Minister ontken sy verjaag joernaliste

Bathabile Dlamini, minister van vrouesake in die presidensie, het eNCA se bewering dat sy hul joernaliste toegang geweier het tot ʼn toespraak wat sy gelewer het, ontken.

Volgens eNCA is sy verslaggewer Thubalihle Vilane en kameraman Bongumusa Mkhize verbied om die saal by die KwaNzimela Anglikaanse kerk in Melmoth binne te gaan waar Dlamini Sondag die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders bekend gestel het.

Dlamini het gesê die SAUK en eNCA het onderhoude met haar versoek, maar dat daar weens tydbeperkings besluit is dat sy die onderhoud met die SAUK sal doen en dat Weziwe Thusi, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in KwaZulu-Natal, die onderhoud met eNCA sal doen.

Volgens Dlamini is sy in kennis gestel dat daar glo ʼn gesprek was tussen beamptes van haar kantoor en eNCA en dat haar personeelhoof eNCA glo toegang tot die saal verbied het.

Minister Dlamini tydens Sondag se geleentheid. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

Dlamini het gesê sy het geen verslaggewer gevra om die geleentheid te verlaat of toegang tot die saal verbied nie. Sy het met ʼn ondersoek begin om vas te stel wat gebeur het. Volgens Dlamini sal sy nooit ʼn joernalis vra om ʼn regeringsbyeenkoms te verlaat nie.

eNCA het vroeër gesê sy verslaggewer en kameraman was besig om Dlamini se aankoms te verfilm toe sy hulle genader en gesê het sy neem aanstoot omdat die kamera op haar gerig is. Palesa Mphamo, Dlamini se personeelhoof, het toe glo aan hulle gesê dat hulle nie die saal waar Dlamini haar toespraak lewer mag binnegaan nie. Daar is aan hulle gesê die minister weier om met eNCA te praat en sal slegs met die SAUK praat aangesien “hulle die parameters begryp”.

“eNCA is diep bekommerd dat ons deur ʼn minister verbied word by ʼn geleentheid van nasionale belang. Ons het die reg om enige openbare aangestelde verteenwoordiger vrae te vra en sien dit as ons plig om dit te doen,” het die nuusdiens gesê.

“As medialid is dit ons grondwetlike reg om vrylik en sonder teistering te werk. Om so gemuilband te word, is uiters kommerwekkend, veral aangesien daar volgende jaar ʼn verkiesing is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pensioenaris ·

Sy lieg so sy glo al haarself. Wat soek sy nog daar?

Daan Erasmus ·

Sy lieg. Dit is mos sy wat toe sy voor ‘n kommisie moes getuig toe kon sy nie Engels praat nie. Moes toe ‘n Zoeloe tolk kry. Patties.

leser ·

is sy nog nie ‘n doqktur (lw; doqktur) nie
een van die die dae is sy ook ‘n doqktur, ‘n doqktur in “‘onychophagia”

Irma ·

Luister na haar woordspelings. Sy ‘het geen een v haar mense opdrag gegee om die media te verbied nie), maar sy het hulle self genader. Net effense verdraaiing vsn die werklikheid en sy verbeel haar sy is tol los. Dink sekeres van hulle het geleer om die waarheid te verdraai voor hulle kon praat.

Jacques ·

Die vrou is besig om sa-hool se naam nog meer skade aan te doen . Wat dink sy is die kans dat n mediahuis sal lieg oor so iets ? Ek dink sy is die een wat iets het om weg te steek . Ek ruik n rot , en n baie groot een .

Anoniem ·

As eNCA besig was om haar te verfilm toe sy hulle nader, het hulle seker die gebeure op film vasgelê en kan dit as bewys gebruik word van wat regtig gebeur het?

eNCA, versprei asb ‘n videogreep van die gebeure.

Jack Daniel ·

Kyk Sy kan lieg!! Dis seker hoekom CR haar in die parlie hou want hulle leer mekaar lieg!!!
WOW!!

Gert van Wierdapark ·

Die agbare minister het seker al n draai in Australie gemaak, want sy is soos n “Boemerang” gee nie om hoe sy “gegooi”, is/word nie, sy kom heeltyd terug!

Alida ·

Was nog altyd n verleentheid vir haarself en die hele wereld. Seker n paar glasies ingehad nou kan sy niks onthou nie daarom ontken sy alles. Jaag weg asb.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.