Minister sê oor Dubai-besoek

Van Rooyen tydens sy inhuldiging. Foto: Elmond Jiyane

Van Rooyen tydens sy inhuldiging. Foto: Elmond Jiyane

Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Maandag kommentaar gelewer op bewerings dat hy en nog ʼn minister geheime reise na Dubai onderneem het terwyl lede van die Gupta-familie glo ook daar was.

Van Rooyen het aan verslaggewers gesê hy het ʼn “private besoek” na Dubai onderneem “lank voor bevestiging” dat hy as minister van finansies aangestel gaan word. “Soveel as wat ek nou ʼn openbare figuur is beteken dit nou om een of ander rede my private lewe is nou iets is vir openbare insae? Ek is na Dubai en het dit self gereël, dit was ʼn private besoek lank voordat dit bevestig is ek sal minister van finansies wees.”

Die Sunday Times het berig Van Rooyen en Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, het in Desember na Dubai gereis terwyl lede van die omstrede Gupta-familie ook daar was. “Ek dink ek is net soos enige ander burger van die land daarop geregtig om private besoeke te reël wanneer daar ʼn geleentheid is. Ek het gedink daar was ʼn geleentheid vir ʼn besoek en ek het van die geleentheid gebruik gemaak,” het Van Rooyen gesê.

Volgens Van Rooyen was hy veronderstel om vir ʼn week lank in Dubai te bly, maar hy kon dit nie bekostig nie. “Dit was ʼn private besoek. Ek het daarvoor betaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

NEL ·

Kom Sunday Times krap nog so ‘n bietjie dan sal julle sien waar die sak wurm is . Duidelik soos daglig dat hy skuldig is aan wanbestuur van belastingbetalers geld.

Poplap ·

“Trip na Dubai?, ek is nie bewus daarvan nie” , so sal nr 1 antwoord.

Cherokee ·

Soos julle Malema graag op ‘n voornaam noem word Van Rooyen ook nou gevoornaam. Julle het seker handtekeningboekies ook gereed.

GeeCee ·

As onse vriend Des nie genoeg geld gehad het om n week daar te bly dan is dit mos mors van sy “eie” geld om duur vliegtuig kaartjies en hotel verblyf vir so n kort besoek te koop..hy behoort dit ook nie te kan bekostig nie..so my vraag is” Des wie het eintlik betaal en wat het jy daar gaan maak”.

Hehehe ·

GeeCee jy som die outjie goed op, bring so smile, hoe stupid dink die ou is almal in SA? Hy gaan hou vakansie vir ‘n baie kort tyd sonder sy gesin met ‘n minister, oops ja Des jy het vergeet Zwane was saam jou daar, jy is tog te gaaf om vir ‘n ander man te betaal en eerder met ‘n minister as jou gesin te gaan, passop jy kan skielik baie vriende bykry. Jy is eintlik Magic, kragtig jy kort net minder as week om vakansie te hou en spandeer ‘n groot klomp geld aan vliegkaartjies, jy rus vinnig uit!!!!!

Johann ·

Soos van toepassing op Des se trawante; ‘n goeie leunaar het n fenominale geheue nodig. Nie net van sy eie leuns nie, maar ook die van sy mede kulkunstenaars. Dis nou om seker te maak almal se wedersydse verwysings na hul “swart-boekie” inskrywings dra water. Feit is: ons geit-vlakke is in hoogste revolusie vir Des en kie se aanname dat ons dom genoeg is om iets wat hulle kwyt raak te glo. Arrogante; vermetelde; korrupte “denke” (lees LIEG) wat sosiopaties van aard raak wanner jy SO LIEG dat jy jouself glo.

Jo ·

Pateties verby!!!!
Wie dink hy is so onnosel on sy liegstorie te glo!

Lionel Frank ·

As die man nie eers n week vakansie finansieel reg kan beplan nie, hoe wou hy ons land se finansies jaar vir jaar maak werk? Groot slang in die gras.

Johan ·

Jy vlieg net vir een dag en dit terwyl jy dit nie kan beskostig nie. Des my kleuters sal jou dalk glo.

Johann ·

Hofnar en mede Gekkeparadys bewoners..Des nieteenstaande en Des ondanks…die tjim is ontneem van ALLE logika. Nevermind BEREKEN wat n vakansie kos; nie n kans om die die gevolglike impaks kostes te VERREKEN nie. Hopeloos…

Weskaper ·

Ek dink hulle moet ‘n kursus bywoon om te leer om te lieg

Jan ·

….. en het Zuma nie ook.onlangs soontoe gevlieg nie ….. en jet die EFF nie aangevoer dat hy geld uit die land geneem het nie … en nou is Guptas daar?????

Freud ·

Niks van sy poging om die reis te regverdig maak enige sin nie!
Elke sin maak ñ ander stelling!
Ek bevraagteken sy hele storie van waar hy *lank voor dit bevestig was dat my min. van fin.* sal word tot waar hy op private besoek was en daar van hom verwag was om langer te bly maar hy kon dit nie bekostig nie! Wie bepaal die tyd wat jy op private besoek gaan behalwe jy self? En as jy nie kan bekostig om vir ñ week Dubai toe te gaan nie, hoekom gaan jy nie maar Durbs by the sea toe nie?

GES ·

Ek wonder hoekom lê die anc ministers ‘n ampseed af? Hulle word nie daardeur gebind nie en dit is vir hulle totaal betekenisloos. Dit is waarskynlik net ‘n geleentheid om te eet. So pateties.

Joann ·

Hi dat die man so blatant kan lieg. As die spul eendag in die hemel gaan kom hoef ons nie te worry nie dan sal ons soft seats da kry. Dink hulle nou eenmaal dat ons onnosel is? Hel vir wat sien hul mens aan? Ons almal het nie ons geleerdheid gekoop nie.

Johan ·

Ja hy het voor hy geweet het dat hy as minister aangestel gaan word Dubai toe gegaan.Die Guptas het toe eers vir hom die pos as minister aangebied.Dit is hoekom hy so gou teruggekom het.So die ontmoeting was gereel om vir hom die pos aan te bied.

neelsie ·

Baie van ons land se leiers is bejammeringswaardig.
Sal nie meer negatief oor hulle praat nie, want hulle weet nie wat hulle doen nie.
Hulle vra om bejammer te word.
Die bakhandhouding sal nie verdwyn nie.
Daarom sal ons bid dat hulle gesindheid sal verander.

Griet ·

Desi, ai ou Desi! Dat jy so moet lieg! Ek kry al hoe meer die idee dat ons prezi almal rondom hom aan die korthare beet het! Het weet van almal se dingetjies en daarom skaar so baie om hom – afperser!!

alida ·

Hy, sy President en die hele spul LIEG als wat hulle praat.

Dan ·

Vat n wisser dan vee jy hierdie verskoning uit, en dan probeer jy weer. Kaspaas kon ook sulke wilde stories vertel, van nou af noem ek jou Kaspaas van Rooyen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.