Minister se besoek aan Rusland: ‘Nóg ʼn diplomatieke flater’

Minister Khumbudzo Ntshavheni (Foto: GCIS)

Min. Khumbudzo Ntshavheni se besoek aan Rusland is net nóg ʼn diplomatieke flater wat Suid-Afrika duur te staan ​​kan kom.

Só sê die DA nadat daar Maandag aangekondig is dat Ntshavheni, minister in die presidensie, die internasionale vergadering van hoëvlak-amptenare verantwoordelik vir veiligheidsake van Dinsdag tot Donderdag in Rusland sal bywoon.

“Die minister het Vrydag nog in haar begrotingstoespraak baie te sê gehad oor die wonderlike verhouding wat Suid-Afrika met die VSA, ‘ons grootste handelsvennoot’, het – en nou dít,” wys Dianne Kohler Barnard, die DA se skaduminister vir staatsveiligheid, daarop.

Kohler Barnard sê tydsberekening van die jaarvergadering is uiters kommerwekkend en laat ernstige vrae ontstaan ​​oor die regering se verbintenis tot verantwoordelike diplomasie, nasionale veiligheid en nie-belyning.

“Die DA voel sterk daaroor dat enige verbintenis met Rusland, veral in die lig van die Russiese inval in Oekraïne, met die grootste omsigtigheid en oorweging vir Suid-Afrika se internasionale reputasie benader moet word.”

Die besoek volg enkele weke nadat die Amerikaanse ambassadeur Suid-Afrika daarvan beskuldig het dat hy wapens en ammunisie aan Rusland verskaf het en daar opnuut vrae oor die twee lande se verhouding gevra is.

“Die DA doen ʼn beroep op die regering om die nasionale veiligheid van ons nasie te prioritiseer, terwyl ons land se diplomatieke aansien beskerm word,” sê Kohler Barnard.

“Dit is noodsaaklik vir die regering om duidelike en ondubbelsinnige antwoorde te verskaf op die bewerings van wapenvoorsiening aan Rusland en sodoende lede van die publiek en die internasionale gemeenskap van Suid-Afrika se verbintenis tot verantwoordelike verdedigingspraktyke verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

JohanR ·

Probeer die ANC aspris hulle kaanse in die 2024 saboteer. Dink hulle het al meer dom dinge in die eerste 5 maande van 2023 aangevang, as in die vorige 28.5 jaar. Nie dat ek juis sal omgee as hulle 40% kry in 2024.

Elma ·

52% van die “bevolking” is steeds van mening dat die ANC die pound seats verdien, volgens die nuutste peilings. Hulle sal weer wen, hul ondersteuners, wat NIKS het om nog te verloor nie, is nie slim nie en gee ook nie om nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die ANC se getroue ondersteuners het nie die insig om buitelandse beleid te verstaan nie. Die DA se gesanik oor Rusland en China is tydmors.

Frank ·

Die gesanik ook die DA is tydmors en nie eens 0.00000001% van die bevolking steur hulle daaraan nie

Owlie ·

Hoekom trek die hele ANC nie sommer Rusland toe en los die res van ons om die krummels weer tot die mooiste land te herbou nie.

Andre ·

En hoeveel miljoen het “daardie” land al vernietig, of is dit aanvaarbaar.

Frikkels ·

Hoekom kom vestig hulle nie sommer die krmlin in die uniegebou nie? Dis mos waarheen daar eintlik gemik word.

annie ·

Die DA is eintlik eerder besig om voorbrand te doen vir Zelenski as iets anders. Zolly is John se nuwe held; sy groot gedoente oor wapens en te min onderdanigheid aan Biden. Lg is ook ‘n Zolly ondersteuner. Gee die DA geld vir Zelenski? Dit sou ook ‘n misdryf wees. Nie?

Jakes ·

Asb, die Russe delf darem diep om n minister van SA te ontbied om oor enige kwessie te praat. Dis lagwekkend wat Ramaphosa alles doen en kwytraak. Elk skaam my om n burger van SA te wees.

Papsak ·

Wel ek is eerlik ek skaam my mors dood vir hierdie land en sy President regtig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.