Minister sê jammer na POF betalings staak

Dipuo Peters, minister van vervoer. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Dipuo Peters, minister van vervoer. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Dipuo Peters, minister van vervoer, het om verskoning gevra nadat die Padongelukkefonds (POF) die betaling van eise gestaak het nadat die balju op sy bankrekening beslag gelê het.

Peters het in ʼn verklaring gesê die balju se beslaglegging op die POF-rekening is betreurenswaardig, omdat eisers nou nie meer toegang het tot broodnodige finansiële verligting van die regering nie. Sy het gesê sy het die POF opdrag gegee om almal wat deur die saak geraak word, op hoogte te hou van die stand van sake en te verseker dat die situasie dringend na normaal terugkeer.

Eugene Watson, die POF se uitvoerende hoof, het Vrydag gesê alle uitbetalings is gestaak nadat die balju op die fonds se bankrekening beslag gelê het weens uitstaande betalings. “Dit is die gevolg van ʼn paar prokureursfirmas, wie se optrede nou ʼn gevestigde kontantbetalingsplan [van die POF] ontwrig en wat nou onnadenkend geprioritiseer word bo ander wat geduldig vir hul betalings gewag het,” het hy gesê.

Volgens Watson het die beslaglegging ʼn baie negatiewe uitwerking op die instansie se bedrywighede gehad en sy pogings om al sy verpligtinge na te kom, ondanks onvoldoende befondsing, ontwrig.

“Ons vra om verskoning vir die ongerief. Alles moontlik word gedoen om die saak vinnig op te los sodat die POF uitbetalings kan hervat.

“Die onmiddellike staking van betalings, voortdurende kontantvloeiprobleme en die reuse, ongegronde aanspreeklikheid wat die minister van finansies in die mediumtermyn-begrotingsrede geopper het, is deurlopende bewyse dat die POF-bedeling duur, onbekostigbaar en onvolhoubaar is. Dringende verandering is nodig,” het Watson gesê.

Verskeie prokureursfirmas het glo die POF vir R11 miljoen gedagvaar.

Die departement het gesê terwyl die regering beplan het om die Padongeluk-voordeleskema (Rabs) te implementeer, het die POF ʼn kontantbestuurplan twee jaar gelede ingebring om volgehoue betalings te verseker.

“Die huidige skema wat deur die POF geadministreer word, is oop vir bedrog, opportunistiese en oordrewe eise en menslike foute. Dit is een van die vele redes hoekom die regering die Rabs, ʼn foutlose skema, ingebring het, wat ʼn nuwe era van sosio-ekonomiese balans sal skep en die onbedoelde negatiewe gevolge en finansiële las op die families van die oortreder sal verwyder,” het die departement gesê.

Volgens die Rabs sal daar nie gekyk word na die fout van die eiser of ander mense wat by die ongeluk betrokke was nie. Die fokus sal in wese wees op hoe die eiser onmiddellik bygestaan kan word.

Betalings sal direk aan die eisers, mediese en gesondheidsdiensverskaffers gemaak word. Die Rabs sal deur die brandstofheffing befonds word en voordele vir mediese uitgawes, inkomste-ondersteuning, familie-ondersteuning en begrafnisvoordele insluit.

Eisers sal direk by die skema kan eis, terwyl die skema se administrateur eise sal evalueer op grond van voordele en die begunstigdes volgens die wet betaal. Die verwydering van die bewyslas en die voorskaffing van gedefinieerde voordele beperk die ruimte vir geskille en die gepaardgaande regskostes, het die departement gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Johanna Botha ·

Nou is dit seket die balju se skuld …jimmel die mense kan mens net woedemd maak …dis een na die ander wiel wat afkom met die useless anc mense

Piet Snot ·

Blameer die Balju.
Nee, skatlam, as jy betyds betaal het sou die haatlike prokureurs nie die bose Balju gestuur het om op jou spaargeld beslag te lê nie.

Inosent ·

Wonder hoeveel TAXIS die POF / ROF kos aan eise. Hoeveel kos die ongelukke vir die TAXI bedryf. My guess is zero ingeslote ZERO vervolging – wat nog te se van strafbare manslag.⛍⛕❌❌♜♜

Jannie ·

My eis is nou al 6jr uitstaande. Wonder wanneer gaan hulle my betaal.

Chris Ws ·

Jannie klim op jou prokureer en die advokaat wat namens jou met die POF skakel.As jou eis reeds deur die Hooggeregshof bekragtig is dan moet jy elke dag sommer op hulle le.

Frans ·

Vir seker eers waner jy nie mee op moeder aarde isi da niks haas by hule nie

wilma ·

Foutlose skema. Die Minister droom. Wat kan SA Regering aanpak wat foutloos is. Sy laat my lag. Buitendien dink sy en number one verskoning vra sal sake regstel. Hahaha. LOL. Wat n grap?

Basjan ·

Wilma, ek stem 100 persent saam met jou. Daar is ‘n groot klomp skelms daarbuite wat wel ‘n manier gaan vind om die “foutlose” stelsel te omseil.

Martie ·

Die gevolge van patetiese finansiële bestuur, en van ‘n begroting wat hoofsaaklik slegs salarisse dek pleks van noodsaaklike items, onder andere ‘koste van inkomste’ wat die uitbetaling van eise insluit. Wat de ongeluk is fout met die begrotings van staatsdepartemente? Gaan dit net oor die wanbestuur daarvan, of oor die uitvoerbaarheid? Dis lankal tyd vir ‘n drastiese besnoeiing van top-salarisse. Waarom moet mense se salarisse die normale behoeftes van ‘n mens so verskriklik oorskrei? Maak my president en ek sny top-salarisse met 50%. Finish en klaar. Laat die bestuur van die land nie meer gaan oor die inkomste wat verdien word nie, maar oor die gewilligheid en vermoë om ‘n land en sy mense te dien.

