Minister reageer op oproepe om doodstraf

Foto: Pixabay

Die oproepe vir die herinstelling van die doodstraf is op baie maniere gebrekkig.

Só het Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, gesê in reaksie op hernieude oproepe dat die doodstraf ingestel word na ʼn vlaag aanvalle en moorde in Suid-Afrika op veral vroue en kinders.

ʼn Aanlyn versoekskrif waarin gevra word dat die doodstraf teruggebring word, het Donderdagoggend reeds meer as 560 000 handtekeninge gehad. Die versoekskrif is vroeër die week op die webtuiste change.org begin.

Lamola is Woensdag tydens ʼn mediakonferensie gevra of die kabinet ʼn gesprek of referendum sal oorweeg rakende die oproepe dat die doodstraf teruggebring moet word. Hy het gesê indien die kwessie na die kabinet verwys word, sal hulle waarskynlik daaroor moet praat.

Volgens Lamola se departement het hulle agtergekom dat die minister se aanmerkings in ʼn ander lig gesien is.

“Dit is belangrik vir ons burgers om daarop te let dat die Handves van Regte voorsiening maak vir ’n tapisserie van menseregte wat almal in Suid-Afrika geregtig is om te geniet onder beskerming van die reg. Die Grondwet is ʼn verpersoonliking van die waardes van ons nuwe samelewing wat poog om die ongeregtighede van die verlede uit te roei, ons teen ons eie grille te beskerm, die oppergesag van die reg te bevorder en om gelykheid voor die wet te waarborg.”

Lamola het daarop gewys dat almal ingevolge artikel 11 van die Grondwet die reg op lewe het. Die doodstraf is in 1995 in Suid-Afrika afgeskaf.

“Die verwerping van die doodstraf deur die skeppers van ons Grondwet is nie net beperk tot die feit dat dit in die verlede gebruik is om geregtelike moorde teen vryheidsvegters en teenstanders van die apartheidstelsel uit te voer nie. Dit was ook gegrond op goed gedokumenteerde navorsing dat die doodstraf nie as ’n afskrikmiddel vir die pleeg van misdaad in enige samelewing oor die hele wêreld gedien het nie.”

Die idee dat die doodstraf as ʼn afskrikmiddel dien vir gewelddadige misdaad is nie waar nie en daar is bewyse om dit te staaf, aldus Lamola.

“In die VSA is die moordsyfer in deelstate wat nie doodstraf het nie, konstant laer as die persentasie in deelstate waar die doodstraf steeds toegepas word. Dit weerklink met bewyse waar geweldsmisdade in ander lande wat nie die doodstraf het nie, verminder het na die afskaffing van die doodstraf. Die hele Europa het die doodstraf afgeskaf, nie omdat hul misdaadsyfers destyds laag was nie, maar ter erkenning van die feit dat staatsbeheerde geweld deel uitmaak van die prosesse wat die samelewing brutaal gemaak en tot die kultuur van geweld gelei het.”

Minister Ronald Lamola. Foto: Parlement/Twitter

Volgens Lamola is dieselfde waar vir Suid-Afrika. “Ons kom van ʼn moeilike verlede en die brutale gebeure van die afgelope paar dae vertroebel die vordering wat ons gemaak het. In 1994/’95 was die moordsyfer 67 per 100 000. Teen 2014/’15 het dit na 33 per 100 000 geval. Dit is ʼn afname van 51% in 20 jaar. Dit is steeds te hoog maar dit bewys duidelik dat die doodstraf nie ʼn bepalende faktor is om die moordsyfer af te bring nie. Die moordsyfer het aansienlik afgeneem sedert die doodstraf afgeskaf is.”

Volgens Lamola is een van die oplossings om toe te sien dat die hele waardeketting van die strafregstelsel verbeter – van ondersoek, inhegtenisneming, deur doeltreffende vervolging tot gevangenisstraf, rehabilitasie en herintegrasie in die samelewing.

“Soos sake tans staan, word slegs 10% van diegene wat moord pleeg, gevang en skuldig bevind. Uit ’n strafregstelselperspektief moet laasgenoemde statistieke verander. Ek wil dit durf om te sê dat ’n populistiese benadering met vinnige regstellings die situasie waarskynlik op lang termyn sal vererger.”

