Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Saterdag sy medelye betuig met die familie van die vragmotorbestuurder wat Vrydagaand aan sy beserings beswyk het nadat hy vroeër aangeval is.
Bernard Groenewald het sowat twee weke gelede ernstige brandwonde opgedoen toe sy vragmotor langs die N1 naby Touwsrivier in die Wes-Kaap aan die brand gesteek is. Hy was sedertdien in die hospitaal onder verdowing en aan ʼn ventilator gekoppel.
“Dit was ʼn sinnelose moord. ʼn Onskuldige man is vermoor, ʼn eggenoot en bydraende lid van ons samelewing is gruwelik aangeval,” het Ayanda Allie Paine, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê.
Paine het Groenewald se familie en vriende asook landsburgers daarvan verseker dat die regering alles in sy vermoë doen om kalmte in die vragmotorbedryf te weeg te bring en te verseker dat ’n aanval van dié aard nooit weer gebeur nie.
Die aanval op Groenewald het gekom te midde van talle aanvalle op vragmotors en brandstigting wat die afgelope maand reg oor die land plaasgevind het.
Mbalula het ʼn beroep op wetstoepassingsagentskappe gedoen om alles moontlik te doen om brandstigters aan die pen te laat ry en ʼn einde te bring aan “die terreur op ons paaie”.
Maroela Media het vroeër berig Groenewald het derdegraadse brandwonde oor 60% tot 70% van sy lyf opgedoen toe boosdoeners op 2 Junie ʼn petrolbom deur die venster van die vragmotor gegooi het waarin hy in die vroeë oggendure langs die pad gelê en rus het.
Groenewald was 30 jaar lank in die vervoerbedryf.
’n Roudiens word op 21 Junie om 15:00 in die NG-Kerk Suid in Mosselbaai gehou.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
28 Kommentare
Rinse, repeat.
Hou op met pleit en doen iets drasties! Die sondebokke het niks wat hulle vrees nie. Aanhou pleit gaan niks verander nie!
Oor die algemeen word niks aan misdaad gedoen nie. Wys ons bietjie dat die ANC meer kan doen om dit te bestry of is dit meer verantwoordelikheid as waarvoor julle ‘gebargain’ het? ‘Put your money where your mouth is!’
Al wat ek kan sè: Praat is goedkoop. Doen is wat tel…..
Dankie minister. Saammet jou sal daar werk gemaak word. Eerste man in jare wat n probleem raaksien en iets gaan probeer doen. Los hierdie probleem op en ek stem vir jou tot jy president is. Jy is n man om so uitlating te maak. DANKIE
mbalula. Dit is te laat. afrika is so opgevoed. Sal nooit verander nie.