Morne ·

Ek wil graag weet is dit dieselfde rekening wat hulle salarisse betaal en is daai betalings ook nou gestaak

Chris Ws ·

wag al byne 4 jaar vir my vrou se uitbetaling om plaas te vind maar niks.Maar die heffing van R1.52 sent per liter bly van krag terwyl uitbetalings gestaak word?Ek dink die regering moet instaan vir uitbetalings tot die probleem met die balju uitgeklaar is.Dis deksels onregverdig dat geldige eise wat reeds goedgekeur is deur die Hooggeregs Hof sommer net opgeskort kan word.

WONDER NET ·

WOW elke artikel waar ministers se fotos wys is hulle oorgewig, ek wonder net waar gaan al die gelde, …………………….

Rupert Ashford ·

Begin die wiele nou afkom? Die roekelose salarisverhogings in die staat en munisipaliteite was lankal ‘n rooiliggie. As die grootste gedeelte van inkomste gaan na salarisse is dit ‘n kwessie van tyd voor die sisteem inmekaarstort veral as die verhogings heeltyd hoer is as inflasie. Jy kan nie die belastingbetalers heeltyd melk vir meer nie.

Danie Acker ·

Nog ‘n slagoffer van transformasie en regstellende aksie. Die Fonds doen sy werk nie en is ook besig om in duie te stort. Nou wil hulle nog prokureurs uitskakel in die eis proses sodat slagoffers nog meer weerloos gelaat word.

christine ·

Ai mense ry rond met gekoopte lisensies karre te vinnig vir lae IK. Jy kan al jou ledemete verloor dan vat hulle elke saak hof toe sert. op sert. jare later lag Drs. en Proks. Ai moes lank terug al sy allie gesien het. Haal my hoed af dit het lank gehou.

Chris Ws ·

Christine die dag as jy of van jou onmiddelike familie ernstig in ‘n motor ongeluk ernstig beseer word ,soos my vrou in ons geval,dan gesels ons weer.Glo my DAN gaan jy gou ‘n derdeparty eis wil insit en bly wees die fonds bestaan nog!
Ek Hoop jy het ‘n BAIE goeie medies en selfs al het jy een kan jy jou gereed maak vir BAIE om uit jou eie sak te betaal wat die mediese fonds NIE betaal nie of kort betaal het.Ek praat van ondervinding.As jy geen medies het nie ,bly van die paaie af is my raad want om in ‘n staats hospitaal opgeneem te word met ernstige beserings van ‘n motor ongeluk beteken jou dood.

John ·

Nog ‘n droom van ‘n minister in Zuma se kabinet… hoeveel is daar nou? Gelukkig kan sy darem haar stres verwerk deur die koop van ‘n mooi groot nommertjie en die res, vir die Soma en al die goeie nuus van die aand en veral die duur sjampanje daarna wat ons die bevryders sekerlik verdien… En die res van die volk?… Wie?

Mike de Beer ·

Die soustrein kon nie meer die oorgewig ministers se gewig vat nie en het ook koers verloor – na aanleiding van ‘n vroeere verwysing na bebrilde oorgewig ministers!

Mike de Beer ·

Hierdie situasie is onaanvaarbaar. Hoe lank moet dinge sloer voordat dit aangespreek word? Waarmee hou die betrokke minister haarself besig en heg sy nie proiriteit aan dit wat prioriteit moet geniet nie? Dit is tog sekerlik krimineel itv wanbestuur van openbare fondse om nie praat van onbetaalde en onafgehandelde eise? Ons burgerregte organisasies en die Openbare Beskermer moet hierna kyk? (Openbare Beskermer???..)

antjie ·

Skelm prokureurs en mense wat eis met skelm dokters is aan die orde vd dag …daar is soveel bedrog by POF se eise …dis skrikwekkend …ek dink hulle moet elke eiser laat evalueer by n onafhanklike span drs …die prokureurs wat POF eise doen is vd skelmste ..vat n helse hap uit die eis ..gn wonder daar is nie geld..en dan praat ons nie eers vd die grend gebou hiet in centurion wat net 30 persent benut word en die res is ingeprop by menlyn …daar gaan baie meer aan as wat die publiek weet ..

Speedguard ·

@Anjie, Ek dink jy gaan oor boort met jou stelling dat alle POf prokurueers en dr’s skelm is . daar is wel baie maar word hul ingehaal glo my , die eisers word lank reeds deur ‘n onafhanklike span Dr’s/Spesialiste Ondersoek en word daar bevindings gemaak, Niemand word forseer om ‘n fooi ooreenkoms wat ingevolge die voorgeskrewe reels opgestel is te teken nie, wat betref die kostes wat die POF aangaan mbt huur ,salarise ens is totaal en al ‘n ander saak , Regter CathySachwell het dit al seker 15 jaar terug al onomwonde gese in ‘n toespraak, kyk gerus na die uitgawe vir al die mense en konsortiums wat uitgekontrakteer is, die POF se Dr’s en hul eise hanteerders op Alle vlakke se pakette, 10 jaar terug het die CEO van die POf meer as Mbeki verdien, dit was genoem in die staande komitee, gaan kyk gerus die pakette vir poste wat adverteer word op hul web tuiste!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.