Die Handves van Regte kan volgens Lamola ook nie aan ʼn referendum onderwerp word nie. “Die grondslag van die grondwetlike bestel wat ons bou, is gegrond op die noodsaaklikheid om almal wat nie noodwendig voldoende beskerm word nie, te beskerm deur ’n demokratiese proses waar blote getalle die omvang van die beskerming sal bepaal.”

Artikel 74(1) van die Grondwet maak voorsiening dat die stigtingsbepalings in artikel 1 van die Grondwet net gewysig kan word deur ʼn wet wat deur die Nasionale Vergadering goedgekeur is met 75% van die lede wat ten gunste daarvan is en ʼn ondersteunende stem van minstens ses provinsies in die Nasionale Raad van Provinsies.

“Laastens sal die herinstelling van die doodstraf nie geweld teen vroue en kinders oplos nie. Daar is ’n heersende ideologiese denkwyse – dié van manlike oppergesag en geregtigheid wat aanleiding gee tot geweld teen vroue en dit onderhou. Ons moet hierdie ideologiese moeras dreineer.”

Volgens Lamola is daar geen maklike oplossing nie en moet daar in die voorkoming van geslagsgebaseerde geweld ingekoop word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

96 Kommentare

Arie ·

Hulle is heeltemal mal, kom net oor julle probleem!! Die ou SA was in elk geval baie veiliger!!!!

Ekke ·

Hulle is bang hulle bevind hulself aan die verkeerde kant van daardie hang tou….en sal enige nonsens kwyt raak om te verhoed dat dit weer ingestel word. Maar daars een waarheid en dit is dat dit verkeerdelik gebruik kan word teen staats vyande.

TDW ·

Sulke opmerkings maak my warm onder die kraag. Hy vergelyk 1994 met vandag. Tussen 1990 en 1994 was die meeste moorde gepleeg tussen ANC en Inkhata. Dis wat die moordsyfer per 100 000 op laat skiet het. Hy kan gerus vandag se moordsyfer vergelyk met 1950-1989 . Dit sit dinge in perspektief. En daai datums sluit nog ‘n oorlog ook in.
Oëverblindery.

Herman ·

Die doodstraf wat in Botswana van krag is verhoed dat daar amper GEEN moorde gepleeg word nie. In een dag word 57 mense is SA vermoor. In Botswana NUL per dag!!!!!! Wat verwag mens van hierdie ANC idiote wat twak kwytraak.

Chris ·

In kort gestel die regering beskerm die misdadigers. As jy ‘n verkragter en/of moordenaar is verdien jy geen ‘mensereg’ nie, want jy het iemand anders se reg om te lewe vernietig.

charmaine ·

Hulle gee net verskonnings want hulle weet die meeste gaan van hulle eie mense wees wat die doodstraf kry. Dit sal help om bietjie die tronke skoon te kry. Jy het nie die galg nodig nie, net n inspuiting want dit gaan erger word daar is geen dissipline of respek meer in hierdie land.

Wielspore ·

Mnr die minister, as jy nie jou pligte nakom gaan iemand anders dit namens jou doen.
Doodstraf vir SA gaan heelwat van ons misdaad probleme oplos.

En nou? ·

Het jy al ooit gedink dit kan meer probleme veroorsaak vir die wit bevolking?
Mense soos die doodskus twee, sou doodstraf gekry het met ons regering as dit moontlik was. Mev. Sparrow sou seker ook die doodstraf gekry het saam met die Suid Afrikaanse Griek wat mal geraak het oorsee.

JohanL ·

Nee asb nie. As ons die huidige regstelsel die reg gee om oor die doodstraf te besluit. Geen vertroue nie. Kyk dan net – Malema skiet nie eers sy eie vuurwapen af in die lug nie en niks gebeur nie. Ernst Roets twiet ‘n vlag en kry tronkstraf. En daai regstelsel moet oor die doodstraf besluit. Behoede my.

