Minister sê oor grondeise-afsnydatum

Argieffoto Foto: led.co.za

Argieffoto Foto: led.co.za

Die minister van grondhervorming het Dinsdag gesê die regering oorweeg nie formeel om die afsnydatum vir grondeise in Suid-Afrika te skuif nie.

Minister Gugile Nkwinti het aan verslaggewers gesê pres. Jacob Zuma het al ʼn paar keer die afgelope paar jaar die moontlikheid genoem dat grondeise moontlik beskikbaar gemaak gaan word vir persone wat voor die 1913-afsnydatum van hul grond ontneem is.

“Dit is nog nie formeel aan ons voorgehou dat dit iets is wat ons moet doen nie,” het Nkwinti gesê. “Hopelik sal die saak nou hanteer word, nadat die president dit drie keer die afgelope drie jaar genoem het. Wanneer die saak formeel voorkom, sal ons dit hanteer.”

Nkwinti het reageer op Zuma se toespraak tydens die vergadering van die Nasionale Huise van Tradisionele Leiers in die parlement verlede week, toe hy weer voorgestel het dat die doelpale in terme van grondeise geskuif moet word.

“Ek glo, as die seun van ʼn swart man, en self as ʼn swart persoon, en wat nog altyd op my eie was, dat die afsnydatum geskuif moet word, maar mens moet ʼn redelike manier vind om die kwessie binne die Grondwet, binne die wet, aan te roer,” het Zuma gesê.

Die president het die vraag gestel of die behoorlike afsnydatum vir grondeise nie in die 1800’s moet wees nie.

“Was die besluit om 1913 die afsnydatum te maak, akkuraat? Miskien ja, maar was die grond in 1913 gevat?” wou Zuma weet. “Ek glo, persentasiegewys, was die grond wat ná 1913 afgeneem is, baie klein, baie onbeduidend as die grond wat gevat is veral in die 18-iets – dit is toe die grootste hoeveelheid grond afgeneem is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Deon ·

Maak dit toe Jan van Riebeeck hier aangekom het. Dan sal die ANC seker op hou.

Loon ·

Hulle moet nou aanhou met hierdie dinge, dan gaan hulle die afsny datum kry van baie boere se gedult!

JC ·

Ja nee, ons geduld het ook ‘n afsnydatum.

Hulle kan maar “probeer” gryp wat nie hul s’n is nie maar dan gaan hul, hul vasloop in ‘n laer soos in 1838! Verdomp onnosel as jy my vra-hul soek vir moeilikheid deur te ontneem van mense wat van regswee hul s’n is en waarvoor hul bitter hard gewerk het! Wat soek hul nou eintlik met ONS GROND! Belaglik! Jaloesie is ‘n lelike ding.

Jan maak n Plan ·

Ek sien eersdaag staan hierdie land bekend as Suid Zimbabwe.

Xa ·

Maar Dan gaan die Khoi-San mense die hele land terug kry… Besef swart mense dat hulle die oorspronklike bewoners van die land ver plaas het in verskeie provinsies??

Xa ·

Dan gaan die swart mense grond verloor want hulle het die boesmans verplaas.

Sarie 2 ·

Maw… Daar is “niemand” wat huidig in SA woon, wat sy/ haar grond hul
“eie” kan noem nie, al het hy / sy ‘n leeftyd hard gewerk om dit te kon afbetaal… Nou wonder ek wààrom èk nie maar die geld waarvoor èk gewerk het, geniet het nie, in plaas van: dit elke maand oor te betaal “aan / op” ‘n huislening; lewenspolisse en dies meer, sodat ek noù op mý oudag, nie van ander afhanklik hoef te wees nie… Noù woon èk in ‘n klein “huisie”, op ‘n klein stukkie gesteelde grond & probeer oorleef op ‘n skamele pensioen; wat ek seker ook gesteel het, omdat ek sò bevoorreg was, om met ‘n witvel gebore te word & my hèle lewe lank my “alie” daarvoor af te werk… Ek leef stèèds van maand tot maand, sònder die voorreg om die “vrug van my arbeid” te kan geniet!!! Want nà my med fonds aftrekkings; die betaling vd kragrekening, diensfooie, Sekuriteits-dienste ens. ens; gaan dit broekskeur!!! VERGEET maar van lekker vakansies & ‘n rustige aftrede; dis hèlaas nie vir ù of mý bedoel nie…. Ons is in “skuld” gebore & sò sal ons sterf!

Freud ·

Ek hoop hy besef dat in “18-iets” die Zulu nasie die grond gesteel het van die Matabele mense wat hulle oor die grense heen verjaag het. Maak dit voor “18-iets” en dit behoort alles aan die Khoi stam en die Matabele stam!

Johannes Comestor ·

Die doel van grondhervorming is om eiendom van die blankes te ontneem en dit aan swartes te gee. Die motivering vir die al hoe verdere terugdatering, tot voor 1913, is om blankes in al hoe groter mate te beroof en swartes al hoe meer te bevoordeel. Die probleem is dat hoe verder terug in die geskiedenis gegaan word, des te meer word dit die geval dat swartes grond van ander swartes afgevat/verower het. Party hedendaagse swartes sal dan benadeel moet word om ander swartes te bevoordeel. Dit sal nie vir die ANC aanvaarbaar wees nie, want swartes moet konsekwent bevoordeel en blankes konsekwent benadeel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.