Minister sê niks van reddingsboei aan Transnet

Enoch Godongwana (Foto: Presidensie)

Enoch Godongwana, minister van finansies, het Woensdagmiddag met die bekendmaking van sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk (MTBR) nie ’n woord gerep oor ’n moontlike reddingsboei aan Transnet nie.

Die sukkelende Transnet vra R100 miljard van die tesourie om sy herstelplan te finansier.

Die minister het vanmiddag toegegee dat Transnet power presteer en dat die staatsinstelling se bedrywighede weens sy verslegtende finansiële toestand verder agteruitgaan.

Daar blyk egter in dié stadium geen reddingsboei van die tesourie se kant te wees om Transnet uit sy verknorsing te help nie.

Daar is wel steeds planne om sukkelende munisipaliteite by te staan, soos Godongwana in Februarie aangekondig het.

Godongwana het vanmiddag bevestig dat Eskom R254 miljard se skuldverligting van die 2023‑’24-boekjaar tot die 2025‑’26-boekjaar aan byna 30 munisipaliteite toegestaan het.

Teen Oktober 2023 het 67 munisipaliteite aansoeke ingedien dat Eskom hul skuld tot einde Maart 2023 oor ’n tydperk van drie jaar afskryf.

Dit kom neer op R56,8 miljard of 97% van die algehele munisipale skuld wat teen einde Maart 2023 aan Eskom verskuldig was.

“Altesaam 28 aansoeke is goedgekeur; die res word geassesseer en met die provinsiale tesourie geverifieer.”

Die skuldverligting is aan streng voorwaardes onderworpe.

Die minister sê die uiteindelike doel is om hierdie munisipaliteite te transformeer, deur hulle te bemagtig om finansiële veerkragtigheid te bou, hul vermoë om volhoubare inkomste te genereer te versterk en weer ʼn kultuur van betaling vir dienste gelewer aan te wakker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

marius ·

Die hool is bankrot en niemand gaan dit herstel nie . Wel gedaan .

Pietertjie ·

Toemaar, die geld sal wel op een of ander manier by die Transnet-trog uitkom

electricmango ·

Stem saam, maak nie saak hoe nie maar daai biljoene gaan hulle kry

Johann ·

Jy kry ‘n biljoen…jy kry nog ‘n biljoen….almal kry biljoene! Free gratis alles vir almal. Amper soos ‘n OPRAH show.

annie ·

Fire ‘n paar niksdoeners onder die staatsamptenare en heelwat ander niksdoeners se misdrywe kan uit die verknorsing gehelp word met hul onverdiende verdienstes. Hoeveel van die groot salaris-ontvangers werk regtig… ….. hard?

Andre ·

…hoe transformeer jy ‘n “dead horse”?
ESKOM het net ‘n begrafnis nodig, nie nog geld vir die kaders nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.