Chris ·

Indien die grondwet lees dat almal ‘n reg het om te lewe, wat van die grondwetlike reg van die wat summier vermoor word . Iets maak nie sin nie. Dus kan ‘n mens dan die afleiding maak dat die sogenaamde “ Grondwet “ ook verantwoordelikheid moet neem om die wat reeds dood is dan weer op te wek , want hulle het mos ook ‘n reg om te lewe. Dit klink belaglik, maar die grondwet kan mos nie eensydig wees in die opsig nie.
Die bybel se uitdruklik in Eksodus 20:13 jy mag nie doodmaak nie. Indien jy dit wel doen moet jy ook om die lewe gebring word. Oog vir ‘n oog.

Gerrie Ferreira ·

As ons die doodstraf weer instel sal daar meer wit mense gehang word as in al die ander wêrelddele saam.

Verstom ·

Vrouens, kinders en ou mensies word vermoor, maar almal het ‘n reg om te leef??? Nou sê ek niks meer nie….

Anoniem ·

Stem honderd persent saam met jou hulle gee nie gehoor aan hulp krete nie !!!!!!!!!

Risa ·

“EKKE’ Ek stem volkome saam met jou. Geweld in die land raak niemand in die parlement spesifiek ni omspesifiek te wees. Hulle lywagte ward beskerm duer my swaar verdiende GELD!!!!

Mariaan ·

Tot jou familie vermoor word mnr die minister..DAN sal jy die werklikheid besef….ons land SKREEU vir hulp…onskuldige mense word per sekond vermoor….en die moordenaars word in watte toegevou…agge nee man!!

Louise ·

Min is reg almal het die reg om te lewe die wat vermoor ook!! die moordenaars word na” 5 ster hotel” gestuur en die belastingbetaler moet daarvoor betaal.

Melinda Marshall ·

Ek verstaan nou nie hoekom die doodstraf nie kan terug kom nie. As jy iemand doodmaak moet jy ook doodgemaak word. Wat gaan aan met vandag se regstelsel. Dit is bv soos my saak, waar ek n werks besering aandiens op gedoen het terwyl ek n persoon gearesteer het, het hy my geskop en my regter hand so beseer dat ek n operasie moes ondergaan!! Derhalwe het ek nou nie meer my volle gebruik van my hand nie (regter hand) en verduur baie pyn. My saak sloer al van 2011- huidiglik!! Elke keer word die saak uitgestel, terwyl die beskuldigde elke keer n ander storie in die hof het.???? Ek is nou werkloos en sukkel om die saak geskik te kry. Wil graag n prokereur he wat wel die saak sal kan beeindig.!! Ek is al moedeloos omdat geregtigheid nie wil geskied nie. Adv. Gerrie Nel weet ek sal my saak kan laat geskied. Die landdros het reeds al R100 000 se uitbetaling aan my vas gestel maar ek het nog geen gelde ontvang nie!! Help asb!!!

Ditsem ·

Die probleem is as die doodstraf terug gebring word, weet jy hoeveel witmense gaan hang vir rassisme. Dit sal vir enige oortreding geld as jy wit is

Johan kuhn ·

Bring terug die doodstraf doodstraf is bybels. Die moordsyfers het skerp gestyg vandat doodstraf in 1995 afgekaf is en toe was suid afrika baie veilig gewees en as doodstraf nog daar was sou geen boere vermoor geword het nie

Gerrie Ferreira ·

As ons die doodstraf weer instel sal daar meer wit mense gehang word as in al die ander wêrelddele saam.

Lynette ·

Menseregte? wow – en waar was die reg van die persoon wat vermoor, verkrag word? Het daai persoon geen reg nie, maar net die moordenaar en verkragter het nou ‘n reg?

Martin ·

Oppas as die massas kwaad word stel hulle sommer self die doodsraf in. Hulle sal nie vir hom wag nie. Dit word genoem “Bundu Hof”

zeno ·

Het die een wat moor dan nou die reg om te lewe en wat van die slagoffer se reg om te lewe? Die tronke sal net leër word met die doodstraf. As jy iemand blatant vermoor, verdien jy nie om te lewe nie. Wat gaan aan met die mense se menings. Iets is in hul koppe verkeerd? Artikel 11 van die grondwet,wat `n helse grap!

