Minister sê oor Janusz Walus-parool

Chris Hani (via Wikimedia Commons https://en.wikipedia.org/w/index.php?curid=29634474)

Janusz Walus, die moordenaar van die SAKP-leier Chris Hani, is weer eens parool geweier.

Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het Vrydag gesê nadat hy Walus se paroolaansoek heroorweeg het, soos vroeër deur die appèlhof beveel is, het hy besluit om nié aan Walus parool toe te staan nie. Masutha het gesê ʼn verdere profiel van Walus moet ingedien word vir oorweging.

Die Pretoriase hooggeregshof het in Maart verlede jaar beslis dat Walus binne 14 dae vrygelaat moet word nadat Masutha in 2015 geweier het om Walus op parool vry te laat. Walus, ʼn Poolse immigrant, is destyds saam met wyle Clive Derby-Lewis skuldig bevind aan die moord op Hani in 1993.

Masutha se aansoek om verlof tot appèl is aanvanklik afgekeur waarna hy die appèlhof direk genader het. Die appèlhof het die saak na Masutha terugverwys en gesê hy het 90 dae tyd om te besluit of Walus vrygelaat moet word of nie.

Hani se familie was ontstoke toe Walus se paroolaansoek aanvanklik goedgekeur is. Hani was die leier van die SAKP toe hy, ʼn jaar voor Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing, buite sy huis doodgeskiet is.

Walus het al 24 jaar tronkstraf uitgedien.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Andre ·

Gaan kyk na die “engeltjie” Chris Hani se geskiedenis. Die regsbank is ook deel van die ANC kaping.

Marianne ·

Tronk straf in ons land is op merits, hoe beter jou connections is en hoe higher profile jy is, hoe van minder belang is jou oortreding. Solank daar ‘n straffie is…. VAN ANDER WORD ‘n VOORBEELD GEMAAK.

Die man, ARME OH JANUSZ se oortreding is so oud. Word dit nie in mense se keel afgedruk nie, het niemand geweet of geworry oor wie DIE ou is nie.

Laat hom vry het het nie meer lank oor nie, gee hom en die familie wat hy oor het, net HIERDIE paar geleende oomblikke saam tuis toe.

Pop ·

En wat van al die ander wat net parool kry. N moord is n moord. Maar reels is duidelik nie selfde vir almal nie

Cherokee ·

Dit mag wees soos jy sê dat ‘N’ moord ‘n moord is maar slagoffers hoef nie noodwendig onder dieselfde kam geskeer te word nie.
Lees ‘Andre’, (die heel eerste kommentaar).

Kannaland ·

Witmense word nou deur die howe onregverdig geteiken. Dit is onregverdig, die regsmense maak n fout om so onregverdig te wees, hulle is nou deel van die rassistiese beweging, nie aanvaarbaar nie.

Leahim ·

Hierdie is onregverdig hy het meer as lewenslank volgens sa wet uitgedien hierdie is n duidelike geval van mags misbruik

CHRISTA ·

waar is geregtigheid!!!!!!!!!!!!is dit nie rasisties nie. Die minister van justisie is onregverdig en dink hy is verhewe bo die hoog geregshof wat aanbeveel het vir vrylating. Hanie was nie ‘n god nie. Plaasmoordenaars kom los maar hierdie mans sit al reeds baie jare. Dit is weereens SA regering se manier om die witmense te kleineer.

Sjo! ·

Hul het die anc het lankal besluit Janusz jy sal sit tot jy sterf noem dit maar wraak as jy wil, hul terg jou net elke keer wanneer hul jou parool kamstig toelaat! N wrede doelbewuste plaas moordenaar wat martel en moor sal maksimum 15 jaar sit en die is uit op parool! Is ek verkeerd Maroela?

FM ·

Masuthatjie dink n m…se lot van homself. Alles hang nou van hom af en dit is tog vreeslik belangrik dat almal dit moet weet. O ja ek het vergeet, Janus is mos blank!!!

Andre ·

Gaan hy president word as hy eendag vrygelaat word? Hy het al 24jaar gedoen! Gee Madiba n vet go!

MANIE ·

Jy sal nie maklik parool kry van hierdie rassistiese regering. Probeer maar liewer dat die hof hulle dwing om jou parool te gee. Die hanis net sulke rassiste en sal die versoek elkekeer teen staan

Casper Labuschagne ·

Janusz Walus is gebruik deur persone wat geweet het dat as hulle aan twee heethoofde die regte aansporing gee, die gevolge wat hulle wou vermag tot uitvoering sal kom. Kom ek verduidelik van die ander kant af: Derby Lewis as oudbevelvoerder van die Wits Rifles, het heelwat kontakte in die militêre intelligensie gehad wat aan hom uitgestippel het dat Hani die heel gevaarlikste persoon in die ANC was. En inderdaad was dit so, die binnekringe van die NP kabinet het met reg gevrees dat Chris Hani se leierskap en persoonlikheid so sterk was dat Hani en nie Mandela nie, dalk die eerste ANC staatspresident van Suid-Afrika sou wees. Gevolglik moes Hani om die lewe gebring word sodat Mandela staatspresident kon word. Gelukkig vir hulle was daar twee nuttige voetstoldate wat net ‘n paar fluisterwoorde in die oor asook die hoe en waar om dit te doen nodig gehad het om op eie insiatief vir Hani van kant te maak. Om so ‘n politieke sluipmoord met die eerste probeerslag uit te voer verg noukeurige inligting en ‘n groot span. Walus het miskien die sneller getrek, maar hy was slegs ‘n nuttige pion wat op ‘n groot skaakbord geoffer is waar diegene heel bo aan die regering die ware skuiwe maak.

Naas ·

Die man se onbesonnenheid kon tot grootskaalse bloedvergieting en onbeheerbare chaos gelei het. Die minister se besluit maak polities heeltemaal sin.

Boerseun ·

Grootskaalse chaos en bloedvergieting? Verduidelik asb , dit lyk op die oomblik of ons in choas en grootskaalse bloedvegieting woon.

Justice ·

Al sou Walus sy vingers afkou uit berou sal die Hani familie en regering nog steeds ongelukkig met sy vrylating wees.

PJC ·

Hierdie is maar net weer ń bewys van die haat vir die witman . Mag ek sommer ook vra Naas van watter planeet jy kom.

Kosie Kramer ·

Met Janusz Walus se vorige borgaansoek is toestemming van Chris Hani se vrou gevra. Sy het voorspelbaar in `n tirade uitgebars, en beslis dat Walusz in die tronk sterf.
Op 7 September 1992 was Chris Hani, Ronnie Kasrils, Steve Tshwete en die hoogheilige Cyril Ramaphosa betrokke by die Bisho-slagting, waar 29 mense gesterf het. Dié menere, veral Kasrils, is liggies oor die vingers getik. Het Chris Hani se weduwee al ooit dié 29 families se gevoelens in ag geneem?

Stefaans ·

En McBride is ‘n vry man. So ook die Eikenhof moordenaars wat onskuldige kinders by die bushalte vermoor het. Iemand wat nog in ons regstelsel glo moet sy kop laat lees.

DC ·

Dit lyk asof Afrikaners so vasgevang is in die agteruitgang v hul land en misdaad dat hulle miskyk wat in res v wereld gebeur. Internasionaliseer die saak onmiddelik. Daar is sterk kultuur groeperings in Pole, Hongarye en Oostenryk wat die saak sal verder voer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.