Minister op spesiale verlof na middagete by vriend

Minister Stella Ndabeni-Abrahams. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, is vir twee maande op spesiale verlof geplaas, waarvan een maand onbetaald is, nadat sy glo die regulasies van die afsonderingstydperk verontagsaam het.

Dit het Dinsdag aan die lig gekom dat Ndabeni-Abrahams Sondag middagete saam met ’n string mense by die huis van haar vriend Mduduzi Manana, voormalige adjunkminister van hoër onderwys, geniet het.

Pres. Cyril Ramaphosa het hierna versoek dat Ndabeni-Abrahams moet kom verduidelik hoekom sy glo die regulasies verontagsaam het. Hy het hierna besluit om haar op spesiale verlof te plaas. “Die president het sy misnoeë met die minister se optrede te kenne gegee,” het Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, gesê.

“Die minister het om verskoning gevra en die president het dit aanvaar, maar hy was onaangeraak deur die versagtende omstandighede wat sy aangevoer het.”

Ramaphosa het verder gesê die reg moet sy gang gaan rakende die minister se beweerde oortreding van die regulasies.

Jackson Mthembu, minister in die presidensie. (Foto: GCIS)

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, sal in Ndabeni-Abrahams se plek waarneem vir die twee maande.

Volgens Diko het die president die minister berispe en haar opdrag gegee om ʼn openbare verskoning aan die nasie te rig.

“Die landwye afsonderingstydperk vereis absolute nakoming deur alle Suid-Afrikaners. Lede van die nasionale uitvoerende gesag het ’n spesiale verantwoordelikheid om ’n voorbeeld te stel aan Suid-Afrikaners wat groot opofferings moet maak,” het Ramaphosa gesê.

“Nie een van ons, en veral nie ’n lid van die nasionale uitvoerende gesag nie, mag die pogings om lewens te red in hierdie baie ernstige situasie ondermyn nie. Ek is tevrede dat minister Ndabeni-Abrahams die erns van wat sy gedoen het, verstaan en weet dat niemand bo die wet verhewe is nie.”

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Fred ·

Nog ‘n klein stappie in die regte rigting, moet nou nie stop nie!

Kokkie ·

As ek reg verstaan, is dit een maand mét salaris en een maand sónder salaris. Met ander woorde ‘n ligte tikkie oor die vingers.

Werner ·

Wat van die R5000 boete en 6 maande tronkstraf wat ander mense kry weer dubbele standaarde

Marisa W ·

Ek dink haar een maand se salaris wat sy moet prysgee is bietjie meer as R5000

Kokkie ·

Daar’s dit ! Wys ‘n bietjie jy het tande, Cyril. En knor sommer ‘n slag vir Ace en Malema en almal wat jou so ondergrawe .

Nico ·

Watse soort tande. Daardie wat ons destyds vir sweets gekoop het. As hy ernsig was sou hy haar die trekpas gee. Wat hy gesê het wat watter straf hy haar gee en wat werklik gaan gebeur is 2 verkillende dinge. Waar gaan hy haar soustrein toelae regtig weg vat vir een.

Aries ·

So lyk n minister wat veronderstel was om n voorbeeld te wees vir die mense van Suid-Afrika ten opsigte van die nakoming van die inperkingregulasies-siestog ek wonder maar net wat van die inperkingregulasies sy nie mooi verstaan het nie

Wat sy gedoen het was om openlik die president se gesag te ondermyn- hy moes haar summier net weggejaag het,

Sy is n totale verleentheid vir die ANC maar nogtans word sy sommer op 2 maande spesiale verlof geplaas en sy kry sowaar nog n maand se salaris ook- definitief iets wat sy nie eers sal voel – lekker man

Fred ·

Die maand salaris wat sy moet prys gee is seker 30 keer meer as ‘n R5000 boete…

Anel ·

Ja, maar sy sit nog steeds nie met ‘n kriminele rekord soos die geeone mense wat minder ernstige oortredings begaan het. Sy hoort in die tronk en behoort afgedank te word. Klaar!