Jacques ·

Mnr . Lamola die enigste probleem in SA se regsstelsel is , dat daar is twee stelle reels . Een vir wit mense en een vir jou mense . Dan is daar ook n probleem met die tydperk wat n saak neem om afgehandel te word . n Eenvoudige saak kan mos nie jare neem om afgehandel te word nie ? Gaan kyk in die 70 en 80 hoe lank het n saak geneem van begin tot einde , en dan was dit moordsake en hoe profiel sake . Nee mnr jy moet maar weer gaan dink oor die snert wat jy nou kwyt geraak het .

Louise Oberrholzer ·

Hy sê almal het n reg om te lewe!! Wat van die mense wat vermoor word? Het hulle nie ook regte nie? Dis die domste stelling wat ek al gehoor het!! Sy familie het ook seker wagte wat hulle beskerm!! Ek soek ook van daai zolle wat hy rook!!!

wilma ·

Ek is onder korreksie, maar verbeel my op ‘n stadium is daar gemeld dat die doodstraf NOOIT weer ingestel sal word nie.

Rene ·

Siestog meneer die minister. Skrik wakker jy leef in ‘n droomwereld.

Spook op Thaba ·

Almal die reg op lewe. Nee ek verstaan nie daardie een. Verduidelik dan die hoe moordsyfer

karen ·

wanneer daar 100% bewyse teen die beskuldigde is – bv cctv en dat dit met voorbedagde bedoeling was, dan is ek ten gunste van die doodstraf.

Melanie ·

indien ek daai doodstraf petisie kon gekry het, sou ek dit ook geteken het.. en ek glo nog baaaie ander ook. die 10 % wat wel gevind word wat moord pleeg, is 10% minder gemors op ons strate as hul die doodstraf kry.. Intussen is ons, wat ook geregtig is op lewe, bang elke oomblik vd dag.. bang vir ons kinders wat vermoor/ontvoer geryp word, bang vir ons ou mensies wat wreed aangerand word.. Mnr. die Minister.. dit wil my voorkom of jy die moordernaars probeer beskerm..

Grootse Probleem ·

Dit is omdat alles vandag mos gaan oor “mense regte”

Essie ·

As hul nie die straf wil inbring nie gee dan aan die skuldiges harde arbeid in lande om te plant en te oes en voedsel te produseer

Eddy ·

Daar was lankal gesê dat die realiteit is: As die doodstraf ingebring word,sal meesal swartes die doodstraf kry en die regering is nie bereid om dit te doen nie. so ek is nie baie optimisties dat die regering enigiets sal doen nie.As ek reg onthou het ou Jacob voor n alg.verkiesing eenkeer belowe dat as hy aan bewind kom Dan sal Hy n referendum oor die doodstraf laat gebeur.Nie dat ek hom geglo hetnie,maar ons Ken mos nou al die ANC

Kuifie ·

As moord so danig verminder het,hkm lees mens sommer elke dag of tweede dag van iemand wat vermoor is,en As n moordenaar iemand dood maak het hy ook nie die reg om te lewe nie want wie gehom of haar die reg om n ander se lewe te neem.

Aggie ·

Papier is geduldig. Praatjies vul geen gaatjies. Doen iets om wette te handhaaf.

Marius ·

Gee elke man die reg om homself te verdedig die doodstraf sal teen die blankes gebruik word.

OMW ·

ASKIES!!!! Die wet eis dat almal reg op lewe het en dit moet geniet……..wat van al die mense – mans, vrouens en kinders word nie ‘n keuse gegee of hul wil lewe of doodgemaak wil word nie…..die wat hul self aanstel om ‘n lewe te neem (en dan wat die mense ontneem van hul reg op lewe – onskuldig) gee nie ‘n hel om oor daai wet nie…so, dan het hul ook nie ‘n reg op lewe nie en moet veroordeel word vir wettige kriminele dade…….Here HELP ASB?!

OMW ·

ASKIES!!!! Die wet eis dat almal reg op lewe het en dit moet geniet……..wat van al die mense – mans, vrouens en kinders word nie ‘n keuse gegee of hul wil lewe of doodgemaak wil word nie…..die wat hul self aanstel om ‘n lewe te neem (en dan wat die mense ontneem van hul reg op lewe – onskuldig) gee nie ‘n hel om oor daai wet nie…so, dan het hul ook nie ‘n reg op lewe nie en moet veroordeel word vir onwettige kriminele dade…….Here HELP ASB?!

