Minister sê oor kwytskelding vir #FeesMustFall-studente

Michael Masutha, minister van justisie (Foto: Chantall Presence/ANA)

Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het onlangs met #FeesMustFall-aktiviste vergader om die pad vorentoe te bepaal vir studente wat steeds agter tralies is of deur strafregtelike aanklagte in die gesig gestaar word in verband met die betogings vir gratis hoër onderrig.

Masutha het Maandag in ʼn verklaring gesê hy het Vrydag in opdrag van pres. Cyril Ramaphosa met die studente-aktiviste by die Uniegebou byeengekom. Volgens Masutha dring die studente aan op amnestie vir hul mede-aktiviste wat met die gereg gebots het weens die betogings wat deel gevorm het van die #FeesMustFall-veldtog.

Die vergadering in Pretoria het gevolg op ʼn ander vergadering wat die minister Woensdag met studente in Kaapstad gehou het.

“Op albei geleenthede het ek daarop gewys: In ooreenstemming met die regering se respek vir die beginsels van magskeiding en die oppergesag van die reg, het die uitvoerende arm van die regering nie die mandaat of die neiging om enige persoon of groep mense spesifieke of algemene grasie te verleen buite die bestaande grondwetlike en regsraamwerk nie,” het Masutha gesê.

Die minister het daarop gewys dat die strafregstelsel verskeie alternatiewe beskikbaar stel vir direkte strafregtelike vervolging, waaronder mediasie, afwenteling en ander herstellende geregtigheidsmeganismes. Die Grondwet maak ook voorsiening daarvoor dat die president kwytskelding aan oortreders kan verleen en enige boetes of strawwe wat hulle vroeër opgelê is, kan terugtrek.

Masutha sê sy departement ondersteun die kwytskeldingsproses deur aansoeke te fasiliteer en deur aanbevelings oor die aansoeke aan die president te maak vir hom om die finale besluit te neem.

“In hierdie spesifieke geval het ek die volgende aan die studente voorgestel: ‘Die studente sal ʼn afvaardiging aanwys wat ʼn lys van al die betrokke studente sal voorsien – dit is die studente wat in hegtenis geneem is en nog steeds in aanhouding is, studente wat aangekla word of wag op ʼn besluit oor vervolging, studente wat tans verhoor word of reeds gevonnis is, onder wie diegene wat tans gevangenisstraf in ʼn korrektiewe fasiliteit uitdien,’” het Masutha gesê.

Hy het gesê hy onderneem om dan die studente te help om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te nader om te vra dat elke student se saak heroorweeg word, spesifiek om te kyk na die erns van die aanklagte, die gewigtigheid van die beskikbare bewyse en die moontlikheid van afwenteling, mediasie of ander vorme van herstellende geregtigheid vir studente wat nog voor die hof moet verskyn.

Die minister sê hy sal ook studente leiding gee oor hul aansoeke aan die NVG vir studente wat reeds aangekla is en tans verhoor word.

Masutha het beklemtoon dat presidensiële kwytskelding slegs toegestaan word aan veroordeelde of gevonniste mense op grond van die inligting wat in die aansoek voorsien word en in gevalle waar die aansoeker reeds voldoende gronde hiervoor bewys het. Hy sê in geen omstandighede sal presidensiële kwytskelding vooraf bepaal word nie.

Volgens die departement sal hy met die proses begin sodra die studente hul aansoeke met die relevante inligting ingedien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Afrikaanse Knaap ·

Hoekom is hulle arresteer? Wat het hulle gedoen wat so erg was?

Callie ·

800 miljoen skade aan geboue. Siek man, siek. Laat hulle ryk ouers betaal. As die ouers nie kan betaal nie moet hulle tronk toe. Hier begin hulle alweer in die Vrystaat. Die hemele behoed jou as jy die dag moet afbrand en vernietig om te wys jy is n leier. Jy is juis dan n wind sak wat niks beteken. N leier bou en gaan vorentoe. Die dwase breek en brand af. Feite

Stuiwer ·

Hulle het nie “ryk” ouers nie, hoekom anders sou hulle die “fees must fall”-veldtog ondersteun het? Hierdie mense stel nie belang om te leer nie. Hulle is moeilikheidmakers wat van alle kampusse verbied moet word.

