Minister sê jammer oor voorval by ANC-byeenkoms

Die ANC het Saterdag sy provinsiale manifesbekendstelling by Mount Frere in die Oos-Kaap gehou. Foto: Twitter

Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, het Saterdag ʼn verskoning uitgereik oor die voorval wat vroeër die dag by die bekendstelling van die ANC se provinsiale manifes gebeur en joernaliste warm onder die kraag gelaat het.

Die ANC het gister sy provinsiale manifesbekendstelling by Mount Frere in die Oos-Kaap gehou. Talle ANC-ondersteuners en verslaggewers het die geleentheid bygewoon.

Toe Paul Mashatile, tesourier-generaal van die ANC, opstaan om sy toespraak te lewer, het ʼn groep ANC-lede ingekom en betoog, gesing en plakkate rondgeswaai. Die SAUK berig die betogers is ontevrede oor ʼn gebrek aan dienslewering en wou by die ANC weet hoekom hulle moet stem as daar nie aan hul klagtes gehoor gegee word nie.

‘n Skermskoot van ‘n SAUK-uitsending wat toon hoe ‘n hand oor die SAUK-kamera se lens gehou word. (Skermskoot: SAUK)

Verslaggewers het nader aan die groep betogers beweeg om die betoging op kamera vas te vang en om met hulle te praat. Dit is toe dat Ndabeni-Abrahams haar hand oor die SAUK se kameralens geplaas het en die joernaliste opdrag gegee het om onmiddellik op te hou om verslag te doen.

Die ontevrede media het summier antwoorde van die ANC se provinsiale leierskap geëis. Hulle is daarna toegelaat om voort te gaan met hul verslaggewing.

Ndabeni-Abrahams het later ʼn verklaring uitgereik waarin sy om verskoning vra vir die voorval. “Ek wil graag die media en Suid-Afrikaners oor die algemeen verseker van my onwrikbare toegewydheid aan mediavryheid,” lui die verklaring. “Ek is opreg spyt oor die voorval.”

Stella Ndabeni-Abrahams (Argieffoto: Flickr/GovernmentZA)

Ook Lulama Ngcukaitobi, provinsiale sekretaris van die ANC in die Oos-Kaap, het in ʼn verklaring om verskoning gevra vir Ndabeni-Abrahams se gedrag. “Ons vra opreg om verskoning aan die lede van die media wat deur die voorval geraak is. Dit is die ANC in die provinsie se siening dat mediavryheid te alle tye beskerm moet word en al die leiers, lede en ondersteuners van die ANC is verbind tot hierdie grondwetlike beginsel,” sê Ngcukaitobi.

Hy het die versekering gegee dat so ʼn voorval nie weer sal plaasvind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

marco polo ·

Sy lyk darem baie jonk, moes sy nie nog op skool gewees het nie?

Mariné Lourens ·

Dagsê Marco Polo

Dankie vir jou kommentaar. Stella Ndabeni-Abrahams is 41 jaar oud.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

marco polo ·

Dankie Marine, ek vra om verskoning as my opmerking as rassisties geinterpreteer kon word.

Hoe nou... ·

Toemaar wat- eks seker dit was nie laaste keer wat dit gaan gebeur nie. Hoekom verbaas dit ons. Tik oor die vingers en beweeg aan en maak seker dis by die regte politieke byeenkoms hoor.

willem Botha ·

Die probleem met sa is die beheptheid met ras,en rassisme soos marco polo op sy knieë vergifnis vra ,ek sou sê dit is n kompliment vir iemand wat 41 is en 20 jaar oud lyk wat hy moes gesê het hoe kan n minister so optree?

Frikkie Geld en huis ·

Sy is darem een uit min, wat skaam kry, oor haar mede ANC lede hul so swak gedra.

Frikkie Geld en huis ·

Sy is darem een uit min, wat skaam kry, oor haar mede ANC lede hul so swak gedra.

Fanie ·

Ons het al vir jare nie meer n oop en vrye media nie alles wat in teenstryd van die anc is word onder die mat ingevee hoekom sien ons nooit op die nuus kanaal van die plaas moorde nie hoekom sien ons nie die moorde op blankes in geheel nie daar word n cup op dit gesit die anc is n klomp bedrieers hulle uitgangs punt is gegrond op bedrog en moord hulle skend mense regte en maak gebruik van mag misbruik

Adam ·

Fanie, het ons al oop media vryheid gehad. Ek verwys nou na die tydeperk onder beide NP en ANC bewind? Ek meen van nee.

De Villiers ·

Weereens gee die ANC die versekering dat so ‘n tipe voorval nie WEER sal plaasvind nie, en tog het dit wéér gebeur. Die laaste groot bohaai daaroor was met Hlaudi Motsoeneng wat tydens die vorige verkiesing ook die SABC verbied het om negatiewe nuusdekking uit te saai wat tot nadeel van die ANC is. Nadat die stof gaan lê het daaroor, het die ANC om verskoning gevra en hul ondersteuning aan mediavryheid gegee, en toe daarmee saam die versekering gegee dat so iets nie weer sal gebeur nie. Wel, wat meer kan ‘n mens nou sê. Dis hul ware kleure.

Tinus ·

Vir die ANC-afgod sal die bevoorregtes in die beweging enigiets op die altaar sit, selfs hul siele. Die miljoene honger, weklose, kaders word al jare so mislei, maar hulle sien nou die werklikheid en is nie meer bereid om misbruik te word nie!

Maljan ·

Dié gedrag van dieselfde mense wat die np veroordeel het op gronde van persmanipulasie.
In elk geval, Penny Sparrow, Chris Hart EN Vicky Momberg het ook verskoning gevra en was in elk geval vervolg, beboet en hulle lewens en toekoms verwoes.
Marco Polo, dis tyd vir brille, swaer.

marco polo ·

Haha, dankie Maljan. Mens kan nooit seker wees met hulle nie, sommige is al stokoud en steeds studente.

Jannie ·

Presies wat jy altyd van onverdraagsame Kommuniste kan verwag wat nie eens die woordjie “demokrasie” begryp of selfs kan spel nie!!!

Ander Koos ·

Om alles te kroon is dit minister van kommunikasie wat “kommunikasie” probeer keer ?

Anton ·

Stel ek nou belang in haar “verskoning”? Net so min as die boere in verskonings gaan belangstel wanneer hulle gevra gaan word om weer te kom boer sodat die piepol nie meer honger ly nie.

OomKoos ·

Wat korrupsie betref hoop ek inniglik dat die liedjie met die treffende sinsnede “witter as sneeu” ook van toepassing op die huidige president en sy span is.

Hennie ·

Die ANC se ware kleure peul nou oral uit. Baie dieselfde as die EFFies!

Spike ·

Nog eeñ wat skaamkwaad is. Skaam omdat sy onbevoeg is en kwaad omdat sy uitgevang is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.