Minister ontken hemelhoë hotelrekening

Oudpres. Jacob Zuma en Bongani Bongo toe Bongo as minister van staatsveiligheid ingesweer is (18 Oktober 2017) Foto: GCIS

Bongani Bongo, minister van staatsveiligheid, het berigte dat sy rekening vir ʼn drie week lange verblyf in ʼn vyfsterhotel in Kaapstad sowat R147 000 beloop, ontken. Dit is glo in plaas daarvan dat hy sy amptelike staatswoning bewoon.

Die Sunday Times het berig dat Bongo in die Taj Hotel (R7 000 per nag) plek bespreek het op belastingbetalers se onkoste om glo die waterbeperkings vry te spring en die luuksheid van verlengde stortbaddens in die droogtegeteisterde stad te geniet.

Volgens die koerant het Bongo ook vergaderings met ANC-LP’s en adjunkministers by die hotel gehou.

Bongo het Maandag in ʼn verklaring nie ontken dat hy plek by dié hotel bespreek het nie, maar wel gesê hy het nie drie weke daar ingewoon nie juis “weens die besef van ons huidige fiskale beperkinge en ons verantwoordelikheid as regering om aan die voorpunt te lei”.

Volgens hom was hy slegs vir drie dae daar.

“Om die feite te gee, wil ek graag aandui dat die proses om my amptelike woning toe te ken nog nie bekragtig is deur die betrokke departemente nie. Intussen het ek grootliks my ou verblyfplek by die parlementêre dorp gebruik. Uit die aard van ons werk het ek ook ander verblyfreëlings getref, waaronder dié hotel.”

Die ministerie het intussen gesê hulle het die Sunday Times genader om te eis dat die koerant die berig onttrek en ʼn verskoning uitreik oor die “duidelik onjuiste inligting wat as feite in die storie voorgehou is”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anoniem ·

Of dit drie dae of drie weke was, teen R7 000 ‘n aand is dit nogsteeds onaanvaarbaar!

Mike Kaapstad ·

Al wat ek kan se is doen jou werk President…………

christa ·

hoekom maar die regeringsamptenare nie gebruik van gastehuise nie of is dit benede hulle stand? As hulle self sou betaal sou hulle beslis van goedkoper verblyf gebruik maak.

Anoniem ·

Jy kan 24/7 stort, dit sal nie jou skuldige gewete skoon gewas kry nie…

Denise ·

Dit klink heerlik hoekom nie hy betaal nie daar is baie wat gaan opdok of dit nou n week of drie dae was hulle sal betaal !!!!!! This is going to be a joy ride!!!!!!

cor ·

Ai man dit is lekker innie anc regering!!, kan n man dan nie sewe whiskys , n lekker stort, n sagte bed en kamer bediening kry nie? Wie sal betaal nie ekke of Capitec of Absa nie,maar wel die belasting betalers, man dit is lekker innie anc!!!

christa ·

dit gaan so lekker in die ANC omrede hulle nie weet waar die geld vandaan kom nie. Die fonteintjie sal nog loop tot die ANC nie meer aan die bewind is nie.

Boer ·

Dan het ons gedink ‘n Boer maak ‘n plan. Daar is diegene wat GEBORE word met ‘n plan.

Zumie ·

Hoe kaler jonker hoe groter pronker…..
Die staatskas is daar om vir eie gewin gebruik te word…..

Johann ·

NET 3 dae mense. Shame? Hyt sekee terapie nodig na NET 3 dae? Hys disatvaantidgt… shame? Moenie so lelik wees met hom nie. Dit moes traumaties gewees het? En noudat sy puppet mastee se toukies geknip is, gaan hy BESLIS weer daar n draai moet gaan maak.

Maar die hotel het bv GEEN issue daarmee dat ons belasting geld dag vir drie vir sewe en meer eenvoudig gebill en betaal word nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.