Pot vol Nonsens ·

Waarvan praat hierdie man? Dit voel asof ek ‘n fliek kyk waar ‘n akteur sy eie statistieke opmaak en maak asof niks verkeerd is nie. Kom bly ‘n bietjie saam met my in Thailand meneer, dan wys ek vir jou hoe effektief die doodstraf is. Selfs al word dit nie altyd geimplimenteer nie.
En liewe genade, kan ons nie maar asseblief los kom van die frase ‘ Ongeregtighede van die verlede’ nie?! Wil jy nou eerlikwaar vir my sê dat ons so moet redeneer, dat die doodstraf te veel herinner aan ‘n tydperk van onregverdigheid, so kom ons hou eerder verby voordat mense geaffronteer voel. Dit is 25 jaar later! Ek kan my hare uit my kop uit trek oor hierdie redenasie. Maar nou ja, ons probeer ons allerbeste om nie negatief te raak nie, maar dan lees jy hierdie snert. O Vader, help ons almal asseblief, ek weet nie wat van ons gaan word nie.

Pottie ·

Broer ons moet maak soos die mense in hong kong bring die land tot stilstand ons het nie nodig om als te plunder soos ander mense nie dan wil ek sien wat maak die slim anc

Adoons ·

57 onskuldige mense in SA kry elke dag die doodstaf, hulle word vermoor! Die skuldige moordenaars word egter deur die regstelsel beskerm!

thinus erasmus ·

Adoons presies wat jy daar sê. Die harde feite is dat die grondwet geen GEEN misdaad verhoed nie! Dit is maar net mooi woorde met goeie bedoelings. Dit is die mense en instansies wat uitvoering aan daai grondwet gee wat die misdaad moet verhoed. M.A.W. misdaad moet voorkom word deur beheer en STRAF. Nie monitering en korrektiewe toesig nie.
Tweedens is dit ń fout om ons moordsyfer of tendens met ander lande te vergelyk – kyk net na die brutaliteit en marteling wat in SA algemeen is – dit lyk soos slagpale!
Dis ook fout om die moord syfer per 100000 te vergelyk. Die bevolking het meer as verdubbel, kyk na die getalle een vir een.
Laastens as die strawwe so lig en min is soos tans, dan is niks meer ń afskrikmiddel nie – misdade word bestuur en nie bekamp nie.
Gee die burger die reg op sy lewe en eiendom met alle moontlike middele te beskerm want die staat kan dit nie meer doen of waarborg nie.

Woedend ·

Minister, jy moet wakker skrik!! Moet my nie laat laag nie, wat van al die onskuldige lewens wat weg gevee is deur hierdie moordadige lafhaards?? Die onskuldige lewens wat geneem was deur hierdie, daar is nie eers meer n naam vir die monsters nie, daai mense le 6voet onder die grond, van hulle is nog nie eers gevind nie, en die monsters word beskerm!! Wie het daai onskuldige mense en mensies beskerm toe hulle so wreed verkrag is en aangeval is?? Jy, die polisie?? Daar was niemand gewees om hulle te beserm nie, en nou kom jy met die snert!!! Gaan vertel vir die slagoffers se familie dat jy eerder vir die monsters sal help as onskuldige slagoffers en hul familie. G’n wonder die eens mooie SA is in sy kanon. Want by die regering is daar geen wet en orde nie. Ek skaam my en ek laat sak my kop in skaamte!!! What a disgrace!!!!

Lindtjies ·

Het julle al gedink watse chaos gaan dit afgee as die doodstraf weer ingestel word. Hulle sal dit nie teen hulle mense gebruik nie maar teen die witmense. Ons het mos nie meer ‘n reg hier nie.

Jordaan ·

Ek sal beslis nie die ANC regering en justisiestelsel vertrou met die doodstraf nie. Let op die dubbele standaarde tov wit en swart misdade, wie gaan hoofsaaklik aan die ontvangkant trek? ‘n Regering wat mense laat aankla oor twiets, vlae en lelike woorde, maar ander misdade ignoreer mag dalk net besluit daardie twiet of lelike woord is hoogverraad wat die doodstraf regverdig. Nie so vergesog as wat dit aanvanklik klink nie!