Die Wolf ·

Die toutjie trekkers sal n oorval kry as sy die trekpas moet kry. Dan sal meer ook dieselfde straf moet kry. Makliker om n mense wat gras sny bymekaar te maak.

Boortor ·

En ek gaan n boete kry en dalk tronkstraf! Nee mnr president! Dit werk nie vir my nie en ook nie vir die res van die mense nie. Sluit haar toe. Laai haar in n vangwa soos al die ander. En sommer haar gasheer ook! Kom ou cele! Wys ons dat jy nie net n grootmond het nie.

Isabella ·

Weereens is daar dubbele standaarde toegepas as sy nie uutgevang was sou dit seker

Pim ·

Die man wat die video versprei het oor besmette Covid-19 toets het net ‘n waarskuwing gekry. Sy kry vir ‘n maand nie salaris nie. Ek dink dis fair!

Hitler ·

Dis tien- teen- een gedoen net om die publiek te paai – agter die deur is daar vir haar vertel hy is geforseer om sy beeld te polish, maar sy moenie worry nie, hy sal iets organise.

Burgermeester ·

Daar is duidelik twee stelle wetgewings tot betrekking die inperkingstydperk. Die een stel wetgewing vrywaar alle ANC parlemenstlede van onverantwoordelike optrede. Waar die ander wetgewing gepaard gaan met ‘n boete en/of tronkstraf, en dit is dan van toepassing tot die res van die bevolking. Dit laat die vraag ontstaan, het Pres. Ramaphosa ‘n ruggraat? As hy nie eers teen sy eie mense kan optree wat die wet oortree nie, hoe kan hy die land regeer?

Sean ·

Een maand volle betaling by die huis Dit sal 2e maand wees Dan kan sy bietjie op verlof gaan na die lockdown afgestel is met n volle salaris

Boortor ·

Dit is waar. Die verskil is ek mag nie by my tjommies gaan kuier en braai nie.

Nico ·

Nee-wat CR jy is nie ernstig nie. As een in ‘n leiers posisie moes sy die voorbeeld stel. Woorde op papier dit is wat dit is. Sy moes trekpas kry. Mense gaan nou nog minder luister met of sonder van verlenging van inperkings tydperk.

Racheltjie Debeer ·

Ek hoop die boetes wat gewone burgers moet betaal geld ook vir haar! Pluimpie vd president.

Die Wolf ·

Bg moet lees.Dat sy wel beboet en krimineel aangekla kan word.

PH ·

Twee maande onbetaalde verlof, ja. Maar daardie 2 maand gemeenskapsdiens. Gaan was ‘n hospitaal se vloere vir 2 maande.

CJ ·

Word die res van die geselskap vervolg? Hulle is ook skuldig? En sy behoort ook vervolg te word soos gewone Suid-Afrikaners wat die wet oortree

Eugene ·

Sy is klaar op verlof doen niks NZ se minister van gesondheid is afgegradueer nadat hy ook syne gebreek het!!

Strandloper ·

Oooooo neeeeee fire haar! Sys veronderstel om n voorbeeld te wees in haar posisies

Jack ·

En wat van Manana? Hy het ook oortree deur die ete toe te laat en te reël ?????

charmaine ·

Hulle noem dit LEAD BY EXAMPLE maar ja die voorbeeld van party mense is kommerwekkend. Wys jou die mense gee glad nie om nie. Geen respek nie dat hulle eers weet hoe om dit te spel nie. Goed dat sy op onbetaalde verlof is iewers moet daar voorbeeld gemaak word.

Okmardom ·

…en het hulle alkohol geniet saam met daardie ete, en wie het dit verskaf. Die gaste is nou dan mos nie tuis nie en is in di publiek. So nou weet ons nie watter reëls geld nie CR, verduidelik maar weer vir ons asb!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.