Ore ·

Stem saam Callie.Verwoesters.Gepaste kwalifikasie op hulle CV kan lees” BA Verwoester”……….met lof natuurlik.Wonder net hoe hulle situasie eendag sal hanteer indien hulle werknemers so verwoes en “demand”

Andre ·

Wat n belaglike situasie. Dit bewys net die onvermoe om die land te regeer , hulle swig voor druk wat veroorsaak is deur hulself.

White Rhino ·

Onthou wie die studente was – en aan hulle sal daar nie werk verdkaf word nie – moeilikheidmakers.
Gaan rekords na wanneer hulle aansoek vir werk doen – deeglik- en wys hulle dan die pad.

Stuiwer ·

Hierdie “studente” sal nooit ‘n kwalifikasies verkry nie. Moet dus nie bekommerd wees nie, niemand sal hulle inelkgeval in diens wil neem nie.

zoom zoom ·

As die knaap dan niks kan oorkom nie dan moet die doodskus 3 plus die KFC manne ook oorgesien word.

Mariet ·

Presies, maar is mos nou weer die ander maatjies, jy weet…

Patriot ·

Laat hulle sit. Kan nie sien hoekom moet vandale en kriminele die universiteitsbanke vol maak nie. Daar is studente wat regtig wil studeer.

Emma ·

Was hulle ooit studente … of het hulle maar saam afgebreek vir die lekkerte daarvan?

Thinus ·

Weereens dubbele standaarde wat die regering toepas. 800 miljoen rand se skade en nou soek hulle kwytskelding. Dit is a.g.v. die regering se slapgat houding teenoor kriminele studente dat afbrand en klippe gooi ‘n norm word in Suid-Afrika. Daar is geen verantwoordbaarheid nie, nie in die ANC regering en ook nie vir die studente nie. SA sal NOOIT erens kom met sulke patetiese besluite om almal wat brand en vernietig vry te stel nie. Oor en oor bubbele standaarde. Pateties, geen wonder alles gaan agteruit nie.

Niccy ·

Hulle moet hul straf kry. Jy kan nie soos ‘n barbaar optree en alles vernietig nie. Wie het die land opgebou? Die jeug???? Nee, hulle vernietig alles want hulle is “angry” Maar hulle wil alles verniet hê. En die ANC regering voorsien uit die blankes se sakke….

Stuiwer ·

Waarom moet hierdie mense voorkeurbehandeling kry? Sal dit vir studente van alle kulture die geval wees of word sekere groepe al weer voorgetrek. Wat vir een geld, moet moes vir almal geld. Wat reg is, is reg en wat verkeerd is, is verkeerd.

Dawie ·

Gee vir studentedie kans vir gratis studie MAAR as jy nie 1ste jaar slaag nie moet jy alle gelde terug betaal en mag dan nie langer swot nie. As jy afbrand en plunder tronkstraf en mag jy nooit weer naby instelling kom. Dis reg as jy mense regte het maar hoekom ander mense se reg om teleer misken en saam met regte moet jy verantwoordelikhede he.

Dawie ·

Gee vir studentedie kans vir gratis studie MAAR as jy nie 1ste jaar slaag nie moet jy alle gelde terug betaal en mag dan nie langer swot nie. As jy afbrand en plunder tronkstraf en mag jy nooit weer naby instelling kom. Dis reg as jy mense regte het maar hoekom ander mense se reg om teleer misken en saam met regte moet jy verantwoordelikhede he.

Sarel ·

Waarom word die woord sabotasie so vermy ? Dit is tog wat gepleeg word wanneer hulle so verwoesting saai.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.