HPV ·

Wie moet die doodstraf bestuur? Die anc kon nog net selfverryking bestuur, verder niks, kyk hoe lyk die land, selfs rioolanlegte is werk nie meer nie.

Kallie ·

Die doodstraf sal vinnig ‘n rasse kwessie word. Een persoon sal sê hy het iemand vermoor want die land se geskiedenis het hom daartoe gedryf. Wat sal ander groep sê?

Magda ·

Bring the DEATH PENALTY BACK – and ANC stop looking for excuses – and stop blaming Apartheid – the problems we have NOW – is YOUR FAULT – NOTHING TO DO BEFORE 1994. ANC IS TO BLAME AND NOBODY ELSE.

Jimmy ·

Dit is die wondelike ding met statistiek. Jy kan daarmee speel totdat dit jou argument pas.

Viss ·

Mnr die minister,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,word wakker, kyk net oor die grens na Botswana waar die doodstraf nog toegepas word,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,miskien ‘n moord of twee in 10 jaar se tyd, dan is dit baie. Geen deure word gesluit nie misdaad bestaan omtrent nie.

Willie ·

Hulle is bang dat baie kaders in ANC die huidige met die ewige sal verwissel…

Pottie ·

Mense kom ons maak soos die mense in hong kong as ons as blankes net vir n week by die huis kan bly en die anc land tot stilstand bring gaan julle n ander ding sien ons het nie nodig om soos hulle als te plinder nie ons almal kinders ouers oumas oupas moet net vir n week by die huis bly die land moet gaan staan mense soos in hong kong dan hoor ons wat het die anc te sr

JohanL ·

Volgens Lamola is daar geen maklike oplossing nie. Ja, vir die kaders is daar vir alle probleme geen maklike oplossing nie. Soveel so dat hulle nog GEEN oplossing vir ENIGE probleem in ons land kon vind nie.

Michael P ·

Bennie jy is reg en dit is die wetsgehoorsame burgers van die land se reg om te kan stem hy praat van almal het n reg om te lewe dit lyk vir my meer na n reg om dood te maak

Sarie ·

Wat was die syfer voor 94/95 toe die ANC die IVP probeer uitmoor het? Toe hulle die bloedbad veroorsaak het wat hulle altyd die NP van beskuldig het? Mandela se Derde Mag wat toe nooit bestaan het nie.

Leon ·

Die regering gaan te veel kiesers verloor, die tronke gaan leegloop en waar gaan hulle pêlle by die opvolger van BOSASSA dan geld kry om omkopery te betaal.

Oom Doug ·

As die doodstraf terug gebring word wie gaan die tender kry.

Anni ·

Dis nou di heel beste kommentaar ooit, lag nou lekker. Hoop ek sal dit Kry, werk met tenders

janee ·

dit word dag vir dag duideliker dat ANC nie die woorde “verandwoording” en “dissipline” verstaan of kan impleminteer nie.

Justice ·

Maak die doodstraf vrywillig – laat die keuse by die veroordeelde moordenaar of hy lewenslank wil sit of ten enige tyd deur die tydperk kan vra om gehang / ingespuit te word.

Gesiggie ·

Doodstraf… is die enigste manier hoe ons gaan ontslae raak van al die moorde , hul moor en sit in die tronk?? vir hoe lank, terwyl families treur en swaar kry . Of hul word net nooit gevang… en hou aan MOOR. DOODSTRAF ASB””

Santie ·

Mens kan nie sommer maar nét teregstel nie. Daar moet waarágtige, dòdelike bewyse teen die skuldige wees. Nie ‘n greintjie van twyfel nie. Geen versagtende omstandighede byvoorbeeld vir die manier en graad van wreedheid wat gebruik is. Iemand wat ‘n kind (wie se hele lewe nog voorgelê het) verkrag en vermoor- net om sy wellus te bevredig ; moét die doodstraf opgelê word. Soos die ou wat onlangs; 3 lewenslange vonnisse opgelê is…..Daar is nie ‘n kat se kans dat hy gerehabiliteer kan word nie. As daar nog ‘n káns is, en daar is versagtende omstandighede – hitte van die oomblik, kan hy lewenslank sit. Wit of swart. Moord bly moord. Maar hoeveel skurke kom uit op parool, en doen presies dieselfde ding waarvoor hulle trunk toe is. Die galg is darm net iets verskriklik. Ek wil nie die laksman wees nie. Ek dink die families moet die knoppie kan druk.

