”
― Bill Watterson
‘n Goeie beskrywing van Sisulu se “state of mind”.

Magda ·

En wie dink jy meot jou glo – Ek het dit en dat nie gedoen nie -ANC JULLE IS SO LORRUPT DAT JULLE NIE EERS DIE WAARHEID SAL SIEN AS DIT REG VOOR JULLE IS NIE – SORRY JY VERLOOR ZUSIE – DIE WAARHEID KOM ALTYD UIT EN HIER SAL DIT OOK

Michelle ·

More hoor ons iewers in die rokie wat deur die lug trek die antie het ook iets ontvang

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.