Minister ontken hy ‘koop’ grond met drank

Minister Zokwana

Minister Zokwana

Senzeni Zokwana, nuut aangestelde minister van landbou, het gerugte dat hy drank gebruik het om ‘n stuk grond te bekom, ten sterkste ontken, berig City Press.

Manduleli Bikitsha, stamhoof van Ntshatshongo in Willowvale, vat Zokwana hof toe en beweer die minister beset onwettig grond in die area. Bikitsha beweer Zokwana het nie volgens tradisionele praktyke die regte prosedures gevolg om die grond te bekom nie.

Hy beweer die minister het alkohol gegee om die area waar hy sy beeste aanhou te bekom. “Zokwana het nie die proses gevolg nie. Hy het slegs brandewyn gegee en gedink dis genoeg,” het Bikitsha gesê.

Zokwana het aan die koerant bevestig dat hy “vir nou” die grond gebruik maar beweer hy het die regte prosedures gevolg. “Die mense en gemeenskap het vir my die grond gegee. ‘n Persoon van my statuur ken die protokol in die tipe situasies en ek het dit tot die letter gevolg.”

Zokwana het ook bevestig dat hy die brandewyn gegee het maar sê dit is normale praktyk in die landelike gemeenskappe om dit te gee wanneer ‘n persoon grond bekom.

Die saak sal op 26 Junie in die Willowvale-landdroshof aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

alet ·

Waar kan ek grond koop in ruil vir brandewyn nou het ek alles gehoor hahahaha lagwekkend

Erich Goosen ·

Dis die perd wat sy beeswagter R800 per maand betaal? Ek hoor hy het in die myne gewerk. Hy het sy D.Agric seker ondergronds verwerf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.