Phillip ·

en oor 10 jaar word hulle vir goeie gedrag vreigelaat en die vammielie huil nog en dan moor hulle net nog een en sit weer net 10 jaar is mos lewenslank

sunette van der merwe ·

Vergeet van die Handves van Menseregte. As julle Artikel 25 van die Grondwet wat eiendomsreg beskerm kan wysig kan julle hierdie artikel ook wysig. Reg op lewe? Wat ‘n grap. Wat van die mans, vrouens en kinders wat elke dag brutaal vermoor word. Wat help Artikel 11 hulle? Waar is hulle reg op lewe? Hou op hierdie gemors beskerm en raak ontslae van hulle. Ek moet dan nog betaal vir hulle om in die tronk te sit ook

Johann cb ·

In die verlede was die doodstraf slegs bedoel vir persone wat moord gepleeg het, nie vir ander misdade nie!
(Sjoe, van ons spel darem hopeloos!)

Narisha ·

As daar dan meer ag geslaan moet word op tronkstraf, my hene, dan verander die tronke en gevangenis. Haal die tjops, matrasse, warmwater ens uit, want dit sal ook as afskrikmiddel dien. Dit gaan beter in die tronke en gevangenisse vandag as wat die misdadigers buite beleef. Dit help nie hulle maak droog maar word vergoed met kos, n bed en warm water en krag nie. Statistiek het ook bewys dat die kriminele terugkeer tronk toe oor en oor, al kry hulle rehabilitasie in die gevangene. Want dit gaan lekker daarbinne… hy kan leef beter as sommige landburgers daarbuite.

Db ·

Die woord “menseregte” is net so groot gemors soos “rassisme”. Hierdie wesens verstaan dit dat dit sy reg as mens is om te doen net wat hy wil, waar en wanneer hy wil. Hierdie minister moet net oppas dat hy nie wakker skrik en besef sy koffie koud is. Hy weet nie waarvan hy praat nie! Vat sy lyfwagte weg en dat hy tussen ons gewone mense kom bly dan wil ek hoor hoe sy deuntjie verander in ‘n gil

KOBUS SMIT ·

Lyk my as hy sy mond oopmaak, dan lieg hy. Al die state in Amerika waar die doodstraf geld, is die aantal moored baie laer. Gaan google maar. In Afrika waar, in Nigerie, jou hande afgekap word vir bv. diefstal, werk dit so goed as n afskrikmiddel. Kyk maar of ky mense sonder hande sien. In China is daar volgens die bevolkingsgetalle, amper geen moored nie. Hulle word sommer vining terreggestel. Indien 75% nodig is om die grondwet te wysig, dink ek nie ons hoef oor die onteiening sonder vergoeding bekommerd te wees nie. Hulle sal nie 75% kry nie

GEMORS ·

Wat help die doodstraf as die REGTERS omkoop baar is???????????????????
As die reg sisteem nie die probleem hanteer en actually die krimineel tot op die PUNT van doodstraf bring nie!!!

Sorteer eers die korrupte (veral wit) regters uit!

Stuiwer ·

As jy iemand se lewe neem, het jy geen reg op lewe nie, punt!!! Om apartheid nou weer in te bring as die rede waarom daar doodstraf toegedoen is teen sogenaamde aktiviste, is net ‘n flou verskoning van die regering om nie verantwoordelikheid vir die huidige probleme te wil neem nie. As alles nou so wonderlik is, hoekom kon ‘n mens in die apartheidsjare in jou eie woonbuurt rondloop sonder om bang te wees. Antwoord asb. daardie vraag geagte minister!

Stem saam, mens is te bang en loop alleen winkel toe! ·

Stem saam! Mens is te bang en loop winkel toe al is hy net om die drasi! En die ding AS a inbreuker inbreek en jy skiet hom bekyk hul die saak goed deur voor jy tronk toe gaan! Join GOSA gun owners of south africa en lerr, ek as a gebreklike mag hom skiet wat moet ek doen? Hom onderhandel? Hom arrest? Nee ek kannie!

