Van Rooyen het aan verslaggewers gesê hy het ʼn “private besoek” na Dubai onderneem “lank voor bevestiging” dat hy as minister van finansies aangestel gaan word. “Soveel as wat ek nou ʼn openbare figuur is beteken dit nou om een of ander rede my private lewe is nou iets is vir openbare insae? Ek is na Dubai en het dit self gereël, dit was ʼn private besoek lank voordat dit bevestig is ek sal minister van finansies wees.”
Die Sunday Times het berig Van Rooyen en Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, het in Desember na Dubai gereis terwyl lede van die omstrede Gupta-familie ook daar was. “Ek dink ek is net soos enige ander burger van die land daarop geregtig om private besoeke te reël wanneer daar ʼn geleentheid is. Ek het gedink daar was ʼn geleentheid vir ʼn besoek en ek het van die geleentheid gebruik gemaak,” het Van Rooyen gesê.
Volgens Van Rooyen was hy veronderstel om vir ʼn week lank in Dubai te bly, maar hy kon dit nie bekostig nie. “Dit was ʼn private besoek. Ek het daarvoor betaal.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
26 Kommentare
Kom Sunday Times krap nog so ‘n bietjie dan sal julle sien waar die sak wurm is . Duidelik soos daglig dat hy skuldig is aan wanbestuur van belastingbetalers geld.
Goed so Des, ons almal glo jou nou.
O Gits het hy vir die ander persoon ook betaal?
Hy lieg.
ja baie dankie Des vir daai eerlike inligting