JoeFFF ·

Julle wat so DOODSTRAF kerm en skreeu, dink bietjie twee keer oor dit. Breuk in, jy skiet inbreker dood, jy word aangekla vir moord. ne,

Jen ·

Die ou wat hy sy statistieke by kry moet dalk in die stoel gesit word…

Johan ·

Dit is waar. Almal het die reg om te lewe maar as jy iemand vermoor het, het jy daardie reg verbeur en dan moet jy gehang word

Bubbels ·

As hulle die groondwet kan verander om plase weg te vat sonder vergoeding kan hulle mos maar die dieselfde die grondwet verander om die doodstraf terug te bring! Die tronke is oorvol hulle ontsnap en gaan dood envoudig net weer aan soos voor hulle gevang is. dan moet ons nog vir hulle sorg ook want ons belasting geld laat hulle in weelde lewe in die tronke! Bring terug die doodstraf!

Swannie ·

So, volgens die minister is dit “bewys” dat minder moorde gepleeg is NADAT die doodstraf afgeskaf is, MAAR terselfetyd word genoem dat SLEGS 10% van alle moordenaars gevang en gestraf word !!

Ja sure, en trek eleventy eleven af van die 10% en die minister sal ons probeer oortuig dat daar GEEN moorde gepleeg word in Saint (sic) Afrika nie.

Waaropdeesaarde?? ·

Volgens my kennis en statistieke het geweld en moord gestyg met 1500% vanaf 1995 in Suid Afrika. ANC gebruik seker robeiland se statistieke om hulle besluite te maak oor geweld…

A ·

Ek is ook tem gusnte van. Die doodstraf. As jy bereid is om iemand se lewe te neem verbeur jy jou reg ook om te lewe. Maar ongelukkig gaan hulle die wittes vir geen rede in die land hang nie

Ellen ·

Hy se almal het die reg om te lewe, maar wat van die wat net moor en nog n ding die moordsyfer bly net styg dit het nie afgekom nie. Die ou Suid Afrika was baie beter. DAAR WAS WET EN ORDE.

Nettie ·

Wat help die doodstraf as hulle nie eers die gespuis kan vang nie!

jan ·

MENSE REGTE KOMMISIE WAT N GRAP BA;Die mense wat ander dood maak,verkrag ens het meer regte as die slagoffer,nee ons moet terug gaan na die ou Bybel se dae ;n hand vir n hand,n oog vir n oog en Dood straf vir iemand wat n ander persoon doelbewis DOOD maak; Die Regering lieg dat dit bars hulle is bang hulle word sef gehang vir moord.

Liz ·

Hulle is bang hulle nasie gaan in rye gehang word vir moord en verkragting! Hul moor nou te maklik en verkrag vrouens en dogters elke dag! Hul weet die tronke is 5 ster lewe en is nie bang vir tronke nie, kom hul uit op parool of borgtog doen hul weer die crime, sal nie verander nie! Bring terug doodstraf!

Hen ·

Mnr die minister ons weet julle leef in n 7de wêreld maar as jy skrik , skrik net wakker.

Christa ·

Kan n Minister sulke snert praat. Hoekom was daar in die goeie ou dae nie so Baie moord nie? Omrede almal bang was vir doodstraf. Maar die doodstraf in hedendaagse regstelsel Kan net probleme skep want die regstelsel is partydig en die witmense Sal almal doodstraf kry vir die geringste.

Wendy ·

Hull se elkeen het n reg om te leef well wat can die wat die wat ge hang moet word onskuldag mense dood maak wat ook reg het om te lewe of hy nou wit pienk pers swart is as hy dood maak verkrag esv moet hy sterf en dis al hou mens van gemors in land ontslae gaan raak kyk hoe like die land met ge strike goed wat brand hoefeel word ge ryp doid ge maak en hull het lekker lewes in die tronk want hull het ook regte wat can daai mense wat dood off verkrag is dat hull die dood straf trug bring en begin om hull uit te wis wat dit doen en SAgaan n beterplek word sois in ou tyd in outyd was SA beter vuilager en als

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.